MK-veterane oor NUK: Ontbinding ‘onmoontlik’

Carl Niehaus, woordvoerder van die Umkonto weSizwe-militêreveteranevereniging (MKMVA) en ander Zuma-ondersteuners tydens ’n mediakonferensie Vrydag by Nkandla. (Foto: Twitter)

Umkhonto we Sizwe se vereniging van militêre veterane (MKMVA) sê hy het met “ontsteltenis” kennis geneem van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) se besluit om die onmiddellike ontbinding van die MKMVA sowel as dié van die MK-raad te bekragtig.

Die MKMVA sê dit is nou die tweede keer binne ’n tydperk van twee maande dat hy op “’n totale nie-prosedurele en onwettige wyse” ontbind word. Die vereniging meen die ANC se sogenaamde ontbinding van die MKMVA is nié net onaanvaarbaar nie, maar boonop onmoontlik.

“Ons is ’n outonome struktuur en dit is nie wettig of polities moontlik vir die ANC om die MKMVA te ontbind nie,” sê Carl Niehaus, woordvoerder van die vereniging.

Niehaus sê voorts die MKMVA sal voortbestaan ​​as ’n outonome en wettig funksionele vereniging wat beheer word deur die Grondwet.

“Ons kry die indruk dat die ANC emosioneel en uit woede reageer sonder om die party se grondwet en behoorlike prosedures in ag te neem. Dít alles net as gevolg van die MKMVA se steun vir president Jacob Zuma.”

Niehaus het verlede week gesê Suid-Afrika sal deur groot geweld in die gesig gestaar word indien oudpres. Zuma tronk toe gaan. “Ons land sal uitmekaar geskeur word. Daar sal onstabiliteit en oproer wees,” was die MK-veteraan se woorde.

Duarte het vanoggend op haar beurt gesê die MKMVA se dreigemente na afloop van Zuma se vonnis is daarop gemik om demokrasie te ondermyn en is soortgelyk aan die optrede van ekstreme verregses.

Niehaus voer egter aan die MKMVA het nog altyd op ’n vreedsame, gedissiplineerde en wettige wyse opgetree en sal voortgaan om bankvas agter Zuma te staan.

“Die MKMVA se nasionale uitvoerende komitee het môre ’n amptelike, dringende vergadering om die huidige situasie te bespreek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Tokkel ·

ANC moet net begin hul vet salarisse terughou, veral ou Carel kat sin….

PJ ·

Duuu, maak jou oe oop…. Die land gaan alreed deur groot geweld, onstabiliteit, oproer en die land is lankal uitmekaar geskeur… Danksy die vetgevreete anc… DS!!

JM ·

Arme drommel! Carl Niehaus pas nêrens anders in as net by die militêre veterane nie. In die land van die blindes is eenoog koning. Wonder vir wie probeer hy bangpraat met al sy dreigemente.

Willem ·

Hoe ontbind jy die sirkus?Carl niehaus is die grootste clown!!!!!

Keelvol ·

Jou begrip en my begrip van wat vreedsaam en gedissiplineerd is definitief nie ooreenstemmend nie, ou carl

Bart-Man ·

Ons moet ook n meletante groep stig. Dit lyk my dit is wettig onder die grondwet. Al die manne wat diensplig gedoen het, en die grens manne. Ek weet nie wat ons dit gaan noem nie,. Ek weet wel dit sal elke KFC kommunis nagmerries gee.

Pieter ·

Bart nou praat jy ons moes dit lankal gedoen het. Praat gaan ons niks help met die brein dood kommuniste nie.

Wakkerslaper ·

Stem 100% saam – die tyd begin dalk nou reg raak om ons eie militêre vleuels op die been te bring. Die Weste se oë begin ook stadig oopgaan vir die ware gemors waarmee ons al sedert die 1960’s sit…. ons kry hierdie keer dalk baie meer steun as boikotte?

Baardman ·

Ongelukkig is die dienspligmanne al bykans almal bo 50. Meerderheid is al amper afgetree. Sou graag wou, maar kannie meer so vinnig hardloop nie. Ons is ook nou maar veterane.

Andrew ·

Die beste is die ouderdom van daai klomp veterane op die agtergrond.

Eugene ·

Ek wil net weet hoekom staan hulle so vas agter iemand wat ooglopend korrup was

Sobymykoolkop ·

Genugtig hoop nie Kareltjie en sy bende verklaar OORLOG teen S.A nie.

anniekiewiet ·

In die verwaarloosde toestand wat SANW is, kan hulle maar.

Jr ·

Die grondwet is heilig vir hierdie cANCer trawante en alle ander kriminele organisasies en persone wanneer dit hulle pas maar kan vinnig verander word wanneer dit by “wit mense se wettige regte kom. Dan is dit nie heilig want dit pas nie hulle kommunistise agenda. They are too laugh at. Clowns

Adri ·

Het die ANC geen woordvoerder uit hulle eie geledere nie? Hoekom iemand uit die vyand (blankes) se geledere?

Spook ·

Kareltjie is pas bevorder na Hoof-Veldmaarskalk met uitsonderlike pligte, nadat hy etlike getuies geroep het, wat bevestig het dat hy en die een-arm kok die hele Uganda suksesvol verdedig het teen ‘n invalsmag van 200 000 SAW troepe. As beloning het hy ‘n splinternuwe “US Army Woodlands” kamofleerpakkie gekry met ook die Victoria Cross gemaak van buitebandrubber wat goed saam met sy Humerus Crocks medalje sal lyk op die nuwe uniform.

Hy is ‘n groot soldaat :-)

KhoiKhoi ·

Hoeveel aksie het generaal Carl gesien?
Volgens my inligting moes hy ‘n bom plant.
Voor die tyd het sy mond oorgeloop en hy het sy planne gedeel met ‘n lid van intelligensie (nogal!)

Wel, sy grootmond gaan veroorsaak dat die anc hul lidmaatskap opsê.
Wham bam, geen inkomste.
Dan treehul op teen die paramilitêre groep wat uniforms dra en slagspreuke gebruik wat haat bevorder

Francois ·

Duarte is nou darem baie uitgesproke maar ek dink sy is net so bang dat sy haar job in die NEC verloor want as ek reg onthou was sy nie baie lank terug nog sy-aan-sy saam met Carl Niehaus ‘n baie vurige Zuma ondersteuner….tot Uys se job beskikbaar geraak het…. Of is dit net Rhamaphosa wat met daardie faksie lede woer-woer speel om hulle naby hom te hou en hulle voel so belangrik dat hulle te blind om dit raak te sien…

Danie ·

Wat het geword van die regering se dreigemente dat geen privaat magte toegelaat sal word nie?
Ek is per brief gedreig met een of ander wet en moes my weermag uitrustings inhandig.
Hierdie manne dra battle dress op n georganiseerde wyse en is sekerlik gewapen ook.
Maar dit word nie eers genoem nie.

Elinette ·

“Die MKMVA het nog altyd op ’n vreedsame, gedissiplineerde en wettige wyse opgetree” ………… nè? Dan was dit seker nie JULLE lede wat in die 70’s en 80’s al daai bomme geplant het wat 100’e burgerlikes se lewens gekos het nie, nè? Buitendien, CN – die manier waarop jy daar langs jou “vreeslike-siek” ex-president staan en “dans”, laat geen twyfel oor wie en wat jy is nie – ‘n verloopte hans-Afrikaner wat soos ‘n luis vasklou aan sy gasheer.

Christo ·

Carl Niehaus, jy het in jou hele lewe nog GEEN positiewe bydrae tot enigiets in ons land gemaak nie. Jy is net daar om die getalle vol te maak, dis AL………”You are the weakest link, good bye”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.