Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het teruggekap ná bewerings op sosialemediaplatforms dat hy ʼn fabriek besit wat persoonlike beskermingstoerusting (PPE) vervaardig. Die boodskap word volgens die departement van gesondheid op Twitter, Facebook en in WhatsApp-boodskappe rondgestuur.
“Ons wil dit kategories stel dat min. Mkhize nie ʼn PPE-vervaardigingsmaatskappy besit nie en dat hy ook nie op enige manier betrokke is by die vervaardiging van PPE’s nie.
“In afwagting van enige verdere fopnuus wil ons dit ook onomwonde stel dat die niemand in min. Mkhize se familie betrokke is by die vervaardiging-, verkoop- of verspreiding van persoonlike beskermingstoerusting nie,” het dr. Lwazi Manzi, Mkhize se woordvoerder, gesê.
Die departement sê hy hoop die verklaring is duidelik en dat diegene wat die boodskappe geskep of versprei het, dit dadelik van hul sosialemediaplatforms sal verwyder en die minister en publiek om verskoning vra omdat hulle fopnuus versprei.
“Die skep of bevordering van fopnuus bly ʼn oortreding ingevolge die ramptoestand en die departement van gesondheid sal nie skroom op stappe te doen teen diegene wat vals nuus opmaak of versprei nie. Dié soort inhoud is skadelik vir die goeie naam van eerlike, hardwerkende lede van die uitvoerende gesag. Dit doen ook afbreuk aan die belangrike werk om die koronavirus te beveg.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Haha, kom ons sien.
Hahaha, eerlik en hardwerkende lede ?
Nou moet ons nog net uitvind waar die fabriek is. Wag maar ‘n paar dae dan sal die skulik nie meer fopnuss wees nie. Die fabriek het seker in die nagtelike ure tot stand gekom in Vlak 4 toe ons tussen 8 en 5 toegesluit is. Wonder in die maande wat kom gaan ons nog sien is deur die ANC tussen 8 en 5 gebou en gedoen?
Mmmmm?
Boetman waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie