Mkhize ‘dra nie kennis’ van VBS-geld aan ANC

Minister Zweli Mkhize. Foto: ANA

Suid-Afrika se minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede het Woensdag gesê hy weet niks van die sowat R2 miljoen wat die geplunderde VBS Bank aan die ANC gegee het nie.

Zweli Mkhize, ANC-tesourier van 2012 totdat sy tweede termyn in 2017 onder oudpres. Jacob Zuma se leierskap geëindig het, het herbevestig dat hy nooit beleggings deur munisipaliteite in VBS gefasiliteer het nie. Hy erken hy het die bank se top-amptenare ontmoet, maar beweer dit het gehandel oor die ANC se visie vir transformasie en nooit oor onderlinge gunste nie.

“Laat ek dit onomwonde stel dat ek nooit SMS-korrespondensie gehad het met enige VBS-hoëlui of -verteenwoordiger waar ek ʼn donasie vir die ANC gevra het nie,” het Mkhize gesê. “Enige aanname tot die teendeel is ongegrond.”

Hy het ook gesê hy het geen soort donasie versoek in ruil vir enige guns wat hy hulle bewys het nie, soos om geld van staatsinstellings of munisipaliteite te vra.

“As enige geldelike bydrae aan die ANC deur VBS of enige ander maatskappy gemaak is, sou dit gewees het sonder die ANC se belofte om gunsies te bewys. Ek dra geen regstreekse kennis daarvan nie en kan ook nie onthou van ʼn R2 miljoen skenking deur VBS tydens my tyd as tesourier-generaal, soos berig nie.”

Die regerende party het na bewering die skenking van hooggeplaastes in die nou ontbinde bank gekry om sy veldtog vir die munisipale verkiesing van 2016 te help finansier.

Die ANC se integriteitskommissie, wat lede ondersoek wat van onetiese gedrag soos korrupsie beskuldig word, het gesê hy het by die party se nasionale uitvoerende komitee aanbeveel dat alle lede en leiers wat in die VBS-plundering geïmpliseer word, bedank en hulle daarvan weerhou om aan enige partybedrywighede deel te neem.

Mkhize bestempel die mediaberigte oor die R2 miljoen betaling as “lasterlik en ʼn versinsel ontbloot van alle waarheid”, wat nie geglo moet word nie.

Hy beweer hy was ten tyde van sy ontmoeting met die grootkoppe van VBS onbewus van die bank se verhouding met sommige munisipaliteite.

“Ek het eers bewus geword van die verhouding met munisipaliteite en beweerde bedrog waarby die VBS Bank betrokke was, toe die saak vroeër vanjaar aandag in die media begin kry het.”

In sy Great Bank Heist-verslag het adv. Terry Motau bevind daar was “grootskaalse plundery en stropery van die geld wat in VBS gedeponeer is” in die drie jaar sedert Maart 2015. Die byna R2 miljard wat geplunder is, sluit kliënte se spaargeld in asook deposito’s van munisipaliteite van sowat R1,5 miljard.

In die verslag word beweer politici het munisipale geld by die bank belê in ruil vir omkoopgeld.

Die VBS Bank is in Maart vanjaar onder kuratorskap geplaas nadat dit likiditeitsprobleme ervaar het. Die Reserwebank het Dinsdag bekendgemaak hy is besig om die bank se sake af te handel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

Ja shure. NOOIT n ANC kader losgelate plunderaar nie. En Altyd GROOOOOTTTTT woorde en laaaaaang sinne wat die orator self nie verstaan nie., nevermind die ongeskoolde massas wie se sakke leeggedra word of oor en oor en oor val vir dieswlfde lee beloftes. GEWETENLOSE SELFAANGEWESE MAGSVERSLAAFDE ANC KADER!

Poot ·

Johann beter kon ek dit nie stel nie.
Wanneer die water te warm gaan raak sal die erkenning wel uitkom…… soos gewoonlik.

Johan ·

Die ANC is so vol leuns, hulle glo hulle self. Zuma is nie meer om hulle te beskerm nie, net een jammerte is dat nie een van hierdie slegte kriminele die binne kant van ‘n trunk sel sal sien nie. Dit is eerder die goeie mense van die land wat binne ‘n dag in die tronkl gegooi word, maar die ANC se lede kry bevordering

Sarel ·

Wanneer dit hulle pas, vergeet egter nooit om die geld te vat nie.

Adam ·

Meneer. verduidelik asb. Hoe transformeer jy ‘n bank wat reeds bykans ten volle in swart besit is. Jou redenasie is die mees onlogiese stuk snert wat ek nog ooit gehoor het.

Hoe nou....... ·

Ontken is die maklikse defence mense……! Trek bietjie die man se Metadata van sy foon af. Dink seker hy het daai sms’sie ge-delete en kannie geimpliseer word nie.

MANIE ·

Hy sal nie weet nie want opperste skelms loop nie hulle doen en late verkondig in die openbaar. Dit is net ongelooflik dat een party soveel skelms besit

Sarel ·

Ondersoek – verkiesings foeffie ‘ niemand gaan ooit vervolg word nie. Kuk uit vir Zuma se terugkeer.

Piet ·

Hoe moeilik kan dit wees om bank state.. persoonlike en ANC sin self na te gaan en dan mos 1 en 1 bymekaar te tel.. dan kan hulle mos defnetief weet watse gelde het hande verwissel en na wie…..

Sarel ·

ANC lede onderhandel nooit voor hulle nie weet wat daar vir hulle in die transaksie is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.