Mkhize gryp in ná vrou aan stoel vasgemaak is

Martha Marais (76) lê vasgebind in die Mamelodi-hospitaal. (Foto: verskaf)

Zweli Mkhize, die nuutaangestelde minister van gesondheid, het binne ure ná sy aanstelling sy skok uitgespreek oor die bejaarde vrou wat Woensdagaand met haar hande agter haar rug vasgevind aan ʼn stoel vasgemaak in die wagkamer van die Mamelodi-hospitaal in Pretoria aangetref is.

Volgens ’n verklaring deur die departement het Mkhize en Bandile Masuku, die nuwe LUR vir gesondheid, hul misnoeë uitgespreek nadat die voorval wyd op sosiale media gerapporteer is.

Popo Maja, woordvoerder van die departement, het gesê Mkhize en Masuku het reeds die betrokke hospitaal besoek om antwoorde van personeel te eis asook te verseker dat Martha Marais, die bejaarde vrou, gehalte sorg ontvang.

Die burgerregtebeweging #NotInMyName het Donderdag ʼn beroep op Mkhize gedoen om ongerymdhede by dié hospitaal hok te slaan.

Themba Masango, sekretaris-generaal van die beweging, het gesê die Mamelodi-hospitaal is berug vir die swak behandeling van pasiënte.

“Ons hoop dat die nuwe minister van gesondheid dringend sal ingryp om aandag te gee aan die gruwels in die hospitaal,” het Masango gesê.

“Ons sal nie terugsit en kyk hoe ons senior burgers misbruik word deur die mense wat veronderstel is om hulle te versorg nie.”

Maroela Media het vroeër berig ’n video en foto’s versprei op sosiale media waarin gesien kan word hoe die 76-jarige Martha op die vloer spartel terwyl sy aan die stoel vasgemaak is. Haar dogter Stephnie Marais is woedend en eis dat haar ma onmiddellik losgemaak word.

“Ons moet die waardigheid van ons pasiënte handhaaf en ons amptenare moet ʼn hoë vlak van professionaliteit behou,” lui die verklaring.

Die departement het tydens die besoek bevind dat die pasiënt sleg behandel is en die standaard prosedure nie gevolg is nie. Mkhize en Masuku het ʼn volledige ondersoek na die voorval aangevra en ook gevra dat die personeel wat by die voorval betrokke was, nie meer interaksie met pasiënte mag hê nie.

“ʼn Sentrale fokus van die sesde administrasie sal wees om pasiënte se sorg te verbeter en diens te lewer ter verbetering van die lewe van die miljoene wat van ons [diens] afhanklik is,” het Maja bygevoeg.

Marais is Dinsdag by die Eersterust-kliniek na die Mamelodi-hospitaal verwys weens naarheid en ʼn maagaandoening. Sy is met ʼn ambulans na die hospitaal vervoer.

Die hospitaal maak voorsiening vir pasiënte van Mamelodi, Nellmapius, Eersterust, East Lynne, Cullinan, Pretoria-Oos, Nkangala en Bronkhorstspruit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Tania Heyns ·

Dagsê Jaco

Dankie vir jou kommentaar. Ek vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

honourable member ·

Liewe hel wat gaan in hierdie land aan. Hoe doen mens so iets.

Tanja ·

Tragies dat ons mense so behandel word. Geen respek of liefde. En hierdie is mense wat veronderstel is om om te gee.

Ellisras ·

Die nuwe LUR het gelukkig ingestap waar daar ‘n stapel vorms is met elke denkbare verskoning. Nie dat daar iets sal gebeur nie.

Lana ·

Mkhize, hoe moet jou amptenare ‘n hoë vlak van professionaliteit handhaaf as hulle dit in die eerste plek nie het om te handhaaf nie??
Julle stel mos mense in hierdie poste aan vir die verkeerde redes!!

marous ·

Dis omrede die ministers en hul lakeie op hul basse sit in plaas van uitgaan en kyk wat se gemors daar buite aangaan .

Blommie ·

Hoekom was sy vasgemaak?
DIS WREED, maar daai arme ou verpleegsters wat nie weer met pasiente mag werk nie.
Gaan net oor die vingers getik word en n kantoor werk kry, vir dubbel haar salaris.
Hul sal hulle mos nou tog nie skors nie!

A ·

My hart gaan uit na hierdie vrou, ek hoop hierdie is ‘n goeie begin vir die nuwe minister wat baie werk in staatshospitale het om te doen.

Gesiggie ·

Siek… siek… geen genade of omgee meer vir ons ou mensies? hul word betaal om n diens te lewer, maar hul werk is nie vir hul belangrik en daar is geen geduld en omgee… hoop jul word gestraf vir jul dade. Arm mensies hul verdien al die liefde en sorg wat hul toekom.

$ ·

@Wonner, regverdig jy dit?
Ek hoop nie jy is in ‘n beroep waar ander mense van jou medemenslikheid afhanklik is nie.

Daar is ander maniere om mense buite beheer professioneel medies in beheer te bring – jy maak hulle NIE VAS aan ‘n stoel en laat hulle so OP DIE VLOER lê nie!

En veral ‘n ou mens???

As dit vir jou aanvaarbaar/regverdigbaar is – gaan jy dan maar na Mamelodi-hospitaal wanneer jy mediese versorging benodig op jou oudag.

A ·

@ Wonner
Jy maak steeds nie iemand vas onder stoele op ‘n koue vloer nie, nog minder ‘n tannie van 76!!!

Tanja ·

Regtig, dink jy ‘n 76 jarige vrou al is sy onbeheerbaar, moet so behandel word?

Meisie ·

Goed en wel maar waar is die minister as oumense met strykysters gebrand word?

bambi ·

Daar moet daadwerklik opgetree word in alle staatshospitale! Hierdie is skokkend; hartseer en totaal onaanvaarbaar! As sy buite beheer was (kwansuis) kon hul haar n kalmeermiddel gespuit het en met waardigheid hanteer het! Ek kan n boek skryf oor staatshopitale en wangedrag; sommige personeel het GEEN respek vir pasiënte nie! Daar moet so gou moontlik hiervan en alle staatshospitale fyn na gekyk word!

MC ·

Rerig Wonner? Die tannie het ‘n maagaandoening en is naar, hoe moes die stomme mens tot by ‘n toilet gekom het. Hoe sou jy gevoel het, as dit jy was?

Gansie ·

In my opinie moet alle Ministers en hul gesinne van staatshospitale gebruik maak, geen mediese fondse vir hulle nie. Op die manier sal hulle sien wat gaan aan, maar nee hulle kry mos al die beste behandelings in privaat hospitale.

Allawereld ·

Regtig? Ek maak nie eers my hond vas aan ‘n struktuur nie! Hoe onbeheerbaar kan ‘n 76 jarige wees en ek is seker daarvan in ‘n hospitaal of kliniek van alle plekke is daar menslike metodes om onbeheerbare pasiente tot kalmte te bring. Dit lyk ook nie of daar veel pasiente rondsit vir wie sy dan nou sodanig ‘n gevaar sou wees nie. Belaglike stelling wat ek liewers sal uitwis as ek jy is! Slaan eintlik jou naam bietjie met ‘n plank Wonner

Bees ·

n Klasieke geval van: The forest was shrinking but the trees kept voting for the axe as its handle was made of wood and they thought it was one of them.

anni ·

Wonner, wil net sě Al is Jy hoe onbeheerbaar is dit nie regverdig om jou aan n stoel nog steeds tussen ander wagtende mense vas te maak nie. Daar is kamers Wat hul haar kon laat gaan sit het

Mossie ·

In n vorige berig is gesê dat sy aanhoudend die drip uit haar arm getrek het…volgens radio berigte was die personeel weer bang sy brand haarself…
Met naarheid en maagaandoenings word daar onmiddelik medikasie deur n drip gegee om die probleem so gou moontlik onderbeheer te bring. Dit beteken jy word in n bed gesit. Waar sou sy haar kon gebrand het? As sy die drip probeer uithaal het, kon hul haar gewrigte, met die regte nodige materiaal wat hospitale landwyd gebruik in noodgevalle soos hierdie, weerskante aan die bed vasgebind het. Hierdie vrou is, nadat sy reeds 16:00 die middag opgeneem is, ten volle geklee op die vloer laat lê met haar hande agter haar rug onder n reeks stoele aan dieselfde ‘bracket’ vasgemaak as waarmee die stoele aan die muur gebout is. So waar is die drip…en die bed. Ja, oumensies kan moeilik raak en hul is sterker as wat mens verwag, kan soms erg geniepsig raak ook, maar dis uit vrees en magteloosheid omdat hul nie meer in beheer van hul situasies is nie en soms bedreig voel. Hierdie is omstandighede wat versorgers vooraf weet voordat hul in versorgingsposisies aangestel word. As jy dit nie kan of wil hanteer nie hoort jy nie daar nie!

Stephen Namibia ·

Hy moet sommer die Tehuis besoek waar die skoonmaker die ou dame op die vloer gestamp het!! Maar nou ja die kleur was nie reg nie. Maak mens siek

anni ·

Dis omdat die staats hospitale se bestuur net so laks is. Daarom gaan als agter wee. Mos nie geld nie!!!!!!!!!!!!!!

potlood ·

As jy vir die a&c kan stem, kan jy sulke goed ook aanvang…

spraakloos ·

Al wat ek vra, daar is duisende poste oop vir nuwe verpleeg staff, hoe gaan hulle gekeur word en hoe gaan hulle op gelei word??? Hoe gaan daar van die onopgeleide werkers ontslae geraak word.

liefie ·

Op sosiale media het ‘n prokureur sy dienste gratis aangebied om die Staat te dagvaar. Ek hoop daar kom iets van.

kolla ·

Is sy aan die stoel vasgemaak terwyl sy op die vloer lê of het sy van al die struggle van die stoel afgeval? Wat sou die korrekte prosedure wees om so ‘n pasient in bedwang te hou totdat sy behandel kan word?

Lana ·

kolla, indien die regte mense in die poste aangestel was, sou hierdie ding nooit gebeur het nie. Hulle opleiding leer hulle presies wat om te doen.

kolla ·

Beslis, ek wonder net wat gedoen kan word in daai situasie, dit kan nie altyd maklik wees as behandeling nie dadelik beskikbaar is nie en die pasient om en of ander rede onder bedwang gehou moet word nie. Dis natuurlik heeltemal onaanvaarbaar om haar aan ‘n struktuur vas te maak terwyl sy op die vloer lê.

Linda ·

Dit is n skande hoedat pasiente, oud en jonk, in hierdie land in Staatshospitale behandel word. Hopenlik sal ons nuwe Minister van Gesondheid honderde verpleegpersoneel afdank en n pad oopmaak vir nuwes wat n passie vir verpleging het !

Poot ·

@Linda
Moenie te veel hoop nie. Die een useless minister word net vervang met n ander.

Zoro ·

Wat ook al die rede was dis onmenslik om n persoon soos n hond te behandel. Dis n algemene probleem in staats hospitale. Die mense is in die poste net vir salaris hulle gee niks om nie! Die onplooiing aanstellings moet tot n einde kom.

toy ·

Moenie doen aan ander wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie. Hierdie mense wat bejaardes so behandel , hul dag gaan kom.

Cheryl Mostert ·

Nog ‘n hospitaal wat ek sommer by die naam wil noem is Vosloorushospitaal ou Natalspruit. Vra my… praat uit eie eerstehandse ondervinding. Met ons ongeluk soos “another nuicanse case” behandel. Dokter se opdragte was deur verpleegpersoneel geminag, ensovoorts. Wat het geword van die Florence Nightingale eed wat deur verpleegsters afgelê word. Net ‘n gemompel van woorde wat nie bedoel word nie. ‘n Vriendin met kanker was by dieselfde hospitaal aan haar eie lot oorgelaat, totdat sy oorgeplaas is na ‘n ander hospitaal. En so kan mens aangaan……

Gertryda ·

Ek is geskok toe die dame van hospitaal sê hul het die beleid van hospitaal gevolg. Ons het ook pasiente se hande vasgebind maar daar is maniere hoe dit gedoen word . Dit was in ons eerste jaar as verpleegster se handleiding. Dis maar net n job deesdae

ne ·

Ek hoop sy het haar ding gedoen terwyl sy vasgebind was. Hoop ook die verpleegster moes agterna skoonmaak! Maag aandoening vra nie wanneer of waar nie! Hoop oumatjie het genoeg boontjiesop geëet…….

Mathilda ·

Ek het amper 30 jaar terug vir die deestydse Departement Hospitaaldienste se Hoofkantoor gewerk ! Die direkteure het gereeld hospitaal besoeke gedoen en die geringste ‘fout’ is dissipliner hanteer. Ek onthou nog die ou HF Verwoerdhospitaal – selfs die vloere het geblink. SO iets sou nooit gebeur het nie!!! Ander vraag – hoe de duiwel maak jy iemand met ‘n maagaandoening vas! Wys jou die mentaliteit van sommiges.

Chris ·

Die nuwe Minister kan gerus ook gaan kyk wat by Addington Hospitaal se dag hospitaal aangaan. Daar lê ernstig siek pasiente op die stoele en en die grond vir dae voordat aandag gegee word. Ek wonder hoe lank dit hul sal vat voordat hul agterkom iemand het intussen doodgegaan.

Yvette ·

Dit is so koud en nou het daai dame op die koue vloer gele sonder ‘n kombers of kussing. So ‘n onmenslike daad is onvergeefbaar. Skaam julle!!!!!!!!!!!!! Julle dag gaan kom – byt vas…

JK ·

Dis hoe hul, hul eie oumense hanteer, kan jy dink as die tannie blank was, seker bloei en blou oe ook, die haat vir die witmens is op top punt!

Jeremia ·

Daar gaan weer 1 000de verskonings opgedis word. Een daarvan sal wees dat hulle baie besig is.
Maar snaaks genoeg, nooit té besig om aanhoudend met mekaar te praat nie. Dit druis in sulke pkekke soos die personeel sosialiseer.

Pim ·

Niks gaan gebeur nie. Mamelodi hospitaal is ‘n hool. Hulle gee nie ‘n dooie duit om vir hulle eie mense nie. As die Tannie ’buite’ beheer was kon hulle haar in ‘n bed gesit het en haar hande daar vas gemaak het met die ordentlike en regte ‘straps’. Dis ‘n skande en daar is duisende stories oor daardie hospitaal wat ek al in die laaste 15 jaar gehoor het wat jou hare sal ruis!!!!

Pim ·

By daai selfde hospitaal is 2 oud kollegas ook bitter sleg behandel. Die een is forseer om normaal te kraam met haar tweede baba. Sy moes ‘n keiser kry want sy was klein en haar eerste kind is met ‘n keiser gebore. Die verpleeg personeel het vere gevoel en haar langer as ‘n dag in kraam gelos totdat sy amper dood is. Noodkeiser later en baie trauma het ‘n Dokter agter gekom sy het ‘n aar in haar hart gebars van al die drukking. Almal trek net skouers op. ‘n Ander kollega is na 6 maande se besoek uiteindelik gediagnoseer met borskanker. Haar operasie is eers nog 6 maande later gedoen en die Chemo het eers nog 6 maande later begin. Hulle lewer fantasties en flinke diens…. Dis hoekom ek my medies eerste betaal elke maand.

Mariana ·

Skreiende skande wat aangaan in hospitale en tehuise. Het hierdie verpleegpersoneel en ander versorgers dan geen trots in hul werk nie. Pasiënte en bejaardes kan nie so behandel word nie. Hoop daar word drastiese stappe geneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.