Mkhize oortree nie etiese kode – parlement

Dr. Zweli Mkhize, voormalige minister van gesondheid. (Foto: Dept. van gesondheid)

Die gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange het Dinsdag bevestig dat dr. Zweli Mkhize, voormalige minister van gesondheid, geen etiese kode vir parlementslede oortree het met sy rol in die Digital Vibes-debakel nie.

Die DA het in Oktober Mkhize by die parlement se etiekkomitee verkla omdat hy moontlik die komitee se gedragskode oortree het. Dít volg nadat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se verslag rakende die Digital Vibes-skandaal onlangs bekend gemaak is.

Die eenheid se verslag oor die Digital Vibes-kontrak is reeds vroeg in Julie aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig en die eenheid kom daarin met verdoemende bevindings oor sy ondersoek na die Digital Vibes-kontrak wat die departement teen ʼn koste van R150 miljoen met die maatskappy aangegaan het.

Die verslag het bevind dat Mkhize en sy seun, Thamsanqu Mkhize, by dié tenderskandaal baat gevind het. Thamsanqu het luidens die verslag glo bedrae van R300 000 en R160 000 in sy sak gesteek. Dit terwyl Mkhize glo by ’n bedrag van R6 720 baatgevind het vir elektriese werk wat die maatskappy 4-Way Maintenance by sy private woning in Bryanston, Johannesburg, gedoen het. Digital Vibes het glo daarvoor betaal.

Volgens Malatswa Molepo, parlementêre woordvoerder, het die komitee bevind dat Mkhize nie die etiekkode op grond van bogenoemde bewerings oortree het nie.

“Die komitee moet beklemtoon dat sy oorweging van die klagtes binne die gestelde parameters van die kode was en dus is vrystelling op daardie beperkings gebaseer,” het Molepo gesê.

Volgens die komitee val Mkhize se seun nie binne die grense van ’n naaste familielid soos deur die etiekkode gedefinieer nie. Dit aangesien die seun ’n volwasse man is en nie finansieel van Mkhize afhanklik is nie.

Die kode definieer naaste familie as ’n parlementslid se gade, permanente metgesel of afhanklike.

Verder het die komitee dokumentêre bewyse voor hom oorweeg en na die ontleding daarvan tot die gevolgtrekking gekom dat Thamsanqa die persoon was wat met 4-Way Maintenance geskakel het en die persoon wat belas is met die maak van betalings van altesaam R6 720.

Dit is op grond hiervan dat die komitee bevind het dat Zweli Mkhize nie die etiese gedragskode en openbaarmaking van ledebelange oortree het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

annie ·

Oei! Dr Mkize se ambisie om meer as maskers af te dwing kan nou voortstu. Die man het ‘ n voorliefde vir die tv-kamera om sy adelike teenwoordigheid te bevestig en te versend. Was dit na Pategonië waarheen die Boere laas getrek het; daar waar dit so min reën. Flip kan ons soontoe probeer?

Manie ·

Etiek is nie iets waaraan SA parlementslede hulle steur nie, dis mos ‘n westerse begrip.

Grassie ·

So – die eggenote, “girlfriend” of afhanklike word as naaste familielid geklassifiseer maar die ou se seun nie. Verskoon maar my onnoselheid maar ek kry nie daardie kloutjie by die oor nie. Wat ‘n toesmeerdery!!!!

Blikkies ·

Met ander woorde, dan is Zumpie se seun is ook aan geen oortreding in die raamwerk van die tenders skuldig nie want hy is ‘n volwasse man en nie finansieël afhanklik van Zumpies nie?

Daizee ·

…..whawhawhawhawhawhawhawha…….nátúúúrlik is daar geen ongeruimdhede nie!!!……………..nouja!, verskoon my, laat ek loop om te gaan werk, iemand moet seker dié spulletjie help betaal!!!!!

Willem ·

Dis n anc kader. Natuurlik sal daar geen ongerymdhede wees nie. Tjommies beskerm mekaar ten koste van SA.

Samuel ·

Wat ‘n klomp nonsens!! Maar CR kan ook nie teen Mkhize optree nie, want hy is sy teenstander in wedloop as ANC president. Vader behoed ons van hierdie gemors.

Peter ·

Presies wat ons verwag het, baantjies vir boeties, so beskerm die crim’s hulle agterryers

Clifford ·

Hierdie kode moet vinnig verander voor die kaders agterkom dat geld blykbaar na familielede toe gaan, solank nie van jou afhankilik is nie.

Jr ·

PROTECT THE KADERS, ESPECIALLY WHEN YOU WANT HIM TO RUN THE COMMUNIST AGENDA OF NHI

Jr ·

Nou volgens die kommuniste is jou seun nie familie. So ek kan baat vind in my seun se misdaad en net vir die magistraat sê hy is nie afhanklik van my. You are a bunch of clowns in a parlementere sirkus

Eugene ·

Fuidelik weet die parlement nie wat etiek is nie en het hulle dit ook nie

efjy ·

Kan jy dit glo. Jou eie seun is nie naby familie nie. Dit laat heelwat skuiwergate vir toekomstige kriminele optredes.

domheks ·

Toe oom cyrel se seun betrokke was, was dit laas nog familie! Nou skielik is dit nie meer familie nie? Nou as my kinders nie meer van my afhanklik is nie – het ek nie meer familie nie! Net ‘n ontsnappings roete vir CancER!!

Boatsie ·

Hoe kan jou vlees en bloed nie naaste familie wees nie.
Snuif die voorsitter vd etiekkommitee gom of beskerm hy sy cosy job om sulke belaglikhede kwyt te raak. .

henndrik ·

Ek is seker as dit by menslikheids verlof kom val sy seun wel in die kategorie van naaste familie

Nie Verbaas ·

Watter etiek in die parlement verwys hulle na as nog nie een van die korruptes na hoeveel jaar nog nie opgesluit is nie? Narre etiek?

Schalk ·

Die ANC se gedragskode is so effektief soos om ‘n vlooi te verbied om op ‘n hond te gaan sit.

SjN ·

Die etiek kommitee bestaan verseker net uit n klomp kaders wat mekaar beskerm, grootste klugspul.

JohanR ·

Die parlement het beskuit en nie ‘n hof nie. Word die hofe in ‘n ANC kader geval uit enige besluit uit gelos! Dan as ek ‘n moord gepleeg het dan kan my familie moes besluit of ek skuldig is of nie, en nie die hofe nie!

Zilla ·

Die SIU het omtrent ‘n uur gelede bevestig dat hulle voorgaan met ‘n kriminele saak teen Digital Vibes en 33 respondente. Die name van die respondente is op hierdie stadium nog onbekend

Hans ·

Ja….. blablabla ons skelms lieg almal lekker saam. Ek gaan vorentoe ophou belasting betaal en dit aan my volwasse kind as skenking gee.

Christa ·

Etiek is ñ groot woord en verantwoordelikheid – iets wat mens natuurlik van inbors het, nie iets wat mens geleer kan word nie. Natuurlik is daar geen salf aan hom te smeer nie. Hy pas dan loodreg in met die ANC se beleid.

Nie Verbaas ·

Hierdie is net n aanloop dat nog n korrupte weer in n hoë pos aangestel kan word. Moenie ons probeer wysmaak dat hy van absoluut niks geweet het wat aangaan nie. Hoe onnosel dink die parlement is ons regtig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.