Mkhize ‘op regsadvies’ nie voor parlementêre komitee

Zweli Mkhize, minister van gesondheid (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Sommige lede van die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid het Vrydag woedend reageer nadat geen werklike bespreking oor die omstrede Digital Vibes-kontrak gedoen kon word nie.

Op regsadvies het die minister nie voor die komitee verskyn nie. Pleks daarvan het die direkteur-generaal van die departement, dr. Sandile Buthelezi, komiteelede gevra om te wag vir die finale verslag van die spesiale ondersoek wat na die toekenning van die tender gedoen is.

Mkhize het vroeër reeds gesê die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het bevind die toekenning van die kontrak, ten bedrae van sowat R150 miljoen, is onreëlmatig en pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag ook die versekering gegee dat die kwessie nie onder die mat gevee gaan word nie.

Volgens Buthelezi vorm ʼn verslag van ʼn forensiese ondersoekmaatskappy wat die departement self aangestel het om die kontrak te ondersoek, nou deel van die SOE se ondersoek. Volgens hom kan daar nie verder oor die verslag kommentaar gelewer word tot die SOE sy ondersoek afgehandel het nie.

Buthelezi het aan komiteelede gesê hy het self reeds twee keer met ondersoekers van die SOE in dié verband vergader, so onlangs as twee dae gelede, en dat hulle “my beloof het dat hulle so vinnig as moontlik vorder”.

Die DA het gister boonop strafregtelike aanklagte teen Mkhize en Buthelezi oor die Digital Vibes-skandaal aanhangig gemaak, ʼn stap wat deur ANC-LP dr. Kenny Jacobs as “voortydig” gekritiseer is. Jacobs het aangevoer hoewel almal antwoorde soek, het die indien van die klagte gelei tot ʼn situasie waar sekere vrae nou nie beantwoord kan word nie.

Talle LP’s het egter voet by stuk gehou dat die sub judice-reël, wat beteken dat ʼn saak voor ʼn hof dien, nie in hierdie geval geld nie. Die tender word nog net ondersoek en verskeie LP’s sê daar is geen rede waarom hul vrae nie beantwoord kan word nie.

EFF-LP Naledi Chirwa het uitgevaar teen die minister en gesê die reg om stil te bly word voorbehou vir strafregtelike prosesse.

“Hierdie komitee word nutteloos gemaak. Die oproep vir Mkhize om die tuig neer te lê is geregverdig omdat hy nie langer sy werk kan doen nie.

“Die minister kan nie verantwoording aan die parlement doen nie, hy kan nie mediaonderhoude doen nie… Ons het nie mense miljoene rande betaal om foto’s van ons te neem nie. Die minister en die DG kan nie hulle werk doen nie en nou kan ons ook nie ons werk doen nie,” het Chirwa gesê.

Die opmerking was ʼn verwysing na bewerings dat Digital Vibes onder meer betaal is om Mkhize se mediakonferensies te reël en kommunikasiedienste vir die departement behartig het.

Chirwa was woedend omdat Mkhize nie voor die komitee verskyn het nie en Buthelezi nie veel kon sê nie omdat albei by die ondersoek betrek word.

“Hoekom moet ons as gyselaars gehou word omdat twee mense by korrupsieskandale betrek word? Die hele parlementêre proses stort ineen.”

Die DA-LP Siviwe Gwarube, wat die strafregtelike aanklagte teen Mkhize en Buthelezi aanhangig gemaak het, het gesê dit is die komitee se plig om te verseker dat mense nie beskerm word om voor die komitee te verskyn nie.

“Vandag se vergadering het benadruk presies wat die Zondo-kommissie uitgewys het: Dat die parlement aandadig aan staatskaping was.

“Vanoggend het ons dieselfde gedoen deurdat niemand van ons kon saamstem en sê dít is wat ons van die departement vereis nie,” sê Gwarube.

“Dit is uiters teleurstellend dat ons dieselfde foute van die vyfde parlement herhaal. Die land gaan ons skerp beoordeel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Genis ·

Die Kaders was ongelukkig mekaar se hande.. Ons moet nie ons asems ophou nie… Die komotee is ook ANC gedrewe

Persheks Adri ·

Hoe gerieflik om weg te bly en sommer stil ook gggmmmfff. Deny deny deny en wat dan? Verder cover vir mekaar? Dis bekotsingswaardig

marius ·

Soos ‘n pot spaghetti in mekaar gevleg . Die hele spul !

Fedup ·

The country? Is a chunk of rock.
Honestly it’s the people you have to worry about.

Johann ·

Ja shure. Net nog n ANC gabba wat met altwee hande in die geldsakke gevang word maar onaantasbaar is!

Dup ·

Die minister en sy kader meelopers en kamerade handhaaf nou ñ lae profiel…..die NVG het gister gesê dat hulle ongeveer 5 000 korrupsiesake ondersoek wat verband hou met PPE tenders.Ons regering moet maar in ñ bomskuiling gaan wegkruip.

Kobus ·

Soos ek verstaan is hy verplig om voor die parlementêre komitee verskyn. Sy regsverteenwoordiger se raad ten spyt. Die Speaker moet haar gesag afdwing. Weereens n bewys dat ANC hulle nie steur aan wette / reëls nie. CR staan op eiers. Hy laat alles aan die howe oor. Geen leierskap nie

SomeOne ·

zumpies het die voorbeeld gestel en dit gaan net meer en meer uitkring, ‘n hofbevel is net ‘n stukkie papier met geen waarde, daar is nie eers ‘n vyfsent seël op om dit waarde te gee nie
reg en regstelsel het plat geval, cele loop eerder op die strand rond as wat hy sy werk moet doen

gatgogga ·

Hulle bly weg wanneer hulle moet verduidelik. (Dink jy Cyril sal voor Zondo gaan verskyn onder die vaandel van president, en vroeer adjunk predident? Ek sal verbaas wees.)
Mkhize sal seker die minister van gesondheid pos in die RET groepering van die ANC kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.