Mkhize optimisties dat vlak 1 gou kom

Zweli Mkhize (Foto: Twitter)

Hoewel dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, versigtig optimisties is nadat Suid-Afrika sy eerste vloedgolf van Covid-19-gevalle deurgemaak het, maan hy landsburgers om steeds op hul hoede te wees om sodoende ʼn tweede golf te verhoed.

Die minister het Maandag onderhoude met die media toegestaan waarin hy Suid-Afrika se trajek in verhouding tot die Covid-19-pandemie verduidelik het.

“Ons het nooit regtig geweet wat om te verwag nie. Die werklikheid is dat ons nou met sekerheid kan sê ons is oor die piek. Daar was dae dat 11 000 mense positief getoets het en nou sien ons ongeveer 2 000 gevalle per dag. Ons is egter nog nie oor die ergste nie. Ons is bekommerd oor wat kan gebeur wat ʼn oplewing van die virus in die land betref,” het Mkhize aan Morning Live gesê.

Die minister het verder gesê hoe gouer die land se beperkings opgehef kan word, hoe beter.

“Dit sou logies gewees het dat daar van vlak 3 [van die afsonderingstydperk] tot vlak 2 ʼn toename in getalle sou wees. Dit het nie gebeur nie. Ons wil egter nog geen gevolgtrekking maak nie, want ons het gesien wat in ander lande gebeur waar daar ʼn paar weke stilte was voor hulle ʼn oplewing beleef het,” het Mkhize om die beurt aan SAFM gesê.

“Hoe gouer ons by vlak 1 kan kom, hoe beter. Hoe gouer ons ʼn normale ekonomie kan hê, hoe beter. ​​Om daar te kom, sal ons egter net so versigtig op vlak 2 moet wees sodat daar geen oplewing van die siekte intree nie. Ons hoop Suid-Afrikaners sal dit verstaan.”

Maroela Media het vroeër berig Suid-Afrika se herstelkoers staan tans op 80,8%.

“Ons het die afgelope twee weke ongeveer 2 000 gevalle of minder per dag gesien wat baie minder is as wat dit vroeër rondom die piek in Julie was toe dit in ʼn stadium op 12 000 gevalle elke 24 uur gestaan het,” het Mkhize aan Power FM gesê.

“Ons het ʼn punt bereik waar ons getalle geleidelik afneem, die aantal opnames in hospitale verminder en die aantal pasiënte in waakeenhede verminder. Ons moet baie optimisties maar tog baie versigtig wees. Ons beleef nog nie die einde van die siekte nie.”

Die minister het gesê hy hoop nie dat Suid-Afrika ʼn tweede golf van infeksies gaan beleef nie.

“Ons het ander lande gesien wat ʼn afname in getalle gevier het en selfs ʼn punt bereik het waar geen pasiënte positief was nie – en dan vlam dit tog weer later op … Ons moet voorsorg tref en alle beheermaatreëls moet van krag bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Fedup ·

I need to send you a new abacus.
We know exactly what you all are up to.

Persheks Adri ·

Lyk my die regering het klaar geskep en geplunder… Die lewe gaan aan en ons MOET als terug kry na normaal

Trotse Boervrou ·

My vermoede is dat hierdie eerste “vlaag” net die begin van al ons drama is.

Adam Adriaan ·

Die land is op ‘n galop die afgrond in gery deur die sogenamde regering

JohanR ·

Mkhize die land gee lankal nie meer om vir jou, die ANC of Vlakke nie. Ek lewe nou my lewe soos voor 26ste Maart, maar met distansie, ‘n gesigs masker en sanitizer. Weet nog nie hoekom die land nog toegesluit is tussen 10 en 4 maar seker julle weet. #Voertsak nou ANC en los ons alleen!

Gerhard ·

Hulle wind is stadig maar seker besig om uit te waai… Die klomp dink steeds ons is kinders en nee ons is nie kinders nie…wel, ek kan met alle eerslikheid se, ek leef ‘n absolute normale lewe, ek dra wel my masker by die werk, was my hande gereeld(soos ek in elkgeval voor Covid gedoen het), maar ek laat my om Vadersnaam nie meer voorse deur een van die korrupste regerings in die wereld nie. Hulle het alles kom opmors….tot BAT(British American Tobacco) het so swaar daaronder gelei, dat ons nou moet boed daarvoor, gegewe die sigaretpryse wat so skielik opgegaan het…..en die skelms skep net voort. #VOERTSEK ANC

Jaco ·

Kort na inperking begin het, het ramaphosa hard gepraat oor hoe kwaai ongelykheid in SA is en dat wit mense se sterk rol in die ekonomie moet stop. So wit besighede wat weens inperking bankrot speel en wit werkers wat hulle werk verloor, is seker maar te verwagte en seker maar wat die ANC wil hê. MAAR, wat van swart besighede? Hulle eienaars en werkers se velkleur en BEE is dan klaar reg. Waarom word hulle dan ook “gestraf” as hulle nie skuldig is aan die “misdaad” van apartheid nie.
Weet die ANC ook dat, terwyl hulle lekkerkry oor wit besighede wat vou, VERLOOR daardie besighede se swart werkers hulle werk? Iets maak nie sin nie.
Nog iets: is inperking die nuwe normaal? Is toe gimnasiums, toe kerke, dra van maskers en lang toue mense by winkels alles dinge wat permanent, vir jare, so gaan bly? Hoe bedreig die bietjie wit kerke in SA in elk geval die ekonomie?

Alleen Wolf ·

Mkhize sal aanhou om hierdie sogenaamde tweede golf voor te hou, anders hoe gaan hulle die land nog langer in ‘n ramptoestand hou en totale beheer uitoefen, wat my egter dronk slaan is die feit dat meeste van ons blanke afrikaners gedwee toegee, ons wil sake in die howe betwis wat net so korrup is soos die regering, dit kan en gaan nooit werk nie, vat aan hulle sakke, dan sal sake verander.

Dirk Mostert ·

Dlamini het ook gisteraand op TV gewaarsku teen die Tweede Golf wat erger kan wees as die Eerste Golf. Dr. Ron Paul (VSA, eertydse presidentskandidaat en medikus) dink Golf 2 is net so ‘n groot “hoax” as 1. Watter soort mediese grade het Dlamini en Mkhize? Iets soos BA Medies Spes?

Jan ·

Al wat die siekte effe meer uitrek is verswakte immuniteit veroorsaak deur idiotiese pogings om vir ‘n virus weg te kruip deur diegene wie se immuniteitsisteme dit onder beheer moet bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.