Mkhize sê oor moontlike hernieude streng algehele afsondering

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Suid-Afrikaners Dinsdag daarvan verseker dat die regering hoegenaamd nog geen besluit geneem het rakende die opsie om dele van die land weer onder ’n streng algehele afsondering te plaas nie.

Mkhize het gemoedere probeer kalmeer nadat die Gautengse LUR van gesondheid, Bandile Masuku,  vroeër vandeesweek aangedui het dat die regering nog ’n streng afsonderingstydperk oorweeg te midde van die nuwe koronavirus wat na verwagting sy piek binne enkele maande gaan bereik.

Masuku het Maandag gedurende ’n virtuele onderhoud aan die nuuskanaal eNCA gesê die regering bespreek in sy interne gesprekke die moontlikheid daarvan dat Gauteng terugkeer na ’n streng algehele afsondering. Gauteng is tans die episentrum van die virus met die meeste aktiewe gevalle van al die provinsies.

“Dit is ’n opsie,” het Masuku gedurende die onderhoud erken. Hy het verduidelik dat ’n afwisselende algehele afsondering in Gauteng ook ’n opsie is. Dit sal beteken dat dié provinsie se ekonomie oor ’n tydperk oopmaak waarna dit weer vir ’n tydperk sal toemaak in ’n poging om infeksies hok te slaan.

Mkhize het egter vanoggend vrese oor ’n moontlike terugkeer na ’n streng algehele afsondering besweer. “Daar is nog geen besluit geneem nie en die koronavirus-bevelraad neem beslis nie ’n kwessie van dié aard ligtelik op nie.

“Daar sal miskien in sommige gebiede beperkings nodig wees. Dit sal dalk nie nasionaal wees nie, maar plaaslik en beperk. Maar sodanige besluit is nog nie geneem nie,” het die minister vanoggend op Twitter verseker.

Altesaam 144 264 bevestigde gevalle van Covid-19 is tot op hede in die land aangemeld van wie 39 841 pasiënte in Gauteng positief getoets het vir die koronavirus.

Die land se dodetal staan tans op 2 529.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nie Verbaas ·

Kan hulle nie besef dat daar absoluut niks meer is wat hulle kan doen om verspreiding te stop nie?

Althes ·

Ek wens hul wil dit besef, hul vrees om dood te gaan.
Wat hul nie besef nie, is dat ons nie beheer het oor dood nie.

Burgermeester ·

Voor hulle nuwe afsonderingsregulasies afkondig, moet hulle eers die taxis uitsorteer.

Fedup ·

And what travel arrangements should this poor virus make then?

Anel ·

Die land is klaar bankrot!!! En daar is niks wat hulle daaraan kan doen. Laat die natuur sy gang gaan.

Jaco ·

Geagte ANC. Kom asseblief net amptelik uit met die ware rede vir inperking, nl. die ruïnering van wit besighede spesifiek en wit mense in die algemeen. Ek dring by julle aan: begin nou asseblief net finaal met onteiening sonder vergoeding en radikale ekonomiese transformasie en deporteer ons wit mense asseblief na Europa, Amerika, Kanada en Australië. Dis alles OK, begin net eerlik rigting kry.

JohanR ·

Ek is spierwit, en as die ANC my deporteer wil ek graag Nieu- Seeland toe gaan of miskien die Griekse eiland van Mykonos asseblief. Lyk my daar werk dinge darem, en is skoon en netjies. Sal enigeiets vry vat om net weg te kom van die ANC!

Racheltjie Debeer ·

Duitsland, Oostenryk of Switserland vir my asb, Mnr Ramaposa. Ons sal gratis soontoe gaan.

marius ·

Die teenstrydighede wat uitgewys word is vals en misleidend en gemik daarop om paniek te veroorsaak en die regering in ‘n slegte lig te stel . Die aangeleentheid sal na ‘n professionele stemband deskundige komissie verwys word en dan sal daar ‘n onduidelike antwood verskaf word . Intussen word die publiek versoek om asseblief nie aandagtig te luister na wat ampte narre se nie . Daar is ook ‘n ondersoek dat buik sprekers ‘n aanvallende rol speel …..

JohanR ·

Waaneer die land ‘n woestyn is en NIEMAND het meer ‘n werk, sal die lot nou besluit om die portale op te gooi. Hoe het ons gekom by ‘n regering wat motorfietse ambulanse maak teen R100000 stuk, en die tender is R10.1 miljoen. Intussen lyk dit my wil hille terugaan na Vlak 4 of self Vlak 5. Is julle middernag werk om die land te verwoes nog nie klaar nie ANC. Ja julle dink die mense van SA is stupid, en weet nie waarmee julle besig is nie!

Fedup ·

No option for a hard logdown again. Forget it.
You have no idea what you are doing. You cannot even keep your people under control.
So. No.

Die Wolf ·

Ongekoordinere uitsprake is maar slegs n indikasie van n kommunistiese beginsel om paniek te saai. Het vinnig by hulle sielsgenote in China geleer, of is dit om onbevoegdheid weg te steek?

Ivana ·

Dit gaan julle boggerol help nie, sommige mense kan nie verantwoordelik optree nie en ek hoop ons minister van gesondheid lees hierdie kommentare of kry iemand om te vertaal.
Lockdown gaan nie help, jy kan nerens vir die virus wegkruip nie so los dit, laat dit piek en as jy dan gaan dan was dit jou tyd, virus of nie. Julle het ons land alreeds 90% in sy “dinges” in bestuur oor die afgelope 25jr so los nou maar die 10% wat oor is.

Alleen Wolf ·

Ek wil glo dat die deursnee afrikaner nou al so gatvol is vir hierdie klomp magsbehepte ANC kaders se idiotiese besluite, dat as hulle sou kon terug gaan na selfs vlak 6 toe, ja jy lees reg, niemand hulle verder daaraan gaan steur nie, gaan hulle 4 miljoen van ons arresteer?
Meeste van die klein blanke ondernemings wat vir baie van die people gesorg het deur vir hulle werk te gee is daarmee heen weens die regering se toedoen, nou dreig hulle om die paar wat oor gebly het ook finaal te vernietig, “Goeie Werk”
Die regering het al die tyd en geld in die wereld gehad om voor te berei en kyk die gemors waarin die staat se gesondheids dienste hulle bevind, ek sal kan glo dat die geld nou klaar in die verkeerde sakke van korrupsie is, uitstekende werk Mnr Mkhize en jou provinsiale makkers.
Hulle moet maar voort ploeter, die WVF het klaar nie meer geld nie, Sassa gaan ook binnekort opdroog en dan gaan die poppe dans.

4ntj13 ·

Daar was die afgelope 2 maande presies 3 sterfgevalle in die hele, wye Vrystaat. Voordat iemand nie vir ons kan sê in watter 3 vierkant kilometer dit plaasgevind het nie, kan ek nie glo hier is enige risiko’s binne honderde kilometers van my nie. Hoekom my gevange hou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.