Mkhize sy top-Covid-19-raadgewer kwyt

Prof. Salim Abdool Karim (Foto: Motshwari Mofokeng/African News Agency)

Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, se topraadgewer omtrent die Covid-19-pandemie het besluit om nie meer so aktief betrokke te wees by die stryd teen dié virus nie en sy fokus weer op die bekamping van MIV te rig.

Die epidemioloog prof. Salim Abdool Karim het Donderdag bekend gemaak dat hy van volgende maand weer op sy navorsing oor MIV gaan fokus en dus nie meer op die ministeriële raadgewende komitee sal dien nie.

Karim het die afgelope jaar as voorsitter en later medevoorsitter van dié komitee gedien nadat hy die posisie op 23 Maart verlede jaar aanvaar het. Dít kort voordat Suid-Afrika in ʼn streng landwye afsondering geplaas in.

“Min het ek besef hoe belangrik wetenskap sou wees om ons land te help om die kompleksiteit van die pandemie te verken nie,” het Karim in ’n brief aan Mkhize gesê wat hy intussen op Twitter geplaas het.

Karim beskryf dit in die brief as “’n eer en voorreg” om saam met die land se voorste wetenskaplikes op die ministeriële raadgewende komitee te kon dien tydens ’n “ongekende tyd” in Suid-Afrika se geskiedenis.

Hy sê ook hy laat Suid-Afrika se raadgewende komitee oor Covid-19 in goeie hande en sal steeds die komitee bystaan waar en indien nodig. Hy sal ook steeds sy Covid-19-verpligtinge aan onder meer die Afrika-taakspan vir die koronavirus en Lancet se kommissie oor Covid-19 nakom.

Karim keer egter voorlopig hoofsaaklik terug na sy navorsing oor spesifiek die neutralisering van teenliggame vir die voorkoming van MIV.

“Dit is diep teleurstellend om te sien hoe min vordering ons die afgelope paar jaar gemaak het om MIV by jong vroue in Afrika te voorkom. Die nuwe teenliggaamtegnologieë wat ons ontwikkel het, kan ʼn belangrike bydrae lewer om die wêreldwye poging om MIV-voorkoming weer op dreef te kry,” sê Karim.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Chris dupreez ·

Lig aan die einde van die tonnel. Dis (dit is). geassosieer word nie

Samuel ·

Dit is BAIE jammer dat professor Karim weggaan. Gelukkig is daar nog bekwame mense wat agterbly. Voorspoed vorentoe prof. Karim.

Robert ·

Ek dink hy het eerder gatvol geraak vir die magspel van die kommitee…

Wilhelm ·

Noem asb vir my een goeie ding (buiten nou om te bedank) wat prof Karim gedoen het met gedurende Covid 19.

Strandloper ·

Mag nogal komies wees wat die hand in die asbes spektakel minister te sê gaan hê in die toekoms…

Adri ·

Nou moet ons asem ophou totdat ons sien wat sy opvolger gaan doen. Dalk kom daar vir ons verligting vorentoe, wie weet!

Debby ·

As dit gebeur faan die hemel val en ins almal gaan blou kappies dra

JohanNL ·

Nou hoef die NCCCCCC nie een of ander nuwe variant te gebruik om verdere drakoniese maatreels te regverdig nie, hulle kan sê dat die impak van sy bedanking moontlik verreikende gevolge kan he en daarom tree hulle proaktief op :D

Dries ·

Ek het dit lankal voorspel. Hoe kan hy saam met die korrupte regering werk. Hier kom nog n ding

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.