Mkhize verskaf duidelikheid oor entstof-vraagstukke

(Foto: Justin Tallis/AFP)

Suid-Afrika is besig om vinnig te herstel van die terugslag oor die gebruik van die AstraZeneca-entstof en groot aankondigings daaroor is op die horison.

Dit was Woensdagoggend die boodskap van die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, wat die media toegespreek het om duidelikheid te bring oor die entstof-situasie in Suid-Afrika.

Maroela Media het vroeër berig dat die regering nou sy oog op die Johnson & Johnson-entstof het.

Volgens Mkhize was die bydrae van Suid-Afrikaanse navorsers rigtinggewend daarin om vas te stel dat die AstraZeneca-entstof nie so effektief is by die behandeling van die Suid-Afrikaanse variant van die koronavirus nie.

Mkhize het ook duidelikheid verskaf oor die vervaldatum van 30 April op die AstraZeneca-entstof.

Die afgelope paar dae was daar baie ontevredenheid in die algemene Suid-Afrikaanse politieke diskoers oor die vervaldatum van die AstraZeneca-entstof, met die indruk wat gewek is dat Indië aan Suid-Afrika entstof verkoop het waarvan die vervaldatum om die draai is.

Volgens Mkhize is die vervaldatum noodwendig deur sy departement gedokumenteer by ontvangs van die entstof soos wat standaardprosedure is in die mediese praktyk.

Vir hierdie eerste besending van die entstof is die vervaldatum 30 April. Die entstof sou, volgens die aanvanklike beplanning, teen daardie tyd lankal gebruik gewees het, so die vervaldatum was nie ʼn kwessie nie.

Die vervaldatum het verlede Vrydag ʼn kwessie geword toe dit duidelik was die spesifieke entstof is nie effektief teen die huidige Suid-Afrikaanse variant van die virus nie.

Daar is egter baie lande wat wel te kampe het met die koronavirus, maar nie met die Suid-Afrikaanse variant nie, so vir hul doeleindes is die entstof baie bruikbaar. Suid-Afrika is dus besig om die AstraZeneca-entstof aan sulke lande te verkoop sodat die geld van die aankope nie vermors word nie, het Mkhize verduidelik.

In elk geval, so het die minister voortgegaan, is onderhandelings met ander entstof-vervaardigers in ʼn baie gevorderde stadium, veral vir die hoogs effektiewe Johnson & Johnson-entstof, wat deels in Suid-Afrika vervaardig word (by Aspen in Port Elizabeth).

ʼn Aankondiging hieroor van die kant van Johnson & Johnson word binne dae verwag.

Onderhandelings met Rusland oor die Sputnik V-entstof en met China oor sy entstof is in ʼn vertroulike stadium, maar vorder volgens die minister goed.

Hy het Suid-Afrikaners gewaarsku teen die gebruik van middels wat nie deur die statutêre mediese beheerliggame goedgekeur is nie, en ook dat ondervinding in ander lande wys swendelaars smous allerlei rate op die informele mark om geld te maak uit mense se vrees.

Mkhize het Suid-Afrikaners gemaan om slegs middels te gebruik wat deur hul mediese dokters voorgeskryf is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anoniem ·

Mkize, julle moes doodeenvoudig ‘n aantal dosisse vooraf ingebring het om te toets en na te gaan, dan was al hierdie drama nie nodig nie. Is dit nie hoe dit veronderstel is om te werk nie? Dit is maar net weer ‘n bewys hoe kortsigtig julle as regering is, neuk eers alles op en soek dan verward na oplossings. Julle is ‘n verleentheid en boonop vermetel om flou verskonings vir julle mislukkings uit te dink.

PH ·

ANC verskonings, verskonings.
Ek glo nie vir een oomblik dat hulle vòòr einde April 1 miljoen inentings sou kon doen met hulle “track record” nie.

Dup ·

My voorstel is dat ons regering ñ kommissie aanstel om die entstof debakel deeglik te ondersoek….die uitslag mag nie later as 10 Feb 2022 bekend gemaak word nie….intussen kan nog ñ paar honderd sterftes weens Covid opgeteken word.Viva geel,groen en swart party! Julle is ons gunsteling Minions.

Fedup ·

Please bring out the trumpets, balloons and cupcakes.
The circus is at the stupid end again.

Aha ·

Ek wil net graag weet hoe kan hulle binne 4 dae sê die vaccine is nie effektief nie? Dis mos onmoontlik!!

Deon ·

Ek is nie n kenner nie, maar as jy dit vooraf weet dan kan jy dit binne n dag se, ek se maar net

Oomniklaassevriend ·

Onnodige krisesbeheer soos gewoonlik. Almal weet reeds ‘n geruime tyd dat ons hier ‘n nuwe variant het. Selfs die gewone publiek weet dat entstowwe voortdurend ontwikkel word vir nuwe variante of ten minste getoets moet word vir effektiwiteit. Dit lyk vir my of die gewone publiek beter ingelig is as die beleidmakers.

Johann ·

Nee kyk, so goed lieg dat jy jou uit n hoek midde n sirkel los lieg. Hoor hy homself? Onbesonne onbevoegd!

JohanR ·

Soos met Cyril Ramaphosa, praat die ou net te veel. Minder praat en meer doen!

Suzette ·

Hoekom is daar nie reg van die BEGIN af na Johnson & Johnson se entstof gekyk nie??? Maar net weereens ‘n bewys van onbekwaamheid. Dieselfde soos met ons plaaslike dokters wat oor die hoof gesien word om Kubaanse dokters teen astronomiese bedrae “in te voer”. Ek kan dit glad nie verstaan nie.

Jeanette ·

Kan iemand aan my verduidelik wat is die variant van die virus in Suid Afrika en hoe is dit dan dat daar ‘n ander variant van die virus in ander lande is, is dit dan nie dieselfde ding nie

Africangrey ·

N virus muteer aanmekaar, ons kan nie praat van bv suid afrikaanse britse of wat se corona nie, dis 1 virus wat aanmekaar verander. Dit is ook hoekom die entstof nie werk nie, voor die entstof aangepas is om nou weer vir hierdie mutasie te werk, is daar reeds n nuwe een, hier in Nederland is die week 15 bejaarde mense oorlede nadat hulle n phizer ent ontvang het, van hulle het alzheimer gehad, nie eers besef wat gebeur nie, dis vreeslik……….

koos10 ·

Hoe langer ek hieroor dink, hoe meer glo ek dat daar geen entstof vanaf Indië hier aangekom het nie. Cyril het belowe voor einde Jan. sal dit hier wees, en nou die verval datum en efektiewiteit van die entstof. Wie het die entstof gesien? Nie net die houer nie, die fisiese entstof?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.