Mkhize wil nie nou al sê oor omstrede kontrak

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Twitter)

Zweli Mkhize, minister van gesondheid, en sy departement gaan nie in die stadium reageer op die bewerings dat mense na aan die minister voordeel getrek het uit ’n omstrede Covid-19-kontrak nie.

Volgens Mkhize is dit om te verseker dat nie ingemeng word met die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek nie. Al die nodige inligting en dokumente word aan die ondersoekers beskikbaar gestel, het hy gesê.

“Onderhoude is reeds met die betrokke partye gevoer. Daar is ook reeds met verskillende stappe begin om inligting rakende die bewerings bloot te lê. In hierdie stadium kan ons slegs bevestig dat die besluit om die ondersoek deur eksterne entiteite met die nodige kapasiteit te doen, belangrik is aangesien dit ’n paar opvallende ongerymdhede aan die lig gebring het waarop beslis gereageer of opgetree sal moet word.”

Mkhize het benadruk dat sodra ’n finale verslag beskikbaar word, die uitkomste, bevindings en aanbevelings daarvan aan die publiek bekend gemaak sal word.

“Dit sal nie veel van ʼn doel dien as in die openbaar op die bewerings wat ondersoek word, gereageer word nie en nie deur die reeds gevestigde formele ondersoekproses wat daartoe sal lei dat behoorlike regstappe gedoen kan word nie.”

Scorpio, die ondersoekende eenheid van Daily Maverick, berig vertrouelinge van Mkhize, asook ander partye, het glo sowat R90 miljoen in betalings ontvang van ʼn R150 miljoen-kontrak vir kommunikasie wat met Covid-19 en die nasionale gesondheidsversekering verband hou.

Die kontrakteur, Digital Vibes, is volgens Scorpio na bewering selfs betaal om Mkhize se mediakonferensies te skeduleer.

Digital Vibes word bestuur deur Tahera Mather, ʼn vriend van en voormalige woordvoerder vir Mkhize, asook Naadhira Mitha, Mkhize se voormalige persoonlike assistent.

Scorpio berig die twee het die departement van gesondheid glo miljoene rande gevra om Mkhize se mediakonferensies, onderhoude en openbare vergaderings oor die Covid-19-pandemie te reël. Luidens die ondersoek is Digital Vibes glo selfs betaal om Mkhize se aankondiging oor Suid-Afrika se tweede virusvlaag te doen, ʼn taak wat die departement se eie amptenare gewoonlik sou verrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Nie Verbaas ·

Natuurlik sal hy homself verontskuldig. Aan die ander kant, is sy departement miskien totaal en al onbekwaam om die tipe van werk te doen. Dis mos algemeen.

Strandloper ·

Jy en ace moet dalk jul eie party stig…”Heel Bewusteloos”

Sandra ·

Almal word altyd ondersoek, daar is bewyse, maar daar word nooit gehoor dat hulle skuldig bevind en vervolg is nie. So wat help al die ondersoeke? Korrupsie en diefstal gaan net op elke moontlike gebied voort.

Madz ·

Nou het julle nou WERKLIK gedink al die sanitizer het die man “skoongewas” van korrupsie en bedrog….? NOPE!! Sorry nê!

Andries ·

Soos hul altyd dink as hul stilbly sal niemand weer navraag doen nie.

B-Man ·

Wat dit vir my sê is dat die minister self dink dat sy departement onbekwaam is en het daarom van privaatsektor gebruik gemaak… en seker iets in sy eie sak gesteek.

Dup ·

Lyk vir my die kaders en vriende van ons regeringslui het die Covid masker gebruik soos
n gemaskerde krimineel wat besig is om n misdaad pleeg.

KB ·

Hy en Cele is in kompetisie met mekaar. Dis tyd dat ons hulle benoem vir die Razzies.

Kosie ·

Hulle is goed om stil te bly want as hulle, hulle monde oopmaak kom daar net liegstories uit, hulle is die hele tyd besig om wette te maak om nog geld uit ons te maak om sodoende hulle familie’s en hul self verryk, dit is ook hoekom BBBEE nooit terwyl die anc in beheer is weg gevat sal word nie.

Pieter ·

En so hou die anc kommuniste aan plunder dit gaan nooit op hou nie. Die anc kry mos hulle deel hoekom sal hulle dan nou die menisters in die tronk sit.

koos10 ·

Dit sal nie veel van ʼn doel dien as in die openbaar op die bewerings wat ondersoek word, gereageer word nie.
Waaatttt? Dis totaal en al teen die ANC beleid.

JohanR ·

Waaneer sal jy se ou Mkhize…. in 2054? Moet eers vir ‘n paar dae die lieg storie gaan uitdink!

KB ·

Sedert daar sprake van die Covid-19 was, het ek al gesê hy is nie die woord minister werd nie (Dokter…my alie man, waar het hy die graad gekoop? Antw. Univ. van Natal).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.