Mkhwebane hof toe oor gratifikasie-betaling

Die geskorste Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Adv. Busisiwe Mkhwebane, afgedankte Openbare Beskermer (OB), gaan regstappe teen die kantoor van die OB instel nadat sy verneem het sy is nie geregtig op ʼn pakket van miljoene rand ná haar dienstydperk as OB nie.

“Ten spyte van talle pogings deur my regsverteenwoordigers om met die kantoor van die OB te skakel oor die gratifikasie wat in my diensvoorwaardes gestipuleer is, is ons navrae met stilte beantwoord,” het Mkhwebane in ʼn verklaring gesê.

Daar is vroeër berig dat Mkhwebane reeds in Desember geëis het dat sy betaal word, maar dat die OB se kantoor glo aan haar gesê het sy is nie geregtig op sodanige betaling nie aangesien sy as OB verwyder is.

Die OB se kantoor het glo bevind sy is ingevolge die Grondwet en die Wet op die Openbare Beskermer nie geregtig op die betaling nie.

“Hierdie besluit is geheel en al ongegrond en stel ’n nuwe strafvoorwaarde in wat geen grondslag in my dienskontrak het nie. Hierdie optrede is nie net onwettig nie, maar ook ongrondwetlik.”

Volgens berigte het Mkhwebane ʼn betaling van sowat R10 miljoen verwag.

“Ek is geregtig op gelyke behandeling, waardigheid, regverdige arbeidspraktyke en respek, soos elke ander individu.”

Volgens Mkhwebane is die besluit op regsaksie “nie ligtelik geneem nie, maar in die strewe om die beginsels van regverdigheid, geregtigheid en die beskerming van die regte van elke individu onder die wet te handhaaf”.

Mkhwebane is in Oktober as ʼn EFF-parlementslid (LP) in die Nasionale Vergadering ingesweer nadat sy by die party aangesluit het.

Maroela Media het vroeër berig Mkhwebane het in September ʼn afdankingsbrief van pres. Cyril Ramaphosa ontvang nadat die meerderheid van parlementslede gestem het dat sy uit haar amp verwyder word.

Altesame 318 parlementslede, onder wie van die ANC, DA, IVP, VF Plus, ACDP en NFP, het ten gunste van Mkhwebane se verwydering uit haar amp gestem. Altesame 43 parlementslede, onder wie LP’s van die EFF, het daarteen gestem. Een LP het buite stemming gebly.

Die stemming het gevolg nadat die komitee vir die artikel 194-ondersoek na Mkhwebane se geskiktheid om haar amp te beklee eindelik bevind het dat sy haar aan wangedrag skuldig gemaak het en onbevoeg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Die EFF is net die regte plek vir haar. Wil net heeldag eis en hê.

Wondermaarnet ·

Kry dit in jou kop “jy het geen regte na jy gefire is nie”. Hou op ander se tyd mors. Jy mors geld op regskostes wat jy nie gaan kan betaal nie en nee die belastingbetalers gaan dit nie namens jou betaal nie.

Aai ·

Hulle almal kry die werk net om later agter te kom hulle kan die werk nie doen net om daai lekker tjek te kry aan die einde van die dag.

Kokerboom ·

Arrogante vermetele spesie! Gerieflikheidshalwe vergeet die uwe van miljoene ontvang terwyl sy ge-“suspend” was. Laat President haar betaal vir tyd wat hy toegelaat het dat sy niks doen!Geld beteken niks vir die elite kaders!

Jacobus ·

Arrogant verby. Sy het die regering nee belastingbetaler miljoene rand gekos aan verhore om haar te verwyder. Wie gaan nou hierdie hofsaak betaal aangesien sy nou n LP is?

Anel ·

Eff moet maar betaal. Jy is ‘n skelm wat afgefank is. Jy is geregtig op niks. Wees bly jy is nie in die tronk nie. As jy geld soek, verkoop al jou lukshede en gaan woon soos ‘n gewone Suid Afrikaner! Maar my!!!!!

Prikkie ·

Trek eers al die regskoste wat sy bestee het op al die sake wat sy verloor het as OB af, en dan kyk ons of daar enigiets oor is van “haar pakket”.

Delia ·

Ek het amper 40 jaar vir die staat gewerk en het nie naaaastenby daai bedrag uitgekry. Goeie hemel….

Johanncb ·

Sy het ‘n oneervolle ontslag gekry, die belastingbetaler miljoene rande aan hofsake gekos, wat verstaan sy nie!?

JohanR ·

Ek weet op ‘n Woensdag, of enige dag is dit ‘n dom vraag, maar gaan die belastingbetalers weer moet betaal?

Andre ·

…sulke arrogansie is ondenkbaar in enige beskaafde land.
Elke dag wys die kaders hoe jy laer kan daal, as jy net probeer!

Boatsie ·

Wil net weet watse Kader/s betaal al haar regskostes of het sy genoeg ” gerieflikheidshalwe” geld in haar termyn versamel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.