Mkhwebane hoor glo sy is nie geregtig op R10 miljoen-betaling

Adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Adv. Busisiwe Mkhwebane, afgedankte Openbare Beskermer (OB), is glo deur die kantoor van die OB ingelig dat sy nie geregtig is op ʼn pakket van miljoene rande ná haar dienstydperk as OB nie.

EWN berig Mkhwebane het in Desember geëis dat sy betaal moet word, maar dat die OB se kantoor glo aan haar gesê het sy is nie geregtig op sodanige betaling nie aangesien sy as OB verwyder is.

Die OB se kantoor het glo bevind sy is nie geregtig op die betaling ingevolge die Grondwet en die Wet op die Openbare Beskermer nie, aldus ʼn berig van TimesLive.

Volgens berigte het Mkhwebane ʼn betaling van sowat R10 miljoen verwag. Die OB se kantoor het intussen in ʼn verklaring bevestig dat hy “behoorlik gereageer” het op adv. Mkhwebane se korrespondensie. “Geen verdere kommentaar sal tans oor hierdie aangeleentheid gelewer word nie,” lui die kort verklaring.

Mkhwebane is in Oktober as ʼn EFF-parlementslid (LP) in die Nasionale Vergadering ingesweer nadat sy by die party aangesluit het.

Maroela Media het vroeër berig Mkhwebane het in September ʼn afdankingsbrief van pres. Cyril Ramaphosa ontvang nadat die meerderheid van die parlementslede gestem het dat sy uit haar amp verwyder moet word.

Altesame 318 parlementslede, onder wie van die ANC, DA, IVP, VF Plus, ACDP en NFP, het ten gunste van Mkhwebane se verwydering uit haar amp gestem. Altesame 43 parlementslede, onder wie LP’s van die EFF, het daarteen gestem. Een LP het buite stemming gebly.

Die stemming het gevolg nadat die komitee vir die artikel 194-ondersoek na Mkhwebane se geskiktheid om haar amp te beklee eindelik bevind het dat sy haar aan wangedrag skuldig gemaak het en onbevoeg is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Matmiet ·

Mooi so. die vermetelheis om te glo dat jy beloon moet word vir jou falings verstom my.

GWS ·

Sy is ongelooflik arrogant om te dink sy is onbevoeg bevind, maar dring nog aan op betaling vir haar onbevoegdheid. Tipies EFF gedrag!

SjN ·

Sy behoort eerder terug te betaal, salaris ontvang waarvoor sy nie gewerk het nie.

Papsak ·

Sy was skelm nie haar werk gedoen nie waarvoor wil sy so baie geld he vir niks doen nie nee dit werk ongelukkig nie so nie kry vir jou

Leona ·

Bring asb vir Mev. Thuli Mandosela terug! Dankie tog nog n skelm verwyder

Marous ·

Waneer betaal sy die koste bevele wat teen haar in persoonlike hoedanigheid gemaak is ?

Pierre ·

Kul jou hier, kul jou daar, ons se vir die media jy kry niks maar die geldjies sal vanaand oor betaald word.

AREND1 ·

Sy was nie eers lank die ob nie.Nou soek sy 10 miljoen van ons belasting geld.Sy is blerry geldguurig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.