Mkhwebane met sabbatsverlof ‘om te rus’

Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer (Foto: ANA)

Die Openbare Beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane, is tot einde Maart met sabbatsverlof “om te rus”.

Oupa Segalwe, die OB se woordvoerder, sê Mkhwebane se verlof het reeds op 15 Januarie begin en eindig op 31 Maart.

Volgens Segalwe het Thandi Modise, speaker in die nasionale vergadering, toestemming gegee dat Mkhwebane met sabbatsverlof gaan en is bewus van die reëling. Die OB is ingevolge die amp se bepalings en voorwaardes daarop geregtig om sabbatsverlof te neem.

Mkhwebane se bevoegdheid is sedert haar aanstelling in 2016 verskeie kere bevraagteken.

’n Dagvaarding is ook net verlede maand aan haar beteken om in Januarie in die Pretoria-landdroshof op drie aanklagte van meineed te verskyn.

Maroela Media het vroeër berig adv. Paul Hoffman SC, direkteur van die organisasie Accountability Now, het die aanklagte teen Mkhwebane aanhangig gemaak. Hoffman het glo ook ’n skrywe aan pres. Cyril Ramaphosa gerig waarin hy versoek dat sy geskors word.

Dít nadat Hoffman ook verlede jaar ’n klag by die Regspraktykraad ingedien het om Mkhwebane van die rol van advokate te laat skrap.

Mkhwebane het onlangs vir die soveelste keer bloedneus in die hof gekry. Haar bevindings oor die sogenaamde “rogue-eenheid” in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is in die uitspraak tersyde gestel. Die volbank van die hooggeregshof het bevind Mkhwebane het ongeldige verslae en onbewese bewerings gebruik om bevooroordeelde beslissings rakende die eenheid te maak.

Adv. Nompilo Kholeka Gcaleka, adjunk-OB, sal vir die volgende twee maande in Mkhwebane se plek waarneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pieter ·

Bly sommer permanent op verlof want julle klomp ANC narre maak my siek

Andrew ·

Is dit nou betaalde of onbetaalde verlof? In elk geval Busiswe het nie n idee wat in haar beroep aangaan nie.

Die Wolf ·

Sabbatsverlof is onbetaald. Maar in hierdie geval is your guess as good as mine!

Wondermaarnet ·

Sy word tyd gegun om nog verskonings uit te dink en haarself uit die gemors te probeer red. Geregtig op sabbatsverlof???

Drico ·

Nogal heel toevalligen gemaklik dat sy in dieselfde maand as die dagvaardiging op sabbatsverlof gaan. Dit sal betaalde verlof wees. Kyk ons regstelsel is regtig vrot en op die koffie om toe te laat dat daar so met die regstelsel die spot gedryf kan word. Hulle kan nie eers ontslae raak van vrot appels in hul eie geledere nie!!

Hennie J ·

Gereken aan haar suksesverhaal as ob is sy al LANKAL met verlof. Al verskil nou is dat sy ook afwesig is van die kantoor. Ek verneem dat die enigste person wat haar afwesigheid vanaf die kantoor agterkom is die person wat haar tee bring.

MAGRIETHA ·

In my loopbaan was da nie so iets nie siek verlof ja en as jou dae verby was dan is dit onbetaalde verlof vandag se dae is lekker dis hoekom dit so gaan in ons land

Casper ·

Adv.Mkhwebane het male sonder tal gewys dat sy nie opgewasse is vir haar pos nie.Hofuisprake teen haar spreek vanself.Die ondersoek na die Estina suiwelprojek en die Vrystaatse asbesprojek is maar twee projekte waar sy doodgemaak het met haar ondersoek Ace Magashule moet ook vir die Estina projek en die Gupta troue by Sun City ondersoek word wat sy nie gedoen het nie

FM ·

Wanneer het sy GEWERK???????

Moeg van wat?

Hofsake te verloor en ‘n pophuis belastinggeld te vermors

domheks ·

OOR WERK – EN ONDER BETAAL – MAAK JOU SIEK!!!
Nou hoekom is dit nie siekverlof nie?? Verduidelik hoekom dit as SABBATSVERLOF deurgaan???

Genis ·

Wat se twak is die? Sabbatverlof? Onbevoeg soos min, maar n belangrikke ANC Kader ja… Hulle help mos die “Struggle”… Struggle not to be corrupt ja…

Sonia ·

Mens kan óf lag en lekker lag óf kragwoorde inspan om aan jou gevoelens en denke uiting te gee – hoe lank gaan ons nog onder hierdie piesang republiek se bestel moet lewe? Ons was gewoond aan baie beter!

Genis ·

Ons is beroof van so baie…goeie lewe, veiligheid, alles het gefunksioneer, kon met vakansie gaan sonder sorges, buite loop en speel… mens kan opnoem… dis regtig n hartseer saak, hoe die land opgemors is…

My siening ·

Shame! Sy is moeg weg gehardloop! Die land kan net n kleeeeeeein bietjie beter wees sonder haar! Meeste van ANC is ook permanent op sabads verlof met betaling!

Zacahara ·

Mens sou waarskynlik kon argumenteer dat dit nie haar skuld was dat sy in die pos aangestel is wat sy nie bevoegd was om doeltreffend te beman (of is dit nou bevrou) nie…!!! Feit is: haar onvermoë word nou ontbloot!! Wat ek egter nou oor wonder: waar kom hierdie sg. sabbatsverlof vandaan, word dit deur arbeidswetgewing erken & kan almal, wanneer die papaja die waaier tref, ook sabbatsverlof neem…..??? (Vra namens ‘n vriend). Hahahaha…!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.