Mkhwebane moet sê hoekom sy nie geskors moet word

Die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane (OB), Donderdag in ʼn brief gevra om redes aan hom te verskaf waarom hy haar nie ingevolge art. 194(3)(a) van die Grondwet moet skors nie.

Die stap kom nadat die speaker van die parlement, verlede maand bevestig het dat die art. 194-komitee besluit het om voort te gaan met sy oorweging van ʼn mosie om die OB uit haar pos te laat verwyder.

Die spesifieke artikel van die Grondwet bepaal dat die president ʼn OB, ouditeur-generaal of ʼn lid van ʼn kommissie wat ingevolge hoofstuk 9 van die Grondwet ingestel is, enige tyd na die aanvang van sy of haar amp kan skors.

In ʼn brief wat Ramaphosa Donderdag aan Mkhwebane gerig het, sê die president in die lig van die komitee se besluit “is dit nou gepas om haar skorsing te oorweeg, al is die finalisering van die komitee se werk hangende”.

Die brief lui dat Mkhwebane binne tien werkdae van die datum van die brief skriftelike redes moet verskaf oor waarom die president nié sy magte daaroor moet uitoefen nie.

Mkhwebane het in reaksie daarop gesê sy het nie die brief van die speaker waarna Ramaphosa verwys – dat die parlementêre proses teen haar voortgaan – ontvang nie.

Sy sal ʼn afskrif van dié brief Vrydag aanvra en sê die feit dat die brief nie by die skrywe aangeheg is nie, dui op ʼn “gejaagde proses”.

Die OB sê sy gaan Vrydagoggend vroeg met haar regspan vergader om enige verdere stappe te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jr ·

Blah blah blah. Maak asb seker om jou terminale siek note in te handig ma ‘ damn

Wielspore ·

Nog ‘n slag gat om reg te maak, Busisiwe Mkhwebane veroorsaak meer skade as wat sy goed doen.

domheks ·

Nooit! Sy is soooo goed in haar werk… Hoe kan julle dink sy is te sleg om haar werk te doen? Dit is wat sy glo.

Benita ·

Hoekom moet sy ‘n rede gee dat sy nie geskors moet word nie. Sy moes al gefire gewees het liewe hemel. Skelm oneerlik en hulle kry ‘n kans. Wat se nonsens is dit.

Papsak ·

Hulle almal veroorsaak groter skades as wat besef kan word saam met Ramaphosa hy die grootste van almal en banggat

Grens ·

Ek begin verstaan dat die mense dink hulle doen goed. Daar is niemand om hulle, waarmee hulle hulself kan vergelyk met top presteerders en mense van gehalte. Hulle dink dit wat hulle doen is baie oulik. In ‘n eerste wereld is hulle laaste in die klas. Ek voel eindlik maar jammer vir die spul.

Wondermaarnet ·

Speel vir tyd. Hoe weet ons nie sy LIEG ALWEER nie? Sy het geen integriteit nie.

SomeOne ·

hoeveel keer moet sy nog redes gee dat sy nie geskors word nie, sy self weet nie wat sy doen nie, hoe gaan sy redes verskaf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.