Mkhwebane vies oor regspan se onbetaalde rekening

Adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Twitter)

Die parlementêre ondersoek na die geskorste openbare beskermer (OB), Busisiwe Mkhwebane, se geskiktheid vir haar pos het opnuut die wind van voor gekry nadat Mkhwebane aangedui het sy kan nie verder aan die verrigtinge deelneem nie omdat haar regspan nie ten volle betaal is nie.

Mkhwebane sê haar regspan het net 70% van hul betaling – wat deur die kantoor van die OB gedoen moet word – ontvang. “Dit is eers gedoen ná die tweede brief aan jou waarin ek aangedui het dat my regspan nie beskikbaar is tot hulle tevrede is dat alle uitstaande betalings gedoen is nie,” lui ʼn brief van Mkhwebane.

“Die uitstaande balans van 30% bestaan eerstens uit items wat nou die onderwerp van ongegronde dispute deur die [OB se kantoor] is en tweedens, ʼn oorblywende uitstaande betaling wat bloot nie verduidelik is nie.”

Mkhwebane sê sy kan dus nie verder “sinvol” aan die ondersoek deelneem nie.

News24 het vroeër berig Mkhwebane se regskoste is besig om die finansiële volhoubaarheid van die kantoor van die OB – wat reeds ʼn uiters beperkte begroting het – in die gedrang te bring. Daar is nie begroot vir die regskoste nie en dit kan die kantoor van die OB tussen R12 miljoen en R15 miljoen kos.

Die artikel 194-komitee sê hy het enkele minute voor die aanvang van Maandag se verrigtinge die brief van Mkhwebane ontvang waarin sy ook aandui dat haar regspan nie ten volle betaal is nie en dat fakture wat reeds in Julie ingedien is, eers in Oktober betaal is.

Mkhwebane was Maandag by die komiteevergadering, maar sonder haar regspan. Adv. Dali Mpofu, een van haar regsverteenwoordigers, het wel aanlyn aangesluit.

Qubudile Dyantyi, komiteevoorsitter, sê Mkhwebane het die uitstaande betaling in Januarie onder sy aandag gebring en hy het onderneem om dit met die kantoor van die OB op te volg. Die OB-kantoor het geantwoord dat sommige betalings gedoen is, maar dat “sekere fakture nagegaan word”.

Volgens Fatima Ebrahim, die parlement se regsadviseur, het die kantoor van die OB Donderdag 33% van die geld betaal en nog ʼn bedrag Vrydag, wat die totaal op 74% van die algehele faktuur te staan gebring het.

Ebrahim sê die uitstaande balans word betwis en die kantoor van die OB gaan dit tans na ingevolge sy eie finansiële voorskrifte.

Mkhwebane se regspan het ook gekla dat hulle sukkel om Bianca Mvuyana, ʼn ondersoeker by die kantoor van die OB, in die hande te kry. Mvuyana moet vandeesweek getuig. Die komitee het Mkhwebane se regspan gevra om Maandag en Dinsdag te gebruik om saam met Mvuyana voor te berei sodat hulle kan voortgaan noudat die grootste uitstaande bedrag betaal is.

Mkhwebane het egter benadruk dat haar regspan nie kan voortgaan tot hulle ten volle betaal is nie.

Die verhoor is tot Woensdag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Christo ·

Tussen R12 en R15 miljoen… Die geld kon vir baie beter goed gebruik geword het. My hart bloei vir ons land. Die wereld lag vir ons en almal kan presies sien wat die probleem is, ANC, ANC, ANC.

George ·

Die wereld lag nie vir SA nie, die wereld knip nie eens oog vir n 3de wereld land nie.

Pierre ·

Ja en ons is vies vir jou en al die geld mors, baie lekker om howe te nader met belastingbetalers (wat jou nie soek nie) se gelde te gebryk

Mieke ·

Grote griet, tussen 12 en 15 MILJOEN, net omdat sy nie haar werk kan doen nie?????
As dit ek was is ek sommer before met GEEN regskoste van die by wie ek werk nie…..
Hoekom strek ALLES in die tiene miljoenen in?
Ek’t sommer in my koffie verstik…..

Papsak ·

Anc Anc Anc en nogmaals Anc hulle is land se doodstrek en probleme sien dit net raak

Roek ·

Baie lekker om alle regs advies en hulp te kry as jy nie vir dit moet Pa sttan nie, ek wonder hoeveel die belasting betaler moet opdok vir almal se hofsake , appelle ens. Ek is seker hul kon al ‘n kragstasie of so gebou het met die fondse , die regslui maak ‘n fortuin iut die staat uirt net soos met die pad ogngelukke fonds!

Amelia ·

Is dit hoekom hul almal appeleer Zuma nou sy en belasting betaler betaal sonder keuse glo vir my as ons n keuse gehad het sou so its nie plaas gevind het nie

Willem Wikkelspies ·

Ons regs stelsel faal ons.
Daar is altyd net nog ‘n manier om tyd en geld te mors en die regs stelsel se effektiwiteit te verswak.
Die rede hoekom so baie nogsteeds op vrye voet verkeer is omdat daar altyd nog ‘n skuiwergat is om die reg te vertraag.
Ek is sommer skaam om te dink die vliegtuie en skepe wat aangekoop is met die wapenskandaal VLIEG en VAAR NIE EENS MEER NIE, en steeds het die hofsaak nog nie voorgekom nie.

Ek se weer: ‘Wys die vinger na ons reg stelsel. Die boewe loop steeds vry en die advokate en dies meer glimlag net al breer.’

efjy ·

Hofsake is eintlik net werkskepping vir kaders op belasting betalers se rekening.

Republikein in die Wes Kaap ·

In ekonomie word dit ‘n vermenigvuldiger genoem…

efjy ·

Is daar ‘n perk op bedrag wat sy aan regskoste mag betaal?

JohanR ·

As nutteloos ‘n naam kan gegee word dan sou dit Busisiwe Mkhwebane wees!

Koos 100 ·

Ek het ‘n plan. Betaal self jou regskoste en as jy jou saak wen, dan eis jy die geld terug, of gaan met hulle ‘n ooreenkoms aan wat hulle 25% van jou eis kan kry. Soos ons almal maar moet doen.
MAAR jy kan dit nie doen nie want jy is nie so seker van jou saak nie. Dan as jy verloor en daar word ‘n kostebevel teen jou gemaak, appeleer jy of verklaar jouself bankrot. Maar jou regsverteenwoordiger het ‘n mooi neseier opgebou!!!

Jr ·

Dhali Mphoofoo. Swakste prokereur in SA. Maar word 12 – 15 miljoen betaal vir sy diens. Wonderlik. Mooi man. Ons betaal vir haar streke

domheks ·

As CR net ‘n ruggraat wil kry. Fire die vrou sommer dadelik. Hoekom ‘n kommissie vir dit en dan vir dat:?
Sy is ‘n verleentheid vir SA!

Republikein in die Wes Kaap ·

Nie so maklik nie. Dit sal nog drie jaar neem om haar af te dank. Hofsake en Arbitrasie kos geld.

Johann ·

Wat? Arrogante vermetelde Zumaikie. Geen wonde Mpoeffi spandeer ure aan snert om.die skelm onbevoegde kader te “verdedig”. Maak lekker geld.

Lillian ·

Hoekom betaal sy nie self haar regskoste nie? Nog ‘n byewys, van hoe ons geld gemors word net om te bewys’n in dividu is ongeskik om hul werk te doen nie klink maar absurd! En hierdie rekeninge moet aar eerder getakseer word want Mpofu laai daai rekeninge seker lekker

Nico ·

Betaal uit jou sak uit, los die belasting betaler se geld uit, sy het gesoek hiervoor betaal self jy kry mos baie geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.