MKP kry dalk naasmeeste stemme in KZN

Lede van die nuwe MKP sing en dans buite die Konstitusionele Hof ter ondersteuning van Jacob Zuma (10 Mei 2024) (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Indien die nasionale verkiesing Vrydag plaasgevind het, het oudpres. Jacob Zuma se MKP die tweede meeste stemme (sowat 27%) in KwaZulu-Natal op hom verenig. In Gauteng sou die party maar tussen 5% en 8% van die stemme gekry het.

Dit is volgens die mees onlangse peiling deur die Social Research Foundation (SRF), wat onder 1 835 geregistreerde kiesers reg oor die land gedoen is. Die jongste uitslae is op 10 Mei se data geskoei en wys dat die ANC steeds die grootste party in Gauteng en KwaZulu-Natal is, maar dat hy waarskynlik net tussen 30% en 35% van die stemme sal kan inwin, afhangende van hoeveel mense aan die verkiesing deelneem.

Verkiesingsuitslae in KwaZulu-Natal, sou 66% van kiesers op 10 Mei gestem het. (Grafika: Social Research Foundation)

Die uitslae van dié peiling verskil effens van ʼn soortgelyke peiling deur die Brenthurst-stigting in Maart vanjaar, wat die ANC se steun in KwaZulu-Natal op net 20% geskat het. Die stigting het die MKP se steun egter ook op om en by 25% geraam, soortgelyk aan die Social Research Foundation (SRF) se peiling.

Die DA sou sowat 26% van die stemme in Gauteng en 18% in KwaZulu-Natal gekry het, sou die verkiesing Vrydag plaasgevind het. In die Wes-Kaap sou 53% van kiesers vir die DA gestem het. Tussen 19% en 22% van kiesers wat aan die peiling deelgeneem het, het aangedui dat hulle vir die ANC in die Wes-Kaap sal stem. Die vierde grootste mededinger in die Wes-Kaap is die PA, met tussen 6% en 9% van deelnemers aan die peiling wat hul steun aan dié party toegesê het.

Verkiesingsuitslae in die Wes-Kaap, sou 68% van kiesers op 10 Mei gestem het. (Grafika: Social Research Foundation)

Net 3% van kiesers in Gauteng is van plan om vir die VF Plus te stem en 6% vir ActionSA. Die derde grootste mededinger in Gauteng (10% van kiesers) blyk “ander partye” te wees. Dit sluit Rise Mzansi en Mmusi Maimane se Bosa in.

Verkiesingsuitslae in Gauteng, sou 68% van kiesers op 10 Mei gestem het. (Grafika: Social Research Foundation)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lesly ·

Daar is net nie medisyne vir stupid nie. Die meerderheid geniet om te krepeer terwyl die wat hulle voor stem, in weelde leef met belasting betalers se geld

Martie ·

Natuurlik sal Zuma in Natal seëvier, dis mos soos dit werk. Tot die voorbok doodgaan volg die trop hom, maak nie saak waar hy gaan nie. Daar is geen rede aan sulke mense nie, hoor alles, glo alles en ly agterna, maar dis alles deel van die tradisie.

Michael ·

Dan kom stemdag en die meerderheid stem anc oor kleur en “grants”want die meerderheid hou van sukkel en swaarkry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.