Mmusi Maimane: ‘Madiba se ANC is weg’

Mmusi Maimane by die DA se verkiesingsveldtog Saterdag, 23 Julie 2016 in Pretoria. Foto: ANA/Brenda Masilela

Mmusi Maimane by die DA se verkiesingsveldtog Saterdag, 23 Julie 2016 in Pretoria. Foto: ANA/Brenda Masilela

Mmusi Maimane, die leier van die DA, het gesê Nelson Mandela se ANC is weg en die ANC van vandag, onder pres. Jacob Zuma, is onherkenbaar van die eens trotse vryheidsbeweging.

Maimane het Saterdag by sy party se “Ons kan wen”-veldtog by Vryheidspark in Pretoria gepraat ter ondersteuning van die DA-burgemeesterskandidaat, Solly Msimanga.

Volgens Maimane gaan daar nie ʼn dag verby sonder ʼn nuwe “ANC-skandaal” nie. “Korrupsie, Guptas, Nkandla, die wapenskandaal, die SAUK … Hierdie ANC onder Jacob Zuma gee net oor een ding om – hulself. Madiba se ANC het al jare gelede tot ʼn einde gekom. Die ANC wat na vryheid en eenheid gestreef en ʼn beter lewe vir die armes nagejaag het, bestaan nie meer nie. Dit is vervang deur ʼn ANC wat gedryf word deur gulsigheid en korrupsie – ʼn ANC wat sy rug op die mense van die land gedraai het.”

Maimane het gesê Pretoria is in ʼn “oorlogsone” verander deur bakleiery binne ANC-faksies. Die gewelddadige tonele wat in Junie in Atteridgeville, Mamelodi en Soshanguve afgespeel het, staan in sterk teenstelling met die land se demokrasie. “Maar dit is wat gebeur as die ANC inplof. Julle, die mense van hierdie stad, word in hul gevegte ingetrek,” het hy gesê.

“Die ANC het geen plan om werksgeleenthede te skep nie en dienslewering misluk daar waar die ANC aan bewind is. Zuma simboliseer korrupsie in die ANC. Ek wonder wat Madiba sou gesê het as hy self kon sien wat hier aangaan. Jacob Zuma se ANC kan nie verder verwyderd wees van Madiba se ANC nie. Hulle het alles waarvoor hulle gestaan het, verlaat en hulle kan nog duur betaal daarvoor.”

ANC-ondersteuners by die party se verkiesingsveldtog Saterdag, 23 Julie 2016 in Port Elizabeth. Foto: ANA

ANC-ondersteuners by die party se verkiesingsveldtog Saterdag, 23 Julie 2016 in Port Elizabeth. Foto: ANA

Intussen het pres. Zuma Saterdag ʼn heldeontvangs by die ANC se Siyanqoba-veldtog by die Dan Qeqe-stadion in Port Elizabeth gekry.

Zuma het aan die party se ondersteuners gesê dit is nie vir ʼn ander party moontlik om die ANC te klop nie, omdat die ANC ondersteuning van sy “voorvaders” het. “Wie kan ons oorwin wanneer ons ons voorvaders by ons het?” het hy gevra.

Zuma het kiesers aangemoedig om nie “mislei” te word deur ander partye wat slegte goed oor die ANC te sê het nie. “Elke dag skets hulle ʼn slegte prentjie van hierdie land; hulle is negatief. Kom ek herinner julle daar is die ou [Nasionale Party] wat dood is en ʼn kind agtergelaat het met die naam DA. Moenie deur ander mense verwar word nie. Hulle weet niks van die struggle af nie. Die ANC het ʼn enorme verskil in die afgelope 22 jaar gemaak,” het Zuma gesê.

Hy het kiesers ook aangemoedig om nie hul stem aan onafhanklike kandidate te gee nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Anti DA ·

Nou kan julle oor vat met die hulp van oningeligte mense vir wie daar geen plek vir hulle kultuur,taal ,geskiedenis of gelyke regte is nie.

Kobus ·

Kom ons word wakker uit die droom en besef dat die hele ANC en die “Madiba” -storie was net ‘n nagmerrie, het nooit gebeur nie, het nooit bestaan nie.

Daar was nie ‘n Zuma nie, nie ‘n Julius nie, nie ‘n Slim Wim nie, nie Adriaan nie.

Ons kyk by die venster uit en sien die son skyn, ‘n nuwe RSA kom oor die horison op.

GJ de C K ·

Wat is groot aan “Madiba”?

Sy boek “How to be a good communist”?

Sy skulderkenning op 156 aanklagte van publieke geweld en terrorisme?

Sy konstitusionele wettiging van seksuele perversie en vrywillige aborsie?

Sy lofliedere aan die kommunistiese Kubaanse offisiere vir die “vernedering” van die Christen wit seuns by die slag van Quito Quanavale?

Sy “ondergrondse” rol as die “Tailor”?

Kan enige Christen witmens tuis voel by die DA, of met ‘n skoon gewete met hul saamloop?

Kyk weer, dink weer. Moenie stem vir kleingeld nie. Wys trou teenoor die seuns en dogters van die Christendom, van óns volk!

Gerd Lourens ·

GJ. Jy is 100% korrek. Die media het van hierdie aartskommunis ‘n ikoon gemaak.

Chris ·

GJ so wat sal jy dan nou voorstel wat n beter opsie vir ons land is?

J.B. ·

Sjoe as n mens maar net kon wakker word uit die nagmerrie Kobus

Sarie ·

Ja die ANC het n groot negatiewe verskil gemaak. Die Mandela sage was maar het ‘n oëverblindery, maar niemand wil dit erken nie .

Janneman ·

Ek stem weer die slag weer vir die DA, maar onder dwang. Tensy hul offisieel wegbeweeg van hul politiek korrekte siening oor rassisme en swyg oor plaasmoorde en die ondermyning van Afrikaanse onderwys gaan die wit stem wat hulle verloor in elk geval die swart stem wat hulle wen by verre uitkanseleer.
“You can’t be all things to all people” Noem waarvoor julle staan!

jan ·

Hier by ons doen die da ook niks nie .Agri forem het die paaie kom reg maak hulle het die riool kom reg maak .nou ver wie moet ons stem ????

Rapes ·

Kobus ek stem met jou. Ek lees die berigte dan wonder ek oor almal wat Madiba so ophemel waar kom al sy geld vandaan? Is dit ook bekom soos Zuma maar net baie slinkser?

Lance ·

Onthou net Mandela het ook bomme geplant om natuurlik mense te beseer en sy eie saak so te bevorder …mense noem dit nooit nie alles is net rose en engeltjies uit die hemel

Cherokee ·

Maimane en sy DA-lede verstaan nie dat Mandela se ANC het bloot vererger.

Kobus ·

In 2005 is die wit gevaar ( NP ) wat Zuma so graag na verwys, ontbind deur Kortbroek van Skalkwyk en het toe deel geword van die ANC. Hy was minister van toerisme onder Mbeki en Zuma. Snaaks dat niemand daarna verwys nie.

Kobus ·

Kobus nr 2, Die NP se tyd was uitgedien, vernuwing sou nie help nie, kortbroek het net die afsluiting waargeneem, wat onafwendbaar was. Hy het nie verniet daardie bynaam gekry nie. Hy sou geen rol in die nuwe SA speel nie.

Liewe heksie ·

Ja so van Madiba gepraat ek het altyd gedink hy was n terroris met bloed op sy hande en soveel mense het van hom n soort God gemaak en sy opvolgers het n groter gemors gemaak so ek stem DA want dit is al hoop al is dit n ashoop wat ons nog het want als wat vir kleiner partye gaan is inelkgeval n vermorsing van tyd

Anti DA ·

As jy bv vir die VF+ stem gaan die DA nog steeds wen maar deur ‘n koalisie (samewerking ooreenkoms) met die VF+aan te gaan en ten minste kan daar ook na die belange van die huidige benadeelde minderheid om gesien word.

James ·

Ek sal ANC stem om dié DA stemmers te spite. Die DA gaan Afrikaans baie gouer aftakel as die ANC.

Kooos ·

Die meerderheid☻mense het moeg geraak van die ANC se beloftes maar dit beteken nie hulle het van hulle mening veander hulle glo nog die?mense skuld hulle en sou die DA wen hulle gaan nog steeds niks doen vir die Afrikaanssprekende burger nie hoekom dink julle is daar nou bruin mense by die VF en nuwe bruin partye in die weskaap

Bruno Stef ·

Uit beginsel uit kan ek nie stem vir die DA nie die VF+ bied darem vir my n tuiste tussen my eie mense en ek hoef ook nie n moordkuil van my hart te maak nie.Al is ek die laaste Afrikaner wat nog staande bly laat dit so wees maar ek weet dat ek my plig teenoor my mense tot die einde nagekom het.Mag die VF+ goed ondersteun word om ons boodskap saam met ons burgerregte organisasies vorentoe uit te dra en te beveg.

Steve ·

Net soos kortbroek het Mulder ook op die anc gedien as minister en dadelik sy fancy duur kar gekoop. Wat is die verskil? Klink vir my na voëls van eenderse vere

Anti DA ·

Steve kortbroek het sy kiesers uitverkoop vir ‘n minderwaardige ministers pos ,Mulder het gedien as adjunkminister van landbou wat nie sleg was nie want die minister van die dag het soos die ander departemente geen idee van landbou gehad nie en Mulder kon en het baie vir landbou gedoen en steeds vir Mbeki aangevat…..so daar is ‘n groot verskil tussen opertunis kortbroek en Mnr Mulder.

Cherokee ·

Mulder het gedien in die kabinet as lid van die VF+ en nie soos jou held as lid van die ANC nie.
As dit te moeilik is om te verstaan sal prentjies ook nie help nie.

Bruno Stef ·

As adjunk Minister omrede dit met sy teenwoordigheid dalk n verskil kon gemaak het as n totale buitestander op n demokratiese manier.Die verskil is dat hy meer in n raadgewende hoedanigheid daar was en nie soos kortbroek en sy NP vennote as agterryers by die ANC aangesluit het nie kry net jou feite reg.

Mel ·

Dis so di waarheid Lance, ek dink min mense weet dit, ek stem ook saam GJ en Kobus, maar ook om eerlik te wees, ek wens di Hele verkiesing storie is al agter di rug!! Ons het iemand in di land nodig wat ruggraat het

Joann ·

GJ ek stem saam. Mandela was n moordenaar,kommunis in erg graad. Hul sal nog wakker word en besef hy was nie god nie,daar is net een ware God met geen bloed aan Sy hande nie. DA sal ook nie my kruisie kry nie,ek vertrou nie hul nie.

Jan maak n plan ·

Ek wens mense wil n bietjie vir mandela op you tube gaan.opsoek. Nogal n hele paar vreeslik intresante dinge daar raak geloop, maar laat ek nou eerder nie verder daarop ingaan nie, netnou word ek ook ge Penny. Ek wens so dat Solidariteit en Agriforum en sommer die VF+ ook, saam n politieke party vir ons reg denkendes stig. Ek dink dit kan nogal n hele metamorfose in die SA politieke veld te weeg bring.

Hein ·

Die rede hoekom solidariteit en afriforum sukses het is juis omdat hulle buite die politiek is. ‘N regstaat het sulke rolspelers nodig om die regering hof toe te neem vir oortredings. Dit is wst hulle nou doen en sukses kry. Binne die politiek word minderheidspartye verswelg en kan kan net ‘n rolspeler as “kingsmaker” in kwalisie politiek. Die DA het al glo klaar samesprekings in Pretoria met die EFF om die ANC te troef. Dit is waar daar moeilikheid gan kom

Chris ·

Op elke gerig wat daar geplaas word oor politiek, is dit altyd die VF+ se ondersteuners wat gal braak en kots oor die verlede en ander partye slegmaak. Dit laat so ’n wrang smaak in die mond dat ek nie kan sien hoe kan mens eintlik by so ’n klomp suur gatte kan aansluit en vir hulle stem nie. Ons land bestaan tog uit klomp verskillende rasse wat ons nie kan ontken en misken nie.

Johanna Botha ·

Kortbroek is n damn skande met geen rugraat nie …sal die eerste ou wees wat padgee as dinge lelik skeef loop …wens SA sien nooit weer so n man as n leier nie …hoe hy nou na almal se pype daans is genoeg om mens siek te maak …snaaks hoe baie mense die opinie handhaaf

Anti DA ·

Zuma het kortbroek uitgeskop en vervang met Derek Hanekom ek verstaan kortbroek is nou ‘n gewone Mp by die anc hulle het hom nie meer nodig nie en dieselfde gaan met van die DA stemmers gebeur.

Kobus ·

Lone Ranger? Net kortbroek was nie ‘n ranger nie. Kon ook nie mense agter hom verenig nie, was nooit ‘n leier nie, hy het net tydelik ‘n gat gevul. En wat met die ander gaan gebeur …..

Lance ·

Eintlik was kortbroek maar n onderbroek …hy se die keiser het sy klere aan en verkondig dit aan almal …mees patetiese figuur wat ons politiek al gesien het

Lynette ·

Nee kyk daar is niks wat n mens voor kan stem nie , daar gaan geen verandering kom nie . Al op wie ek vertrou is my Almagtige God . Ek hoef nie vir hom te stem nie en wat ek vra sal Hy vir my gee .

Ben Prinsloo ·

Chris ek neem aan jy bly in n informele nedersetting of jy is op pad soontoe. Indien nie vertel ons hoekom nie. Ons sal graag wil hoor want soos jy sê ons bestaan tog uit verskillende rasse en die afleiding wat ek van jou kommentaar maak is dat ons en ek neem aan jy praat van die “regses” te veel kla oor die ander partye. Sit jou hart waar jou mond is en bewys ons ons is verkeerd asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.