Mmusi Maimane: ‘SA verdien ʼn eerlike regering’

Mmusi Maimane by die bekendstelling van die DA se verkiesingsmanifes in Johannesburg. Foto: ANA

Mmusi Maimane by die bekendstelling van die DA se verkiesingsmanifes in Johannesburg. Foto: ANA

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie (DA), het Saterdag kiesers daarvan verseker dat daar basiese dienste en effektief-bestuurde munisipaliteite sal wees waar die DA ook al aan bewind is ná die plaaslike regeringverkiesing op 3 Augustus.

Maimane het gepraat by die bekendstelling van die DA se verkiesingsmanifes by die Randse Stadion in Johannesburg. Hy het die Kaapstad-munisipaliteit, wat deur die DA bestuur word, geloof as die effektiefste munisipaliteit in die land en het die ANC gekap oor “sy rekord van korrupsie wat die land al meer agteruit te neem”.

Water en sanitasie, elektrisiteit, vullisverwydering, behuising en openbare vervoer is alles noodsaaklikhede wat die verantwoordelikheid van enige munisipaliteit is, het hy gesê. “Plaaslike regerings is die enjins van verandering. Stede moet op die voorpunt wees om ruimtelike onderskeid, ʼn nalatenskap van apartheid, af te breek.”

Maimane het beklemtoon dat stede wat goed bestuur word, werksgeleenthede sal skep wat dan weer beleggers sal lok. “Maatskappye belê in plekke waar ʼn ordentlike infrastruktuur bestaan. Waar die paaie onderhou word en waar die straatligte werk. Hulle belê in plekke waar mense veilig voel, waar openbare ruimtes skoon is en waar daar betroubare toegang tot water, elektrisiteit, vervoer en die internet is.”

Maimane het verwys na ʼn ontleding deur Ratings Africa wat getoon het dat Tshwane die munisipaliteit in die land is wat die heel swakste bestuur word. “Van al ons metro’s is Tshwane en Johannesburg, waar die ANC aan bewind is, die munisipaliteite wat die swakste bestuur word met tellings van net 24 en 37 uit 100,” het hy gesê.

Hy het gesê die komende verkiesing is ʼn geleentheid vir Suid-Afrikaners om die boodskap aan die ANC en pres. Jacob Zuma te stuur dat hulle “keelvol is vir hul leë beloftes”.

“Dit is ʼn geleentheid om te sê ons as Suid-Afrikaners verdien ʼn eerlike regering; ʼn regering wat sy beloftes hou. ʼn Regering wat verantwoording doen vir sy optrede. Hierdie verkiesing is die eerste stap na ʼn beter toekoms vir ons land, want hoe meer stemme ons in hierdie verkiesing kry, hoe meer kan ons die koers van ons land verander.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Hans Odendal ·

Die DA is ‘n klomp huigelaars wat net speel vir stemme. Hul bitter selektief oor wat hul aanspreek en wat nie. As blanke vetrou ek hul geensins nie. Ongelukkig is daar vele wat hul as redders sien. Wakker word….hierdie party sal NOOIT die land regeer nie.

vranet ·

Hans nou as jy nie DA stem…is jy dalk ‘n draadsitter? Wat net kommentaar lewer van die kantlyn af. Ek is wit en EK stem DA.

Hans Odendal ·

Jul ondersteun dus ook diskriminasie (oba regstellende aksie). Jul stem dus ook dat wit kinders nie ‘n gelyke kans gegee word in SA nie. Jul stem dus ook vir kwotas in sport. Dit is mos presies ook wat die DA ondersteun….Red ‘n volk met sulke stiksienige mense.

Hannelie ·

Mooi so die DA kort stemme om ons land weer ‘n beter land te maak voor die ANC als kom vernietig het

M A ·

En nou is ek wakker met my oë oop. Wat nou? Die DA het darem al ‘n “track record” in die Weskaap. Alles werk daar. Ek sal liewers vir die groot opposisieparty stem as vir een van die klein bollie partye waar my stem beslis geen verskil sal maak nie.

Sarie ·

Baie van hierdie bolliepartye veg dikwels harder as die DA . SA is te kultureel te divers om in ‘n tweeparty staat soos Amerika te opereer daarom speel hierdie nis partye soos die VF+ en IFP asook UDM groot rolle in die parlement. UDM het mooi in die Oos-Kaap opgekom. Regoor die wêreld is hierdie partye soos die Groen Party in Ierland dikwels die kingmaker wat die balans behou.

E ·

Ek glo die meerderheid sa’ners is keelvol vir die huidige stand van sake. Ek glo dat die probleme in hierdie land van bo af kom, m.a.w. die leierskap is korrup en hulle aksies veroorsaak ons gewone burgers groot furstrasie
Ja ek weet van plaasmoorde en wat op universiteite aan die gang is en dit maak ons almal woedend en veroorsaak haat.Vir my is hierdie n saak van goed teen sleg, nie wit teen swart nie. Ek glo ook alle goeie mense kan saamwerk ongeag van kleur, maar dit is die swak voorbeeld van bo wat ons gewone mense in rasiste verander.

Christo ·

Stem DA Hulle gee om vir die Afrikaners ! Mmusi Maimane se Afrikaans is puik! En hy gaan na ons kyk !

Rynhardt ·

Die “groot messias” van DA is reg SA verdien beter , maar nie Anc of sy jonger boetie, die DA is nie antwoord nie.Maimane as jy so omgee vir mense, hoekom het jy nog nie die wit plakkerskampe besoek in Johannesburg en Krugersdorp nie? Praat jou ouboet, die Anc aan daaroor asook die regstellende aksie teen blankes! Ekskuus, jy kan nie, want nes ouboet, die Anc ondersteun julle die Vryheidsmanifes en regstellende aksie teen blankes! Anc sal jul in elk geval daarvan beskuldig dat jul vir wit bevoorregting veg! Maimane stop jou “brainwashing game” met wittes! Vra maar vir “coach” Zille dat sy het nog nooit die wit plakkerskampe in Johannesburg en Krugersdorp besoek nie, en nog nooit die plaasmoorde op witboere veroordeel nie, nes jy,”groot messias!” Voordat ek vergeet “groot messias”, laat ek jou herrinner aan jou toespraak voor die media van 11Mei 2015 aangesien jy nou skielik so verg vir almal om n toekoms te he.Ek haal jou woorde aan:”We the DA use the Freedom Charter as basis for our party!”Baie dankie, maar ek kan nie gebreinspoel word soos sekere “slimmes” nie! Voordat ek vergeet die DA is ook n anti-CHRISTELIKE PARTY!

Marius ·

As jy die Afrikaner enigsins ‘n kans in hierdie land wil gee sal jy as Afrikaner moet aanvaar dat jy baie gaan moet prysgee. Mmusi Maimane doen net wat ek en jy sou doen. Jy kyk na die verskriklike elende van die mense met jou velkleur en jy weet dat jy hulle sal moet help om hoop te hê vir die toekoms. As daar nie ‘n daadwerklike kopskuif van baie Afrikaners gaan kom nie gaan ons dié land nié red nie. Mense sal hoop kry as ouens soos ek en jy ons veilige verbruikersmentaliteit los en wys ons gee werklik om vir almal. Mense wat in wanhoop vasgevang is het niks om te verloor nie, en dis hulle wat hou van radikale politiek a la Malema en kie. Dis óf ek en jy doen ons Christelike plig en steek ons hande diep in ons sakke en hang minder in die Malls rond, en begin ‘n verskil maak. So nie moet jy pak en buiteland toe. Ten minste kan ‘n mens peil trek op Mmusi Maimane. Hy sal doen wat hy sê, en jy sal nie rassisties behandel word soos die ANC en EFF nou doen nie. Die besluite sal nie met arrogansie en neerhalendheid gemaak word nie maar dit sal wees om op die langtermyn ‘n land te hê met hoop. Om om te gee kom met ‘n prys. Dis tyd dat ons dit aanvaar en luister na die versugtinge van dié wat niks het nie.

Sputnik ·

Ek is gladnie oortuig dat hulle vir die Afrikaner omgee nie, maar heng, hulle kan sekerlik nie swakker regeer as die huidige spul nie! Kyk net na die munisipaliteite waar hulle in beheer is, bv. Mosselbaai. Een van baie voorbeelde.

Niel ·

Die DA is die beste party vir SA. Hulle bind almal saam wit , kleurling, swart en indier. Geen party kan sonder die swart stem die land regeer nie en Musi Miamane is die regte man almal bymekaar te kry en te werk vir die voor uitgang van ons land Suid Afrika. Ek wens elke blanke wil n T Hemp dra met Musi se gesig daarop. Ek soek een om te koop. Stem DA

Judy ·

Wat n plesier om te sien hoe skoon Kaapstad is, vroeg dag word daar al hard gewerk met rommel verwydering en strate te vee. Kan duidelik sien die bestuursstyl
wat D.A . stadsraads handhaaf. Wat nog as die D.A. ons land bestuur.

Judy ·

Wat n plesier om te sien hoe skoon Kaapstad is, vroeg dag word daar al hard gewerk met rommel verwydering en strate te vee. Kan duidelik sien die bestuursstyl
wat D.A . stadsraads handhaaf. Wat nog as die D.A. ons land bestuur.

Oom Kalahari ·

Nou-ja toe geniet maar die DA en sien waar dit gaan eindig. Geen verskil tussen die DA, ANC of EFF nie. Dankie VF+ jul het my en familie se stemme.

Christo ·

Sekere name word gesensor ver vorige SP huidige SP en blou politici ! Moenie iets negatief suggest jammer vir die Engels se nie !

Magda ·

Liewe hel, plaas van saam te staan teen dit wat so skreiend verkeerd is neuk ons mense in verskillende rigtings….red nou n nasie!!! DA jul het my stem…vir eers!

david ras ·

Die DA steun openlik Regstellende Aksie, BEE en wil die grondgryp program versnel—-alles waar die Witman benadeel word.
En tog swyg hulle daaroor en vra my stem !!
Hoe EERLIK is dit ?
Hoe moet iemand wat DA gestem het , sy werk verloor het a.g.v. AA, nog sy munisipale rekening aan ‘n DA beheerde stadsraad betaal ?
Om enige Weskaapse munispaliteit se sukses as voorbeeld te gebruik is so goed as om te wil vertel hoe goed die Hollanders hulle land regeer—dis ‘n heel ander land met ander mense.
Een DA voorbok het vertel dat hy niks met VF+ te doen wil he nie, want hulle is TE Afrikaans ! Bid jou dit aan ! Ons word nou in grade geooordeel
Ou vrind , vir jou inligting , ek is baie Afrikaans, sommer baie !!
Ek stem beslis nie vir ‘n party wat my net wil gebruik om ‘n “non-racial” beeld voor te hou nie.
Waarom is die DA so bang vir ‘n koalisie regering ?

Robbie. ·

As jy nie stem sit jy op die draad en jy is net n suurstof dief gebruik jou reg jy kan n verskil maak ( Da jy my stem saam my gesin.

Werner Olivier ·

Ek lees al die kommentaar en dit is kommerwekkend dat Afrikaners so lui gat geword het om navorsing te doen oor wie hulle voor wil stem. Die DA omhels openlik in die media op kamera dat hulle BBBEE en AA diskriminerende wette goedkeur. Ek stem vir selfbeskikking.
Gaan besoek Jean Kriek se fb web blad en kyk die video.
Maak ‘n stem besluit gebaseer op feite.

Dan ·

Wat van n regering wat die uitmoor van n minderheids groep van n land se bevolking veroordeel, dit is wat die blankes nodig het om vir n party te stem, net n bietjie oorsig.

Liewe heksie ·

Nes ek verwag het die wit man kan nou maar net nie saamstaan nie DA is nog al hoop vir ons almal wat vir kleiner partye stem troos hulself deur te sê maar ek het mos gestem draadsitters wat oor als moan maar nie hul kant bring nie DA jy het my stem

Irene ·

Gee DA n kans anc gee nie eens om vir sy eie manse om nie hul verreik hul eie families

Dineke ·

Ek bly heerlik in George – een van die mees suksesvol bestuurde dorpe in die land. Ek bedank die DA wat regverdiglik omsien na al ons inwoners se behoeftes – paaie, straatligte, water behoeftes, rommelverwydering . Dienslewering is puik. Wit, bruin en swart inwoners se areas word mooi na omgesien en ons lewe in verdraagsaamheid saam omdat daar aan elkeen se behoeftes voorsien word.

Adriaan ·

Die DA moet asb nou hul mind opmaak oor wat hulle wil hê. Hier vra die DA nou vir my stem, maar op n ander geleentheid sê hulle hul is bereid om 1 miljoen blanke stemme te verloor om 3 miljoen swart stemme te kry. Nee wat, ek stem beslis nie vir die anc lite (DA) nie. Ek en my gesin stem trots VF+.

Lance ·

Die Kaap is skoon alles werk …vergelyk dit nou met Johannesburg en Pretoria wat onder ANC beheer is …. rommel oral en geen onderhoud word meer gedoen nie. Die onkruite staan al heup hoogte, padtekens wat omgery word word net so gelaat. Kabels word heeltyd gesteel. Riool beland in die reviere omdat afvoerpype blok agv die strate wat nie gevee word nie ….It’s a hot steamy mess. En dis nou maar om n paar goed te noem. Die kaap het dit verseker nie op die vlak nie. The proof is in the pudding…. ek gaan ook verseker DA stem die keer.

Lance ·

Dit gaan verseker beter in die Kaap wat onder DA beheer is as in Johannesburg en Pretoria. Die Kaap is BAIE skoner en dinge werk oor die algemeen. In Johannesburg en Pretoria is daar rommel oral , onkruit staan al heup hoogte wat uit die plaveisel groei , straattekens wat opgery word , word vir weke ja selfs maande net so gelaat …om maar n paar basiese goed te noem. The proof is in the pudding mense ….. Ek gaan ook verseker die keer DA stem want ek kan die verskil sien.

Lance ·

Nog n ding ….die eiendom pryse het baie meer geklim in die Kaap in vergelyking met JHB of Pta ….spreek boekdele !!!!

Elizabeth ·

Soveel negatiwiteit? Geen wonder ons staan waar ons staan nie! Ek stem DA. Hulke vermag tenminste iets al hiu hul nie die beursie nie. Waarom dan nie Maimane uitdaag om die Afrikaners en boeregemeenskap toe re spreek nie? Dam kan ons hom stenig en vra wat sy motief is? Kom ons doen dit. In elke groot sentra van die land. Ek stuur vir hom ‘n versoek en se ons wil ons vrese besweer he.

Elizabeth ·

Propaganda bereik ook niks. Eintlik het elkeen hul eie agenda. Mense moet opgehef word ook. Ek deel die son met almal maar niemand vat my son nie. Ek laat my nie opsweep nie.

Elizabeth ·

Om te stem vir VF+ of enige ander klein party werk nie want nie eers hulle kan konsensus bereik en koaliesies vorm nie want dit bly ek, ek en ek. DA is die grootste opposisie party en daarom stem ek vir die DA. 5 jaar is ‘n kort tyd tot die volgende verkiesing.

Sam ·

Die punt bly staan dat dit agv van daai 3 miljoen swart stemme ons dalk meer ‘n se kan he. Wit afrikaners wil kla (ek ingesluit) maar ons bind alles aan rasisme nes soos ons die swart mense beskuldig maar ten minste staan hulle saam. As jy jou stem gee vir n party wat wit is omdat hul wit is, is dit tyd dat jy imigreer want ons het nie jou tipe nodig nie. Hou aan julle votes split na die VF+ toe wat ongelukkig nooit eers naby aan 50% regeer in die land sal kom nie. Jou stem op die ou end beteken niks as jy vir die VF+ of enige ander ‘klein’ party stem. Die rasse haat in jou keuse vir wie jy stem is die rede hoekom die ANC altyd in bewind sal bly en die land opneuk. Dit is ook agv wit mense tussens 1948 – 1994 dat ek as ‘n ’84 baba moet sukkel want vir julle was swart mos ‘n siekte en die duiwel. Maar daai duiwel maak dan tog so pragtig jou kinders groot, jou huis skoon en ai kyk net hoe mooi sny die duiwel jou gras. Mens is mens, en daar is goed en sleg in all rasse. Moet jouself nou nie deel maak van die sleg nie. Meerderheid wen..As jy stem vir ‘kleur’ is Jou hart stof, en JY maak ons land stof.

Sarie ·

Snaakse koalisiemaats wat die DA soek. Eers was dit die koning wat daggarook in die Oos-Kaap, toe die dame by wie Zille ‘n soentjie gesteel het en nou lyk dit weer hulle is agter Vavi aan. Sal nie verbaas wees as hulle eerder die EFF met sy rassistiese uitsprake as koalisiemaats wil kies bo die UDM, IFP en VF+ wat hulle te etnies beskou.

lag net ·

Wil dit net onder die DA Christene se aandag bring daar is ‘n groot stuk grond in Valhalla Pretoria vir die Muslims gegee is om ‘n moskee te bou die DA het saam met die ANC gestem om die grond te gee vir die bou van ‘n Moskee

snoefie ·

arms mense in die omgewing sal nooit weer stilte kan geniet nie. dis n geskree feitlik heel dag deur.

Dr. Amari ·

Ek glo en weet daar was nog nooi ‘n party in die verlede en nou waarmee ek heeltemal tevrede was en nou ook is nie. Mense soos ek stem maar vir die party wat jy glo jou die minste skade sal aandoen. ‘n Mens is tog realisties en besef dat jy as van die minste in die land – dit belaglik is dat jy verwag dat daar net aan jou behoeftes voldoen moet word. Probeer soos Flip Buys voorstel dat jy prober om by die groep wat jy by hoort aan te sluit en jul eie kultuur instansies ens. stig. Die Jode dink ek is ‘n goeie voorbeeld – hier by ons was ‘n Joodse seun saam met my kinders in die skool – saam kattekwaad ens. aangevang – toe ons weer hoor is hy ‘n Rabbie in Israel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.