Mmusi Maimane sorg vir groot pret op Twitter

Mmusi Maimane Foto: Twitter

Mmusi Maimane Foto: Twitter

Die Demokratiese Alliansie se nuwe leier, Mmusi Maimane, het Woensdag vir groot pret op Twitter gesorg toe hy aan ʼn vraag-en-antwoordsessie deelgeneem het onder die hutssleutel, #AskMmusi.

Maimane moes bontstaan om enigiets van politiek tot sport tot persoonlik en selfs lawwe vrae te beantwoord tydens die “Twitter-stadsaal”.

Die DA is besig met ʼn groot veldtog om sy ondersteuners die geleentheid te bied om Maimane goed te leer ken nadat hy Sondag by die party se federale kongres in Port Elizabeth aangewys is as leier.

Die hutssleutel, #AskMmusi, was vinnig bo-aan die gewildheidslysie op Twitter, en het daar gebly selfs tot ná die “stadsaal” gesluit het.

Maimane het gesê hy sal graag weer aan só sessie wil deelneem, aangesien dit een van die mees direkte maniere is om met Suid-Afrikaners in gesprek te tree. Sy voorganger, Helen Zille, het ook gereeld op Twitter met haar aanhangers, ondersteuners en teenstanders gekommunikeer.

“Hoekom het die hoender die pad oorgesteek,” wou een gebruiker weet.
“Omdat hy vryheid van beweging het,” het Maimane teruggeskerts.

Op ʼn vraag oor “wit” stemme vir die DA, het hy gesê: “Ons kan nie mobiliseer op grond van ras nie. Ons waardes is vryheid, gelykheid en geleentheid.”

Oor hoe om Eskom te herstel: “Laat onafhanklike kragverskaffers toe sodat ons ons energietoevoer kan diversifiseer. Staak die bonusse en maak Medupi klaar.”


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elfie ·

Ek hou van die laaste paragrawe waar sy antwoorde op vrae gegee is – hy het beslis ‘n sin vir humor en is beslis inteligent! Mnr Maimane en DA bo!

chris ·

O,hier is jy Elfie .
Het jy al daardie verskulletjies gekry tussen jou DA en ANC?Jy moet my help ek kan julle nie as bo sien solank ek onder die “wanindruk”verkeer dat julle beleide feilik dieselfde is nie.Antwoord sommer ook die ander maklike ou vragies.Ek heg die skakel aan as dit jou perdalks ontgaan het.Kom werf nou so paar van ons vir jou party.Anders las ons dalk net ‘n E aan by jou O.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/da-se-nuwe-leiers-aangekondig/#comments

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.