Mnr. en Mej. Suid-Afrika haak die knoop deur

Adriaan Bergh en Melinda Bam. Foto: Twitter

Adriaan Bergh en Melinda Bam. Foto: Twitter

Melinda Bam, voormalige Mej. Suid-Afrika, en Adriaan Bergh, voormalige Mnr. Suid-Afrika, het Saterdag die knoop deurgehaak.

Bam en Bergh het volgens berigte in Johannesburg getrou. Daar is nog nie veel besonderhede of ʼn foto van die glanspaartjie se groot dag nie.

“Die troudag is uiteindelik hier. Dit is ses jaar sedert ek die eerste keer gesê het ek gaan eendag met Melinda Bam trou,” het Bergh Saterdag getwiet.

Bergh het Bam in November verlede jaar tydens ʼn vakansie in Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate die jawoord gevra.

Bergh en Bam was in 2011 Mnr. en Mej. Suid-Afrika en is sedert 2012 ʼn paartjie.

Lees ook:
Mnr. en Mej. Suid-Afrika is verloof

Die trou uitnodiging. Foto: Facebook

Die trou uitnodiging. Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.