‘Moddergooiery oor Gordhan en Valke moet einde kry’

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Die voortgesette openbare twis tussen die Valke en die minister van finansies, Pravin Gordhan, veroorsaak verwarring onder Suid-Afrikaners en moet ophou, het die ANC gesê.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê die ANC het vertroue in Gordhan en die tesourie. Hy het Gordhan en die tesourie egter gewaarsku om nie ʼn “openbare postuur” aan te neem wat voorkom om hulle te isoleer van die res van die regering en soos slagoffers laat lyk wat deur die samelewing beskerm moet word nie.

“Die Valke moet toegelaat word om hulle werk te doen en ondersoek in te stel maar dit moet nie die onderwerp van koerantopskrifte wees nie,” het Mantashe aan verslaggewers gesê ná afloop van ʼn vergadering van die ANC se nasionale werkkomitee.

“Ons sê nie Gordhan moet onaantasbaar wees nie, maar dit is vernederend vir die minister as daar 27 vrae aan hom gestuur word en ʼn brief daarna wat hom ontbied.”

Mantashe het die Umkhonto we Sizwe- militêre veterane, wat Gordhan gekritiseer het omdat hy nie by die Valke aangemeld het nie, versoek om hulself te distansieer van die saak. “Ons doen ʼn beroep op al die ANC se strukture om nie betrokke te raak nie aangesien dit die persepsie skep van ʼn polities gemotiveerde vervolging.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Rooijan

Nee wat mnr Mantashe is verkeerd daar is nie ń persepsie van politieke vervolging nie dit is n feit. Hierdie saak het skielik weer opgevlam nadat Zuma verplig was om Gordhan aan te stel. Tom Moyane wat self onder ń wolk van korrupsie verkeer agv sy tyd by die dpt korrektiewe dienste blaas dit aan namens Zuma en die skelms wat hierdie eenheid vervolg het. En die man wat klaar in ń hof as nie geskik vir sy pos bevind is deur ń regter (ń swart regter so dit was nie rassistiese wit regter nie) doen die vuilwerk as hoof… Lees meer »

M A

Hierdie mense is staatsamptenare wat betaal word met ons belastinggeld. Ons wil weet wat aangaan. Moenie nou probeer om alles stil te hou nie. Mnr Gwede, daar was n tyd toe jy n wyse man was maar nou kom daar net seniele opmerkings van jou.

Sara

Moenie nou kla nie dis nog altyd die ANC se manier van regeer. Skep verwarring dan weet niemand wat gaan vir wat. Is daar nie ‘ n manier hoe ek my belasting kan weer hou tot die regering tot sy sinne gekom het nie?

Jan maak n Plan

Die ANC se oplossing vir hierdie probleem is eintlik vreeslik maklik. Raak net dadelik van Zuma ontslae en hierdie storie tussen min. Gordhan en die Mossies sal dan dadelik verdwyn.

Johann

Hahaha. “Persepsie skep….?” Asb. Dis n bevestigde feit.