‘Moddergooiery oor Gordhan en Valke moet einde kry’

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Die voortgesette openbare twis tussen die Valke en die minister van finansies, Pravin Gordhan, veroorsaak verwarring onder Suid-Afrikaners en moet ophou, het die ANC gesê.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê die ANC het vertroue in Gordhan en die tesourie. Hy het Gordhan en die tesourie egter gewaarsku om nie ʼn “openbare postuur” aan te neem wat voorkom om hulle te isoleer van die res van die regering en soos slagoffers laat lyk wat deur die samelewing beskerm moet word nie.

“Die Valke moet toegelaat word om hulle werk te doen en ondersoek in te stel maar dit moet nie die onderwerp van koerantopskrifte wees nie,” het Mantashe aan verslaggewers gesê ná afloop van ʼn vergadering van die ANC se nasionale werkkomitee.

“Ons sê nie Gordhan moet onaantasbaar wees nie, maar dit is vernederend vir die minister as daar 27 vrae aan hom gestuur word en ʼn brief daarna wat hom ontbied.”

Mantashe het die Umkhonto we Sizwe- militêre veterane, wat Gordhan gekritiseer het omdat hy nie by die Valke aangemeld het nie, versoek om hulself te distansieer van die saak. “Ons doen ʼn beroep op al die ANC se strukture om nie betrokke te raak nie aangesien dit die persepsie skep van ʼn polities gemotiveerde vervolging.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Rooijan ·

Nee wat mnr Mantashe is verkeerd daar is nie ń persepsie van politieke vervolging nie dit is n feit. Hierdie saak het skielik weer opgevlam nadat Zuma verplig was om Gordhan aan te stel. Tom Moyane wat self onder ń wolk van korrupsie verkeer agv sy tyd by die dpt korrektiewe dienste blaas dit aan namens Zuma en die skelms wat hierdie eenheid vervolg het. En die man wat klaar in ń hof as nie geskik vir sy pos bevind is deur ń regter (ń swart regter so dit was nie rassistiese wit regter nie) doen die vuilwerk as hoof van die valke. En dan gaan Zuma se handperd by die NVG seker maak hy kla vir Gordhan aan en siedaar weg is die minister van finansies.

M A ·

Hierdie mense is staatsamptenare wat betaal word met ons belastinggeld. Ons wil weet wat aangaan. Moenie nou probeer om alles stil te hou nie. Mnr Gwede, daar was n tyd toe jy n wyse man was maar nou kom daar net seniele opmerkings van jou.

Sara ·

Moenie nou kla nie dis nog altyd die ANC se manier van regeer. Skep verwarring dan weet niemand wat gaan vir wat. Is daar nie ‘ n manier hoe ek my belasting kan weer hou tot die regering tot sy sinne gekom het nie?

Jan maak n Plan ·

Die ANC se oplossing vir hierdie probleem is eintlik vreeslik maklik. Raak net dadelik van Zuma ontslae en hierdie storie tussen min. Gordhan en die Mossies sal dan dadelik verdwyn.

Johann ·

Hahaha. “Persepsie skep….?” Asb. Dis n bevestigde feit.

lynette ·

Los vir Minister Gordhan uit. Hy het bewys dat hy weet wat hy doen en vertrou kan word, wat baie meer is as wat van zuma en sy kabinet gese kan word.

Alida ·

Lynette, stem 100% saam met jou. Hulle is baie baie bang vir Mnr Gordhan. Los hom uit dat hy die vrot eiers uitkrap. Hy weet wat hy doen.

emo ·

ek glo nie die anc groot koppe gee om oor die land en ekononie nie hul wil hulself nou net verryk en alles uitweg ruim wat hul verhinder om by mekaar te maak hul pension dae is naby

Hasie ·

Die ANC maak Suid Afrika se naam gat. Zuma aan die voorpunt.

Johann ·

Ergste is die enorme skade wat ZUMAGTE WEER aan ons ekonomie doen. Nog erger die feit dat hulle of totaal domastrant onbewus is van die impak, of net nie n zir omgee vir wat hulle selfsugtige magbeheptheit tot gevolg het nie.

Klong ·

Zumta en kie het begin met die storie ( media laat uitlek ) om die publiek voor te berei op wat kom . Gordan wat hulle taktiek ken veg maar net terug teen die looters

Alida ·

Zumpie & Kie hou NIKS van Mnr Gordhan nie – hoekom nie? Want hy hou die geldkrane styftoe en beskerm dit met ‘n valkoog. Mooi so Mnr Gordhan hou so aan.

Rynhardt ·

Verstommend hoe die Anc publiek speel van hoe kamstig besorg hy oor Prabin Gordhan is, terwyl messe geslyp word vir hom.Eers is Ramaphosa (dit is hy wat geheime vergadering met Chinese ontken) en dan weer Gwede Mantashe wat skieluk besorg is oor Pravin, terwyl Gordhan se vrou reeds erken het:”Zuma het my man in die rug gesteek!”.Of Gordhan bly of gly maak nie saak nie, want Anc het ekonomie vernietig, en dit word hewig ontken! Dit maak nie verder saak wie die Anc as spreker gebruik nie, die regering het geen loofwaardigheid nie! Anc speel met land en mense se toekoms! Net sy eie ondersteuners glo nog in hom.Om te verwag dat die Anc SA na goue status te neem, is soos om vir speurder Kojak (hy is bles) n kam te gee, en te se:”Kam jou hare”.

Kobus ·

Gaan Google en lees gerus die stuk; “Gordhan is vindicating the law by ignoring the Hawks” wat vandag op Independent Online verskyn. Dit is geskryf deur Cathleen Powel wat ‘n senior lektor aan die regsfakuteit van Ikeys is. Dit is ‘n baie interessante stuk en gee nogal baie insig in wat besig is om te gebeur.

In kort, die Hawks tree onregmatig op.

Alida ·

Mnr Gordhan is lank genoeg in die parlement en lid van die ANC om te weet hoe agterbaks en skelm hulle is. Hy gaan nêrens heen nie en sal ons land red van totale ondergang. Kom ons vertrou hom. Hy het in Desember 2015 bewys waartoe hy in staat is en sal dit weer doen.

Kobus ·

Plesier Lynette, mens moet maar op hoogte bly om die intriges te verstaan, hier is nou ‘n geroei en gestoei onder mekaar, dan lees mens ook van Denel die SAL, Eskom en die Kernkragsentrales wat Zuma wil laat bou, die uraan beweer Adriaan Basson op News24, sal deur die Guptas en Zuma se seun verskaf word. Dit is net hartseer om al die nonsies en geknoei te lees. Dan lees mens Leopold Scholtz se artikel hier op Maroela oor die ANC se vergrype en strafkampe, dan besef mens hulle kan nie anders nie, dit is nou die ANC, daardie korrupsie in in hulle ingewortel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.