Modelagentskap-baas se eksvrou getuig oor eksplisiete foto’s

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers (35), die modelagentskap-eienaar van Kemptonpark wat teregstaan op aanklagte van verkragting en kinderpornografie, se voormalige vrou het in 2009 eksplisiete foto’s van een van sy beweerde slagoffers op sy rekenaar ontdek.

Die twee se huwelik is beëindig in dieselfde jaar wat sy die foto’s ontdek het. Hulle het twee kinders. “Ek het die foto’s in Maart 2009 ontdek,” het die vrou Donderdag aan die Johannesburgse hooggeregshof gesê. “In sommige van die foto’s was die vrou halfkaal, ander was baie eksplisiet en daar was sommige waar sy heeltemal kaal was.”

Arveena Persad, die staatsaanklaer, het haar gevra wat sy gedoen het nadat sy die foto’s ontdek het. Die vrou het gesê sy het dit aan die vrou in die foto’s gestuur. Die foto’s was onder die vrou se naam gestoor. “Ek het haar e-posadres gekry en dit vir haar gestuur. Ek wou weet wat aangaan.” Sy het gesê die foto’s is in haar en De Villiers se slaapkamer geneem.

Volgens die staat is die vrou in die foto’s glo deur De Villiers seksueel aangerand toe hy homself in Januarie 2009 in Bryanston teen haar kaal liggaam gedruk het. Sy was 21 jaar oud ten tyde van die voorval. Die staat beweer verder dat De Villiers haar gedwing het om haar klere uit te trek en naakfoto’s van haar te laat neem. Hy het glo gedreig om haar dood te maak.

De Villiers se eksvrou het gesê sy het ʼn boodskap van die vrou in die foto’s ontvang waarin sy gesê het De Villiers het haar gedwing om die foto’s te laat neem. “Sy het gesê sy wou nie die foto’s laat neem nie en het baie skaam gekry omdat ek dit gesien het.”

Sy vertel dat sy De Villiers in ʼn e-pos oor die foto’s gekonfronteer het. Hy was baie ontsteld en het alles ontken wat die vrou gesê het. Hy het ook gedreig om haar dood te maak.

Sy het De Villiers se antwoord aan haar in die hof voorgelees. “Ek gaan nie na sulke leuens van so ʼn slet en h**r luister nie. Sê sy ek het haar gedwing om so te poseer? Wow… ek sal daai slet vermoor, glo my.”

De Villiers staan tereg op 38 aanklagte, onder meer verkragting, seksuele aanranding, die besit van kinderpornografie, meineed en bedrog. Die verhoor gaan voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ben ☺☺☺ ·

sit my kommentaar terug, of laat weet my wat verkeerd is daarin

lorayne ·

Ek deel nie graag meer my mening hier nie Ben . . .
dit word verwyder sonder rede!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.