Modelagentskap se baas in hof vir beweerde verkragting, kinderporno

Dawie de Villiers Maandag in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers Maandag in die hof. Foto: ANA

Die baas van ʼn bekende Suid-Afrikaanse modelagentskap het Maandag in die hooggeregshof in Palm Ridge skuld ontken op aanklagte van verkragting, die besit van kinderpornografie, bedrog en intimidasie

Arveena Persad, die staatsaanklaer, het die lys van 38 aanklagte waarop Dawie de Villiers (35) teregstaan in die hof voorgelees. De Villiers het baie selfversekerd in die beskuldigdebank voorgekom en het ʼn bandopnemer saamgebring wat hy gedurende die verrigtinge voor hom neergesit het.

De Villiers, ʼn inwoner van Kemptonpark aan die Oos-Rand, is die eienaar van Model South Africa.

Hy word onder meeer daarvan beskuldig dat hy ʼn 14-jarige meisie in 2011 in Rustenburg seksueel aangerand het. In dieselfde jaar het hy na bewering ʼn 15-jarige meisie van Kemptonpark verkrag. Persad het aangevoer dat De Villiers die meisie voorberei het deur haar te vra om foto’s van haar geslagsdele aan hom te stuur en met hom in ʼn verhouding te wees.

Nog ʼn aanklag teen De Villiers hou verband met ʼn voorval tussen 2006 en 2007 in Alberton toe hy glo ʼn volwasse vrou seksueel aangerand het. Hy het ook na bewering in 2008 SMS-boodskappe aan ʼn minderjarige gestuur waarin hy eksplisiete seksuele versoeke aan haar rig.

Van die 38 aanklagte is 11 vir bedrog en diefstal van meer as R200 000. Die saak sal Woensdag hervat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ben ☺☺☺

O hy het vir hom `n lekker sak excreta bymekaar gemaak – 38 vals klaagsters – ha ha…

Eliza-beth

Ma’s PAS OP vir die sg modelwerwingsmense en modelbase! Hulle smeer die ma en kinders heuning om die mond en vertel hoe beroemd die kind gaan word en die ma sien net dollar signs. Intussen… so, wees BAIE, baie versigtig! Ek het al vieslike stories gehoor. Geld en roem is nie alles, almal is nie ‘n tweede Candice Swanepoel of Elbe van der Merwe of Charlize Theron of wie ookal nie, moenie alles glo wat die tipe jakkals julle wysmaak nie. Wees te ALLE tye daar IN die klas en maak seker jou kind vertel jou elke liewe ding wat… Lees meer »

Piet Pompies

My dogters het jare gelede ook modelwerk gedoen as kinders, gedurende byeenkomste is slegs een gekende persoon op die perseel toegelaat om foto’s te neem, reeds om sulke wandade te voorkom. Vandag is ek dankbaar dat die eienaar van die agentskap so streng was omtrent foto’s neem. Vir die oortreder in die berig, vat jou straf.

ANTI-MODEL

Watter 14jarige chat met n in sy dertigs man en stuur fotos van haar geslagsdele aan hom? Nee wat dis ook maar vroeg ryp vroeg vrot dogtertjies wat van kleins af n voorbeeld erens gesien het. Ek sal as ma in die eerste plek nie my kind as n model probeer grootmaak of aan daardie tipe wereld probeer bekendstel nie. Ek stuur hul eerder vir musiek lesse of dalk kinder kookklasse as om hulle van kleins af te probeer ryp druk met grimering en haakskoentjies.

GES

ANTI-MODEL, ek deel jou sentimente. Hierdie is vir die volwassewêreld. ‘n Pragtige niggetjie van my se lewe is verwoes met modelwerk. Sy worstel vandag met dwelmverslawing ens. ens. My persoonlike mening is, hou kinders weg van dit. Die risiko is net eenvoudig te groot.