Modelagentskap se baas in hof vir beweerde verkragting, kinderporno

Dawie de Villiers Maandag in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers Maandag in die hof. Foto: ANA

Die baas van ʼn bekende Suid-Afrikaanse modelagentskap het Maandag in die hooggeregshof in Palm Ridge skuld ontken op aanklagte van verkragting, die besit van kinderpornografie, bedrog en intimidasie

Arveena Persad, die staatsaanklaer, het die lys van 38 aanklagte waarop Dawie de Villiers (35) teregstaan in die hof voorgelees. De Villiers het baie selfversekerd in die beskuldigdebank voorgekom en het ʼn bandopnemer saamgebring wat hy gedurende die verrigtinge voor hom neergesit het.

De Villiers, ʼn inwoner van Kemptonpark aan die Oos-Rand, is die eienaar van Model South Africa.

Hy word onder meeer daarvan beskuldig dat hy ʼn 14-jarige meisie in 2011 in Rustenburg seksueel aangerand het. In dieselfde jaar het hy na bewering ʼn 15-jarige meisie van Kemptonpark verkrag. Persad het aangevoer dat De Villiers die meisie voorberei het deur haar te vra om foto’s van haar geslagsdele aan hom te stuur en met hom in ʼn verhouding te wees.

Nog ʼn aanklag teen De Villiers hou verband met ʼn voorval tussen 2006 en 2007 in Alberton toe hy glo ʼn volwasse vrou seksueel aangerand het. Hy het ook na bewering in 2008 SMS-boodskappe aan ʼn minderjarige gestuur waarin hy eksplisiete seksuele versoeke aan haar rig.

Van die 38 aanklagte is 11 vir bedrog en diefstal van meer as R200 000. Die saak sal Woensdag hervat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ben ☺☺☺ ·

O hy het vir hom `n lekker sak excreta bymekaar gemaak – 38 vals klaagsters – ha ha…

Eliza-beth ·

Ma’s PAS OP vir die sg modelwerwingsmense en modelbase! Hulle smeer die ma en kinders heuning om die mond en vertel hoe beroemd die kind gaan word en die ma sien net dollar signs. Intussen… so, wees BAIE, baie versigtig! Ek het al vieslike stories gehoor. Geld en roem is nie alles, almal is nie ‘n tweede Candice Swanepoel of Elbe van der Merwe of Charlize Theron of wie ookal nie, moenie alles glo wat die tipe jakkals julle wysmaak nie. Wees te ALLE tye daar IN die klas en maak seker jou kind vertel jou elke liewe ding wat gebeur as jy nie daar is nie. Maak hul ook paraat deur hulle mooi te vertel hoe pedofiele werk en hul nie moet skrik vir bangmaakstories soos “ek gaan jou en jou ouers kom vermoor as jy iemand vertel…” Hulle moet jou enigiets enige tyd kom vertel en LUISTER as hul wil praat.

Piet Pompies ·

My dogters het jare gelede ook modelwerk gedoen as kinders, gedurende byeenkomste is slegs een gekende persoon op die perseel toegelaat om foto’s te neem, reeds om sulke wandade te voorkom. Vandag is ek dankbaar dat die eienaar van die agentskap so streng was omtrent foto’s neem. Vir die oortreder in die berig, vat jou straf.

ANTI-MODEL ·

Watter 14jarige chat met n in sy dertigs man en stuur fotos van haar geslagsdele aan hom? Nee wat dis ook maar vroeg ryp vroeg vrot dogtertjies wat van kleins af n voorbeeld erens gesien het. Ek sal as ma in die eerste plek nie my kind as n model probeer grootmaak of aan daardie tipe wereld probeer bekendstel nie. Ek stuur hul eerder vir musiek lesse of dalk kinder kookklasse as om hulle van kleins af te probeer ryp druk met grimering en haakskoentjies.

Ruby ·

@ANTI-MODEL: Ek stem nie saam met jou redenasie nie. Dalk het sy dit gedoen om meer raak gesien te word as die ander meisies, wie weet. Die voorbeeld wat sy gesien het……haar ma weet dalk van niks of wie beledig jy?

En nee, ek het nie ‘n dogter in die mode bedryf nie, maar sou sy daarin belang gestel het, sou ek haar ondersteun het. Nie alle kinders het dieselfde belangstelling.

PS: Meisies kan by musiek lesse en kookklasse ook gemolesteer word.

GES ·

ANTI-MODEL, ek deel jou sentimente. Hierdie is vir die volwassewêreld. ‘n Pragtige niggetjie van my se lewe is verwoes met modelwerk. Sy worstel vandag met dwelmverslawing ens. ens. My persoonlike mening is, hou kinders weg van dit. Die risiko is net eenvoudig te groot.

neelsie ·

So n elektriese skokkie op die regte plekkie sal di outjie gou regruk!!

Ex-meisie van 'n fotograaf ·

Ek was in my studente-jare ook ‘n model en het vir ‘n paar jaar met ‘n fotograaf uitgegaan. Hy was (en is steeds) een van die gewildste fotograwe in SA en almal praat net met lof van hom. Hy gee voor om baie skaam en teruggetrokke te wees, en so laat hy meisies op ‘n manier gemaklik voel om hulle klere voor hom uit te trek, want hulle dink hy stel nie belang nie en dat hy net sy “werk” doen om hulle af te neem. Ek het self daarvoor geval. Tot op ‘n dag wat ek besluit het om sy smse te lees omdat ek onraad vermoed het, toe maak ek ‘n hele blik wurms oop. Die mees perverse boodskappe wat jy jouself kan voorstel, ek wou siek word. Hy en sy vriende (sommiges ook fotograwe) stuur vir mekaar die modelle se “behind the scenes” fotos en bespreek dit in detail (dit sluit in fotos van modelle se geslagsdele wat per ongeluk tydens die fotosessie uitsteek – ja, dit kan gebeur sonder dat die model dit besef). Ek het dadelik die verhouding verbreek. Snaaks genoeg, niemand het my geglo toe ek hulle vertel hoe siek hy in sy kop is nie, almal glo steeds hy is die sjarmante (tog skaam en teruggetrokke) man wat sulke pragtige fotos van modelle neem en nooit so iets sal doen nie. Ek weet alle fotograwe is nie so nie, maar ek het groot genoeg geskrik om my totaal uit die bedryf te onttrek. Ek laat my nie meer vertel ‘n fotograaf kyk net na die beligting wanneer hy ‘n half kaal meisie afneem nie. Dis nie ‘net kuns’ nie, dis pervers, Punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.