Modelbaas eers dan gevonnis

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers, ʼn modelagentskapbaas van Kempton Park wat verlede maand skuldig bevind is aan onder meer verkragting en die blootstelling van kinders aan pornografie, word eers later vanjaar gevonnis.

Hy het Vrydag weer in die hooggeregshof in Johannesburg verskyn en sy saak is uitgestel tot 24 Mei, wanneer voorvonnisverrigtinge na verwagting sal begin. Regter Cassim Moosa het versoek dat die private voorvonnisverslag teen 22 Mei aan die staat oorhandig word. Die staatsaanklaer het aangedui sy wil ʼn onafhanklike kenner kry om dit na te gaan.

De Villiers het tydens sy vorige verskyning aangedui hy het drie maande nodig om genoeg geld in te samel vir die voorvonnisverrigtinge.

De Villiers, die stigter van Modelling South Africa, is verlede maand skuldig bevind aan verkragting, seksuele aanranding, seksuele gereedmaking, bedrog, die blootstelling van kinders aan pornografie en besit van kinderpornografie. Sy borgtog is verleng, maar die borgtogbedrag is met R5 000 verhoog tot R15 000.

Hy het op 38 aanklagte van onder meer verkragting, seksuele aanranding, die besit van kinderpornografie, meineed en bedrog tereg gestaan. Hy is skuldig bevind op 32 van die aanklagte.

Lees alle vorige berigte oor Dawie de Villiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ek is verstom ·

Ek is verstom, nee stom, hoe de hel gebeur dit. Jy word skuldig bevind en dan vra jy om jou vonnis uit te stel om genoeg geld bymekaar te kry, nonsens man, die skade wat die siek krimineel aan vroue gedoen het, kan nooit uit hul geheue uit gevee word nie, hy kan salig by die huis sit en gou nog bietjie porno maak. Regter, sorry met alle respek, dink jy werklik dat hierdie man al hierdie regte mag geniet, terwyl hoeveel mense (32 skuldig beinde klagtes waarop jy hom skuldig bevind het) nie die reg gehad het om teen sy siek speletjies utistel of afstel te vra nie. Werklik gaan dink bietjie oor wat julle doen, julle help kriminele om elke hoek en draai. Wat gaan jy doen as dit na jou dogter of klein dogter kom. Hierdie man is baie siek en hoort in issolasie.

Voorlaaier ·

Ek vermoed di outjie gaan die pad vat!….Hy speel vir tyd om sy dinge te beplan…

jj ·

ek voel net as iemand so iets kan doen kan hy net so well betrokke wees by die 270000 kinders wat jaarliks verkoop word in mense handle. dit is reg hy moet geen reg he vir enige iets nie net die reg om sy bek te hou en in die sel te sit vir lewenslank plus 10 jaar

Carolyn Botha ·

This man is busy threatening people to pay him money for so-called modelling contracts which he clearly has no intention of ever fulfilling. I have emails he sent to parents threatening to hand them over but refuses to give them the original photos he took.

This crock should be locked up and the key thrown away. He should also have his Facebook pages immediately removed as he is still looking for more victims.

bekkie ·

sooo bly ek 2009/2010 nie aan gesluit by dai monster nie.. kan hom self nie eers n man noem ni!!!

Rerig!!! ·

Ek het na sy fb blad gaan kyk, hy is NA die eerste klagtes teen hom saam sy kinders Des see toe?? Hoe de hel gebeur dit? As mens so na die foto’s kyk kan mens nie help om te sien dat hy geen berou toon nie. Hoeveel kinders moet nou nog deur sy slymerige hande verniel word voor hy uiteindelik in die tronk is. Dis ‘n siekte wat nooit einde het nie….! Sluit hom toe voor daar nog meer skade is…, terwyl hy so vry rondloop, is hy ‘n gevaar vir die samelewing my hart gaan uit na die slagoffers, en hul ouers… Woorde wat ek hom wil noem mag ek ongelukkig nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.