Modelbaas gaan hoor oor ‘lang uitstel’ vir hofsaak

Dawie de Villiers tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers, die man wat reeds in Februarie skuldig bevind is op aanklagte van onder meer verkragting, seksuele aanranding, bedrog en blootstelling van kinders aan pornografie, sal Vrydag weer in die Gautengse hooggeregshof verskyn.

De Villiers sal na verwagting Vrydag hoor of die uitstel vir sy hofsaak, wat op 5 Oktober deur sy regspan aangevra is, goedgekeur word.

Adv. Riaan Greyling (vir De Villiers) het die hof vroeër versoek om die saak tot 22 Januarie 2018 uit te stel aangesien die proefbeampte met borskanker gediagnoseer is.

De Villiers is ʼn Johannesburgse modelagentskapbaas en stigter van Modelling South Africa.

Staatsaanklaer Arveena Persad het gesê daar was ʼn misverstand waarom die saak nie op 5 Oktober kon voortgaan nie. Die saak is tot 13 Oktober uitgestel vir regter Cassim Moosa om ʼn beslissing te maak of hy die lang uitstel sal goedkeur.

De Villiers se borgtog van R15 000 is verleng.

Lees alle vorige berigte oor Dawie de Villiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ongelooflik ·

Ongelooflik hoe party mense dit net eenvoudig regkry om die regstelsel te manipuleer, dit is nie in belang van geregtigheid nie, sy slagoffers het nie eens 1 kans gekry nie, hy is skuldig bevind en met al die loopholes in die stelsel is daar nie ‘n manier dat hy nie skuldig is nie, soooo hoe kry hy dit reg en hoe regverdig is dit teenoor die slagoffers, hoe regverdig is dit teenoor enige persoon naby hom, hy is boos en hy kan dit weer doen, ek hoop regtig vir almal wat hom soveel kanse gegee het, dat hy nie nog mense onsedelik aangerand of afgeneem het nie, dit is dan op jul gewete.

Luister ·

Ek wonder hoekom daar weer ‘n hofsaak moet wees, as hy reeds skuldig bevind is?
Het al gesien dat skuldigbevindes in boeie weggeneem word. Dit is tog net vonnisoplegging wat nog moet plaasvind. Of dalk appèl?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.