Modelbaas ‘gepaste kandidaat vir korrektiewe toesig’

Dawie de Villiers tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: ANA

ʼn Beampte van korrektiewe dienste wat Woensdag getuig het in die voorvonnisverrigtinge van modelbaas Dawie De Villiers het gesê hy voel De Villiers is ʼn gepaste kandidaat vir korrektiewe toesig.

Een van die redes wat hy aangevoer het, is dat De Villiers ʼn vaste adres het.

Nape Maphitsa, ʼn beampte van korrektiewe dienste, het aan die Suid-Gautengse hooggeregshof gesê hy is deur “adv. Marius” van die verdediging, asook die maatskaplike werker [Carina Wolmarans] genader om in die hof te kom getuig.

Maphitsa het gesê hy het De Villiers in Januarie vir ʼn onderhoud ontmoet waar hy gehoor het De Villiers bly by sy vrou Monique.

Hy het toegegee dat hy nie persoonlik De Villiers se adres nagegaan het nie, al het hy die verslag saamgestel.

De Villiers, stigterslid van Modelling South Africa, is in Februarie verlede jaar skuldig bevind op aanklagte van verkragting, seksuele aanranding, bedrog, dat hy kinders aan pornografie blootgestel het en toegang gehad het tot kinderpornografie.

Volgens Maphitsa het die vorige adres wat De Villiers verskaf het na ʼn studio gelei wat nie maklik toeganklik was nie. Hy het toegegee dat, sou De Villiers korrektiewe toesig ontvang, al sy besonderhede geverifieer sou moet word vir hom om gemonitor te kan word.

“Hy het gesê hy werk vir homself en bestuur ʼn modelagentskap – op die oomblik kan ek nie vir jou sê waar dit is nie. Dit maak nie saak of De Villiers huur of ʼn eienaar is nie, solank as wat daar iemand is wat teken dat die beskuldigde by daardie adres gaan woon,” het Maphitsa gesê toe staatsaanklaer Arveena Persad dit aan hom stel dat dit belangrik is om vas te stel of De Villiers die plek wat hy as sy adres gegee het besit of huur.

Maphitsa het gesê as De Villiers korrektiewe toesig ontvang, sal hy vier keer per maand besoek word en drie keer ʼn maand by die polisiekantoor moet aanmeld. Hy het bygevoeg dat De Villiers toegelaat sou kon word om te werk, maar die polisie in kennis sal moet stel van sy werksure asook enige verbreking van die voorwaardes.

Adv. Marius Wyngaardt, vir die verdediging, het gesê hul finale getuie sal De Villiers wees.

Die saak het uitgestel tot Donderdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

So verkeerd ·

So verkeerd, bepleit korrektiewe toesig en bevestig vaste adres, maar toets nie eens vaste adres. Die hof kan nie op hoorsê gaan nie. Dit sal ‘n bitter en hartseer dag vir vroue regte wees en dan die basiese reg om as jong dogter op te groei sonder om bloot gestel te word aan pornografie of dade nie……. dan nog verkragting etc……Ons as vroue sal moet saamstaan, ons moet ons dogters beskerm, hul is die vroue van more. Watter arrogansie om sowaar na alles nog uit die tronk te probeer bly …

Tammy ·

Nee oe nee, as ek sommer namens die publiek kan praat . Nee ons soek GEREGTIGHEID, moenie ons probeer paai met enige ander voorstelle nie. Die straf en die daad moet balanseer en KLAAR> GEREGTIGHEID GEREGTIGHEID

Jaco Kruger ·

Korrektiewe toesig vir daai skuldigbevinding klink bietjie te sag. Sy slagoffers dien ‘n baie swaarder vonnis uit.

Tammy ·

Ons soek GEREGTIGHEID en klaar. Hy kan en mag nie met korrektiewe toesig wegkom nie.
Nee Nee Nee straf hom toepaslik vir die aanklag en oortreding. Watse nonsies is dit om hom te beskerm? Shame hy is n volwassene en moet dienooreenkomstig optree en volgens sy optrede gestraf of vergoed word!!!!!!

Zoro ·

Die Suid – Afrikaanse regstelsel is Hoogs Grieks – die beampte wat moet toe sien dat rehablitasie moet plaas vind pleit dat dit nie moet gebeur nie . Met sulke ernstige klagtes agnee wat gee daai beampte n bottel Bell’s hy’s baie goeie beskermings here. Terwyl Papa wag op verskeers oortreeders in die tronk.

Andre ·

Wonder hoeveel is die beampte betaal om hierdie bog prentjie in die Hof te kom skets. De Villiers moet tronk toe – baie lank – uit en gedaan!

Hs ·

Maroela media moet eerder die volle storie vertel eerder as om slegs oor sekere dele berig te doen. ‘n Korrektiewe verslag het slegs ten doen om vas te stel of die persoon wat gevonnis moet word gemonitor kan word. Die feit dat hy geskik is vir korrektiewe toesig beteken nie noodwendig dat dit ñ gepaste opsie is vir vonnis nie.

Elsa ·

Ek het nie die saak gevolg nie, maar ek dink eerlikwaar nie korrektiewe toesig kan eens ‘n opsie wees waar verkragting ter sprake is nie. Ander verkragters het dan al lewenslange vonnissie gekry en tronkstraf klink vir my beslis meer regverdig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.