Modelbaas hoor dalk vandag sy lot

Dawie de Villiers in die hof Foto: ANA

Dawie de Villiers, die hoof van ʼn modelagentskap in Kempton Park wat skuldig bevind is op aanklagte van onder meer verkragting, seksuele aanranding, bedrog en dat hy kinders aan pornografie blootgestel het, sal na verwagting Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis word.

De Villiers, stigter van Modelling South Africa, se vonnisoplegging sloer al sedert 8 Maart nadat hy op 8 Februarie op 32 aanklagte skuldig bevind is vir dade wat hy sedert 2011 gepleeg het.

Sy laaste hofverskyning was op 27 Junie waarna sy vonnisoplegging vier keer uitgestel is. Dit volg nadat De Villiers ʼn nuwe regspan aangewys het en die transkripsies van vorige sake nie gereed was nie.

Regter Cassim Moosa het gelas die transkripsies moet by Maandag se hofverskyning gereed wees.

Lees alle vorige berigte oor Dawie de Villiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jou beurt is jou beurt ! ·

So het hierdie “modelbaas” ons ook gevang met R13,000-00 twee jaar gelede ! Slim vang sy baas David. Die wiel draai in die lewe !

A. Mac ·

Dit gaan net my verstand te bowe dat in vandag se tyd daar nog steeds mense is wat dink dat hulle met hulle gedrag kan wegkom. En ek is seker hy is nie die enigste nie, daar is honderde daar buite wat nog nie gevang is nie. Net jammer dat die kinders wat onder sy hande deurgeloop het die res van hul lewens met die sielkundige letsels gaan sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.