Die uitspraak teen die Johannesburgse modelagentskapbaas Dawie de Villiers, is Woensdag in die hooggeregshofsitting in Palm Ridge uitgestel.
De Villiers staan tereg op verskeie aanklagte wat verkragting, seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie insluit.
Hy het skuld ontken op alle aanklagte.
Regter Cassim Moosa het aan De Villiers gesê hy het vroeër versoek dat hy in kennis gestel moet word dat die saak uitgestel gaan word, en dat sy regspan die verrigtinge namens hom kon bywoon.
De Villiers se borgtog is verleng.
Die saak is tot 14 Desember uitgestel.
Lees alle vorige berigte oor Dawie de Villiers op Maroela Media.