Modelbaas hoor sy lot oor seksklagtes

Dawie de Villiers in die hof Foto: ANA

Dawie de Villiers in die hof Foto: ANA

Dawie de Villiers, die Johannesburgse modelagentskapbaas wat tereg staan op verskeie aanklagte wat verkragting, seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie insluit, sal na verwagting Woensdag in hooggeregshof in Palm Ridge hoor of hy skuldig is.

Slotbetoë in die voortslepende verhoor is op 28 September in dié hof aangehoor waar De Villiers, stigterslid van Modelling South Africa, tereg staan op aanklag van verkragting, seksuele aanranding, onsedelike aanranding, die besit van kinderpornografie, bedrog en diefstal. Die aanklagte dateer uit 2010.

Hy staan ook tereg op ʼn aanklag van intimidasie ná ʼn e-pos waarin hy gesê het hy sal sy klaagster doodmaak.

Adv. Jacques Pienaar, vir De Villiers, het tydens die verhoor gesê die woorde in die e-posgesprek tussen sy kliënt en Yolande Smit, met wie die beskuldigde ses jaar lank in ʼn verhouding was, was bloot ʼn “woede-reaksie op die bewerings van seksuele aanranding wat een van die voornemende modelle gemaak het”.

De Villiers het in die e-pos gesê hy sal een van die meisies vermoor wat hom van seksuele aanranding beskuldig het.

Pienaar het Smit na die getuiebank geroep om die bewering te staaf dat die inhoud van die e-pos niks meer was as iemand wat uit woede gepraat het nie. Smit het gesê De Villiers het slegs gesê hy sal sy klaagster doodmaak, omdat hy kwaad was dat sy die meisie gekontak het en dat sy gesê het hy het homself aan haar opgedwing.

“Hy het nie bedoel hy sal dit fisiek doen nie,” het Smit getuig.

Die klaagster het gesê sy kan nie onthou of sy die e-pos na die meisie aangestuur het oor wie hulle in die e-pos gepraat het nie.

Die staat het gesê daar is genoeg bewyse om die voormalige modelagentskapbaas skuldig te bevind gegewe die getal mense wat teen hom getuig het.

De Villiers ontken al die bewerings en hou vol sy klaagsters sweer saam teen hom.

Regter Cassim Moosa het ná die staat en verdediging se slotbetoë die saak tot 30 November uitgestel wanneer hy sy uitspraak sal lewer.

Lees alle vorige berigte oor Dawie de Villiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jaco ·

dis een van modelle se oudste “tricks” as hulle nie die jobs, fotosessies, lucrative kontrakte en geld kry wat hulle dink hulle werd is nie: hulle pleeg dan wraak deur die modelbaas van verkragting en ‘n hele rits ander seksmisdade aan te kla.

Susan ·

Jong, ek het al gesien dat as een of twee mense sê jy het ‘n ding gedoen, kan mens nog twyfel. Maar as so baie mense dit sê , weet ek nie so mooi nie. Natuurlik sal hy dit ontken. En waar ‘n rokie trek, is tog altyd ‘n vuurtjie? AS hy skuldig bevind sou word, sal hy ongelukkig die prys vir sy dwaasheid moet betaal. Dis soos dit is in die wêreld.

Sonja ·

Wat was die hof se beslissing toe. Nog niks weer gesien op Maroela na sy verskyning gister??

Bertus du plessis ·

Weet julle wat was die hof se beslissing, ons lesers sal graag wil weet?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.