Modelbaas Kersfees vir eers nog vry

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers, die Johannesburgse modelagentskapbaas wat teregstaan op verskeie aanklagte wat verkragting, seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie insluit, sal dié Kersfees tuis deurbring nadat die uitspraak in die saak Woensdag tot volgende jaar uitgestel is.

Regter Cassim Moosa het in die hooggeregshofsitting in Palm Ridge gesê “musiek, ligte, kamera en aksie” is hoe De Villiers sy dae verwyl het met baie mooi meisies wie se drome dit was om die glansryke wêreld van die modelbedryf te betree.

“Die droom het nie vir die meisies waar geword nie,” het Moosa gesê terwyl hy deur die inkriminerende bewyse van getuies gegaan het.

Moosa het onder meer bewyse voorgelees van een van De Villiers se kinders wat beskryf het dat een van die meisies wat by sy pa se huis was, klein bikini’s met die “broekies tussen die boude” gedra het.

Moosa het bewyse gelees dat De Villiers een van die meisies, wie se naakte en halfnaakte foto’s deur sy eksvrou op sy skootrekenaar gevind is, ʼn “slet” genoem het en gesê het hy gaan haar foto’s op die internet plaas om haar ʼn les te leer.

Moosa kon net die eerste gedeelte van sy uitspraak lewer voordat die hof moes sluit vir die Kerstyd.

Hy sal op 25 Januarie voortgaan met die uitspraak. De Villiers se borgtog is verleng.

Lees alle vorige berigte oor Dawie de Villiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marga ·

Siek , siek , siek mens!!!!! Dis nou ‘n goeie voorbeeld vir jou kind!!!

Kinderpornografie!! Dit maak my so so kwaad!!

Hannie ·

Gaan maar rof in Kwazulo Natal, alhoewel ook so in baie ander provinsies, saak van gebed!

Siek weerligstraal ·

Ek hoop regtig jou eks hou jou kinders ver van jou weg, geen kind verdien om daaraan blootgestel te word nie.

Jef ·

En dan kry hy borgtog omdat die hof moet sluit vir Kerstyd, nee wat ek verstaan nie die regstelsel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.