Modelbaas ontken hy het jong vrou verkrag

Dawie de Villiers in die hof Foto: ANA

Dawie de Villiers in die hof Foto: ANA

Dawie de Villiers, Johannesburgse modelagentskapbaas, het Woensdag aan die Johannesburgse hooggeregshof gesê hy het nooit seks gehad met die jong vrou wat beweer hy het haar verkrag nie.

“Ek het glad nie seks met haar gehad nie,” het De Villiers aan die hof se sitting in Palm Ridge gesê.

Jacques Pienaar, vir De Villiers, het dit aan sy kliënt voorgehou dat die vrou aanvoer hulle het twee keer seks gehad by ʼn huis in Aspen Manor. “Dit het nie gebeur nie,” het hy gesê, en gesê dat hy nooit enige van die modelle na die huis toe geneem het nie.

Volgens hom het hy die vrou, wie se naam weerhou word om haar identiteit te beskerm, slegs een keer afgeneem tydens ʼn fotografiesessie met ʼn disko-tema in September 2010. Hy het verduidelik hulle het van rekwisiete gebruik gemaak tydens die fotografiesessie, ook dekoritems wat die modelle gebring het. “Sy het ʼn swart broek en pienk hemp met swart hoëhakskoene aangehad,” het De Villiers verduidelik. Volgens hom het al die modelle die studio verlaat ná die fotografiesessie.

Pienaar het daarna sy kliënt uitgevra oor Blackberry BBM-boodskappe wat die klaagster aanvoer hy het vir haar gestuur. De Villiers ontken hy het die boodskappe gestuur. Volgens hom het iemand sy identiteit gebruik om boodskappe aan meisies te stuur. “Ek het ʼn modelagentskap in Amerika en al my sosiale netwerke in kennis gestel oor dit wat besig was om te gebeur,” het hy verduidelik. Die internasionale agentskap het glo aan De Villiers bevestig hulle is bewus van die BBM-slenter.

De Villiers ontken ook dat hy ʼn model probeer soen het. Sy voer aan hy het haar aangerand, maar die beskuldigde het gesê die enigste foto’s wat hy van haar in ʼn bikini geneem het, was by die Zondela-vakansieoord. Hy ontken dat hy ooit haar hand teen ʼn muur gedruk en haar probeer soen het, soos sy aangevoer het.

Hy het verder getuig dat internetwebwerwe wat hy besoek, wat tienersekstonele uitbeeld, ʼn vrywaring het dat alle meisies in die video’s en foto’s ouer is as 18.

De Villiers was in 2008 deel van die Mej. Suid-Afrika-kompetisie.

Hy is tans besig met sy graad in Bybelkunde.

Lees alle vorige berigte oor Dawie de Villiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sam ·

So elke liewe vrou en jong meisiekind jok…Net Mr Dawie los broek de Villiers praat die waarheid? Nee kyk jou bybelkunde graad gaan jou verseker nie uit die tronk uit hou nie. Mag hul die sleutel ook sommer weg gooi.

jaco ·

dis net ‘n ou trick: die vroulike model kry nie die lekker kontrak of die voorblad of die extra rol in die rolprent nie, en dan beskuldig sy ‘n manlike baas of fotograaf van verkragting

jaco ·

hoe versoen hierdie man pornografie en bybelkunde met mekaar?????

Anoniem ·

Stem Jaco….Pornografie en bybelkunde loop defnitief nie hand aan hand nie!!!!!!!!!!!!!!

Tammy ·

Die feit dat losbroek De Villiers internetwebwerwe besoek met kindersekstonele se klaar hy het n probleem, n groot problem…….. Ag nee wat, al sy leuens gaan nie sy gat red nie. As hy so wonderlik is “vat jou pak en gaan sit in die tronk en dink oor jou dade” Dis sonde om so te lieg! Dit wil voorkom of dit nie n enkele geval was nie maar dat ander dames ook sake teen hom het. So almal lieg behalwe meneer De Villiers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.