Modelbaas sê hy het geen berou

Dawie de Villiers tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: ANA

Die veroordeelde verkragter Dawie de Villiers het Vrydag in die hooggeregshof in Palm Ridge gesê hy het nie berou oor sy dade nie aangesien hy onskuldig is.

“Dit is moeilik om berou te toon vir iets wat jy nie gedoen het nie,” het De Villiers, ʼn inwoner van Kempton Park aan die Oos-Rand en die stigter van die agentskap Model South Africa, gesê. Vonnisverrigtinge het Vrydag begin nadat die saak in September uitgestel is aangesien die regter siek was.

De Villiers het ook Vrydag getuig hy is nie in kontak met sy oudste seun weens die verhoor nie. Volgens hom het hy wel ʼn goeie verhouding met sy ander drie kinders en dat hul grootste vrees is dat hulle hul pa sal verloor indien hy tot gevangenisstraf gevonnis word.

“Ons het ook nog kontrakte verloor soos mense van die verhoor uitvind en dit het ons hard geslaan. Die onderneming sal sy deure sluit indien ek moet tronk toe gaan,” het De Villiers gesê in antwoord op ʼn vraag oor wat die impak van die verhoor op sy onderneming was.

De Villiers het later getuig sy vrou verdien net R8 000 per maand en dat sy nie haarself en die kinders sal kan onderhou indien hy in die tronk is nie.

Die saak is tot 23 Januarie uitgestel vir finale vonnisverrigtinge. De Villiers, is in Februarie verlede jaar skuldig bevind op aanklagte van verkragting, seksuele aanranding, bedrog, dat hy kinders aan pornografie blootgestel het en toegang gehad het tot kinderpornografie. Die saak is sedert De Villiers se skuldigbevinding verskeie kere vir lank uitgestel. Hy was sedertdien uit op borgtog van R15 000.

De Villiers het op 5 Oktober 2015 die eerste keer in die hooggeregshof in Palm Ridge verskyn op 38 aanklagte van onder meer verkragting, die besit van kinderpornografie, bedrog en intimidasie. Hy is onder meer daarvan beskuldig dat hy ʼn 14-jarige meisie in 2011 in Rustenburg gemolesteer het en ʼn 15-jarige meisie van Kempton Park verkrag het.

Nog ʼn aanklag teen De Villiers het verband gehou met ʼn voorval tussen 2006 en 2007 in Alberton toe ʼn volwasse vrou seksueel aangerand is. Hy het ook in 2008 SMS-boodskappe aan ʼn minderjarige gestuur waarin hy eksplisiete seksuele versoeke aan haar rig. Van die 38 aanklagte was 11 vir bedrog en diefstal van meer as R200 000.

Vir alle vorige berigte oor De Villiers se verhoor, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieterv ·

Man, gaan jy n “jol” hê in die tronk!!!
Jou “gym” lyf gaan van jou n gewilde modepop maak!!!

Loun ·

So jammer om te hoor, jammer maar jy het jou siek bed opgemaak, slaap op hom. Hoop jy vind in die tronk uit dat verkragting nie lekker is nie.
Kry vir jou pêl, die hof het jou skuldig bevind.

Alida ·

Kry vir jou. Ek weet nie hoekom lees ons nog iets van jou nie. Moes lankal die oranje pak gedra het.

Karolis ·

Die “Hof” moet redelik dom wees om die ou skuldig te bevind en straf op te le as hy dan nou soos hy beweer onskuldig is. Ons sal ‘n optog moet reel om die Hof reg te help.

Manie ·

As dit een aanklag was, sou ek verstaan het hy kon onskuldig wees, maar 38 spreek boekdele. Dat hy nog nie sy vonnis gekry het nie is my gat se deksel.

Michael ·

Nou gaan die 28 bendes hom met sy eie medisyne uit sort ek hoop hulle doen n goeie job want jy hoort nie in die samelewing nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.