Modelbaas steeds nie gevonnis nie

Dawie de Villiers tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: ANA

Die vonnisoplegging van Dawie de Villiers, die hoof van ʼn modelagentskap in Kempton Park wat skuldig bevind is op aanklagte van onder meer verkragting, is Dinsdag vir die soveelste keer uitgestel.

De Villiers, die stigter van Modelling South Africa (PTY), is in Februarie skuldig bevind aan aanklagte van verkragting, seksuele aanranding, seksuele regmaking, bedrog, blootstelling van kinders aan pornografie en toegang tot kinderpornografie. Sy vonnisoplegging is al talle kere in die hooggeregshof in Johannesburg uitgestel aangesien daar op transkripsies van die verhoor gewag word.

Tydens ʼn vorige hofverskyning het Arveena Persad, die staatsaanklaer, aangevoer dit is nie in die belang van geregtigheid dat De Villiers steeds op borgtog vry is nadat hy skuldig bevind is op die aanklagte teen hom nie.

Die voorvonnisverrigtinge is Dinsdag weereens uitgestel nadat die regter ʼn ander saak elders moes behartig. Persad het aan die hof gesê sy wil dit op rekord plaas dat “regter Moosa versoek het dat die saak in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor moet word aangesien hy ʼn ander kwessie daar hanteer”.

Die saak is tot 5 Oktober uitgestel.

De Villiers het in reaksie hierop gesê die voortdurende uitstel van die saak is “irriterend”, maar daar is niks wat hy daaraan kan doen nie. “Dit is tydrowend,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

nadia ·

was hy eers ‘n predikant en ook ‘n minister? voetbal ook

Johann Marx ·

Nee, Nadia….die Dawie de Villiers waarna jy verwys is in 1940 gebore….en is dus nou 77 jaar oud. Hy was ‘n predikant, minister en Springbok rugbyspeler. Die man op die foto is beslis nie hy nie…

Johann ·

Siek! En dis wat van ons strafregterlike stelsel gewors het? AFRIKA KULTUUR

marous ·

Die transkripsie kan niks aan die skuldigbevinding verander nie. Vonnis en kry klaar. Hy het die reg om teen beide te appelleer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.