Modelbaas steeds nie oor seksklagte gevonnis

Dawie de Villiers tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: ANA

Meer as twee jaar nadat die Kempton Parkse modelbaas Dawie de Villiers skuldig bevind is aan onder meer verkragting, seksuele aanranding en bedrog, is hy steeds nie vir dié misdade gevonnis nie.

De Villiers het Woensdag in die hooggeregshof in Johannesburg verskyn waar die vonnisverrigtinge teen hom vir die soveelste keer uitgestel is. Dit ten spyte van die feit dat regter Cassim Moosa in Februarie gesê het dit is die laaste keer wat hy toelaat dat die saak uitgestel word.

De Villiers is sedert sy skuldigbevinding nog die hele tyd op borgtog. Hy sal weer op 29 April in die hof verskyn.

De Villiers is in Februarie 2017 skuldig bevind aan verkragting, seksuele aanranding, seksuele gereedmaking, bedrog, dat hy kinders aan pornografie blootgestel het en toegang gehad het tot kinderpornografie.

Hy het op 5 Oktober 2015 die eerste keer in die hooggeregshof in Palm Ridge verskyn. Hy is onder meer daarvan beskuldig dat hy ʼn 14-jarige meisie in 2011 in Rustenburg gemolesteer het en ʼn 15-jarige meisie van Kempton Park verkrag het.

Nog ʼn aanklag teen De Villiers het verband gehou met ʼn voorval tussen 2006 en 2007 toe ʼn volwasse vrou in Alberton seksueel aangerand is. Hy het ook in 2008 SMS-boodskappe aan ʼn minderjarige gestuur waarin hy eksplisiete seksuele versoeke aan haar rig. Van die 38 aanklagte was 11 vir bedrog en diefstal van meer as R200 000.

De Villiers het einde verlede jaar tydens ʼn hofverskyning gesê hy het geen berou oor sy dade nie aangesien hy onskuldig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Blom ·

Dis uiters laks van ons regstelsel!!! Die man moet gaan waar hy hoort.. Tronk en toegesluit en sleutel weg..

Alida ·

Hoe kan n regter toelaat dat n misdadiger woer woer speel met die hof. Praat nie eers van ander sake wat nie datums kan kry nie want die rol is vol. Vonnis hom en bere hom.

Gert van Wierdapark ·

Ek hoop van harte nie dat hy nie steeds ‘n “Modelbaas” is nie!

Heksie ·

Duidelik het die saak nie weer voor Regter Moosa gedien nie ….
Onskuldig? Ja en ek is die Pous!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.