Modelbaas terug in hof oor seksklagtes

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Die Suid-Afrikaanse modelagentskapbaas, Dawie de Villiers, sal Maandag weer in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op verskeie aanklagte, waaronder seksuele aanranding, verkragting en die besit van kinderpornografie.

Die staat het 46 getuies voor die hof ontbied om teen De Villiers te getuig. Die getuielys sluit jong kinders wat na bewering aan pornografie blootgestel is, beweerde slagoffers, asook kenners en lede van die ondersoekspan in. Van die getuies het reeds getuig.

ʼn 20-jarige vrou het in Oktober verlede jaar teen De Villiers getuig en beweer hy het haar verkrag toe sy 15 jaar oud was. Sy het getuig dat sy meen De Villiers het haar verkrag, aangesien sy nie geld gehad het om die modelagentskap te betaal nie en dit die manier was om hom “terug te betaal”.

De Villiers het skuld ontken op al 38 aanklagte teen hom.

Lees alle vorige berigte oor Dawie de Villiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

laura ·

Hy moet maar lekker sit en bid. Die wiel draai. Ek het op 15 die model wereld betree. Die industrie kan beslis sonder sy soort aan gaan. Ontblooting van onskuldiges. Sy slagoffers moet sterk staan. Hy verdien alles wat hom toekom

Piet Pompies ·

My twee dogters het albei model werk deur ‘n agentskap gedoen, gelukkig het die eienaars (man en vrou) ons gewaarsku teen sulke monsters.
Gaan kyk gerus na die fliek (nou op DVD) , “Dit is ek Anna”. Die verhaal gaan oor molestering en ek glo as elke ouer die DVD vir sy kind wys het jy een saak minder van molestering voorkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.