Modelbaas uiteindelik gevonnis

Dawie de Villiers tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: ANA

Die modelbaas Dawie de Villiers, wat meer as twee jaar gelede skuldig bevind is aan onder meer verkragting, seksuele aanranding en bedrog, is uiteindelik die week gevonnis.

De Villiers is Vrydag in die hooggeregshof in Johannesburg tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir verkragting en ʼn bykomende 162 jaar op die ander aanklagte waarop hy tereggestaan het, het Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, bevestig.

Vonnisverrigtinge is vroeër herhaaldelik uitgestel en De Villiers was sedert sy skuldigbevinding nog die hele tyd op borgtog.

De Villiers is in Februarie 2017 skuldig bevind aan verkragting, seksuele aanranding, seksuele gereedmaking, bedrog, dat hy kinders aan pornografie blootgestel en toegang gehad het tot kinderpornografie.

Hy het op 5 Oktober 2015 die eerste keer in die hooggeregshof in Palm Ridge verskyn. Hy is onder meer daarvan beskuldig dat hy ʼn 14-jarige meisie in 2011 in Rustenburg gemolesteer het en ʼn 15-jarige meisie van Kempton Park verkrag het.

Nog ʼn aanklag teen De Villiers het verband gehou met ʼn voorval tussen 2006 en 2007 toe ʼn volwasse vrou in Alberton seksueel aangerand is. Hy het ook in 2008 SMS-boodskappe aan ʼn minderjarige gestuur waarin hy eksplisiete seksuele versoeke aan haar rig. Van die 38 aanklagte was 11 vir bedrog en diefstal van meer as R200 000.

De Villiers het einde verlede jaar tydens ʼn hofverskyning gesê hy het geen berou oor sy dade nie aangesien hy onskuldig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Erika ·

Hierdie ” waste of space ” kreatuur moet vergaan in die tronk.
Geen parool.
Jyt jong kinders se lewe verwoes

Susan ·

Siek om di minste te se. Nou is hy in di tronk al het dit n paar jaar gevat

Deloris ·

Dis hoe vonnisse moet geskied vir sulke siek mense.dankie… Daar is Baie wat vir hom wag
agter tallies.

Abe ·

Sipier,
Die erns van n misdaad kan nie met n maatstok afgemeet word nie, ook nie van n tabel afgelees word nie, daarom het mens n hofsaak nodig om die straf vir n sekere oortreding vas te stel.

humor ·

Het sy hele lewe verwoes. Kan n mens se drifte jou tot so n mate van onverantwoordelikhied dryf. En dit nog n volwasse mens.

Valerie ·

Nie sy drifte se skuld. Sy eie keuses se skuld. Hy het ander se lewens verwoes. Hy kry maar net wat hy verdien.

Philip ·

Goed hy moet sit en nooit weer die samelewing sien nie. Verstaan net nie dat moord 15 jaar of minder is. In my geval was ek vir dood agter gelaat nadat hulle my keel probeer afsny het en my gesig plat geslaan het met swaar voorwerp en het die een ma 8 jaar gekry en die ander een vry want ek kon hom nie uitken nie.

Valerie ·

Philip; jou een aanvaller wat vrygekom het se dag sal kom, dubbel en dwars.

Jozi ·

Kry vir jou ou!
Die ironie van die hele situasie is dat hierdie man geen berou ervaar nie.
Hy het duidelik nie die insig om die impak van sy dade in die lewens van sy slagoffers en hul gesinne raak te sien nie.
Volgens hom is sy hande skoon.

Valerie ·

Ek twyfel of die krimineel ‘n “model” gevangene gaan wees. Nope.

Mariaan ·

Mooi..sit jou gemors! Mens verstaan nwt nie mooi nie..pleeg moord..bv. Reeva/Oscar uit n woede- uitbarsting en sit maar 15jaar..lewenslank is meer gepas vir al hierdie bose “mense”

Wonder saam ·

Stem saam met jou @Mariaan oor Oscar/Reeva. Geld het weer gepraat. Dit toon ook hoe noodsaaklik ‘n onpartydige én regverdige regter is.

Tammy ·

Gepaste vonnis. GEEN APPEL teen sy vonnis nie ASSEBLIEF.

Hy het meer as moord gepleeg . Daar is jongmense wat nooit n normale lewe sal he nadat hy hulle gemolesteer en ander skades berokken het nie. Hy het diefstal gepleeg van meer as R200 000, daar word bedrog genoem, so waarom sou hy nou minder as lewenslank kry. Hy gee nie n flenter om wat hy aan ander doen nie, so hoekom pleit vir genade? Ek is net jammer vir sy familie wat met rooi gesigte moet rondloop en as hy kinders het, sal hulle lewenslank gebrandmerk wees as die slegte kinders van n tronkvoel pa wat ander mense se kinders gemolesteer en verkrag het. Ongelukkig is dit die man se kinders, as hy het en familie wat die res van hul lewens met die skande saamleef. Vergeet hy leef, ek kan nie dink dat hy rehabiliteerbaar is nie , hy is te sleg, die tronk is die beste plek vir hom…..so tussen sy eie soort.

Chris ·

Sou dit nie wonderlik gewees het nie as alle verkragters lewenslank SONDER die opsie van parool gevonnis word nie

Christa ·

Goedso Hy verdien Sy straf Nou Kan Hy genoeg tyd kry on die goed wat Hom place te troetel

Elvira ·

Baie goeie vonnis. Dankie regter. Laat dit n les wees vir die siek siele daar buite.

Suid Afrikaner ·

Ek glo daar is mense wat vir hom wag in die tronk. Pragtige vonnis. Jy gaan nooit weer op straat verskyn

Johann ·

Ek wonder of hierdie man besef watter warm ontvangste wag daar op verkragters in die tronk, vorm seker maar deel van jou vonnis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.