Modelbaas versoek lang uitstel vir hofsaak

Dawie de Villiers tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers wat reeds in Februarie skuldig bevind is op aanklagte van onder meer verkragting, seksuele aanranding, bedrog en blootstelling van kinders aan pornografie, het Donderdag in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn.

Adv. Riaan Greyling, vir De Villiers, het die hof versoek om die saak tot 22 Januarie 2018 uit te stel, aangesien die proefbeampte met borskanker gediagnoseer is.

De Villiers, die stigter van Modelling South Africa, is in Februarie skuldig bevind op aanklag van verkragting, seksuele aanranding, bedrog en dat hy kinders aan pornografie blootgestel het.

Staatsaanklaer Arveena Persad het gesê daar was ʼn misverstand waarom die saak nie vandag [Donderdag] kon voortgaan nie. Die saak is voorlopig tot 13 Oktober uitgestel vir regter Cassim Moosa om ʼn beslissing te maak of hy die lang uitstel sal goedkeur.

De Villiers se borgtog van R15 000 is verleng.

Lees alle vorige berigte oor Dawie de Villiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anoniem ·

Van uitstel kom afstel. Hoop en bid geregtigheid sal geskied.

Santie ·

Ek kan nie mooi die kloutjie by die oor kry nie? Die man is klaar skuldig bevind. Hoe moeilik is dit om sy vonnis te gee sonder al die uitstellery. Hoekom moet sy proefbeampte by wees met die vonnis oplegging? Hoekom soek hy uitstel?

Adam ·

Die proefbeampte word versoek om ‘n voor- vonnis verslag saam te stel en word in die hof oor die bevindings onderva. Die feit dat die persoon kanker het en dat daar dalk nie ‘n ander proefbeampte beskikbaar is nie, is verstaanbaar, alhoewel die hof se tyd alewig gemors woord deur die man. De Villiers hoop seker Pappa vind hom minder aantreklik teen die tyd wat hy in die tronk kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.