Modi se besoek verstewig handelsbande tussen SA, Indië

President Jacob Zuma en eerste minister Narendra Damodardas Modi van Indië by die Uniegebou in Pretoria (8 Julie 2016) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma en eerste minister Narendra Damodardas Modi van Indië by die Uniegebou in Pretoria (8 Julie 2016) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Handelsvennootskappe tussen Suid-Afrika en Indië is Vrydag verstewig toe die twee lande minstens ses memoranda van verstandhouding onderteken het.

Pres. Jacob Zuma en Narindra Modi, eerste minister van Indië, het Vrydagmiddag uitvoerende hoofde en ʼn sakeforum toegespreek.

Zuma het gesê meer as 100 Indiese maatskappye word in Suid-Afrika bedryf en hulle lewer ʼn beduidende bydrae tot ekonomiese groei en werkskepping in die land. Hy het Indiese maatskappye versoek om “saam met ons te werk” en gesê daar is reeds R62 miljard kapitale uitgawes van Indië in Suid-Afrika.

Zuma het gesê Suid-Afrika het ten doel om teen 2018 handelsooreenkomste van minstens $18 miljard te bereik. Indië is tans Suid-Afrika se sesde grootste handelsvennoot.

“Ons wil Suid-Afrika se uitvoere na Indië vergroot en diversifiseer,” het Zuma bygevoeg. “Ons het nuwe gebiede geïdentifiseer vir marktoegang insluit verdediging, mynbedrywighede, hernubare energie en die gesondheidsbedryf.”

Handelsooreenkomste tussen die twee lande het in 2015 ongeveer R95 miljard beloop. Handeldryf met Indië verteenwoordig ongeveer 4,9% van Suid-Afrika se invoere en 4,1% van uitvoere.

Vivian Reddy, Durbanse sakeman en medevoorsitter van die forum vir uitvoerende hoofde van Suid-Afrika/Indië, het gesê die twee lande het memoranda van verstandhouding in verskeie sleutelsektore onderteken. Dit sluit finansiële dienste, opleiding, die farmaseutiese bedryf en gesondheidsorg, mynbou en myntoerusting, kleinhandel, energie en infrastruktuur in.

Reddy het gesê die twee lande sal ook in FinTech saamwerk, om verpleegsters en dokters op te lei, samewerking in die ontwikkeling van hernubare energie en die uitruil van dokters en farmaseutiese produkte.

Modi het Indië bemark as ʼn beleggingsbestemming en gesê sy land word gereeld deur internasionale agentskappe en instansies as een van die aantreklikste beleggingsbestemmings bestempel.

Modi het gesê bilaterale handel tussen Suid-Afrika en Indië het die afgelope 10 jaar met minstens 38% toegeneem. Hy het gesê die twee lande is albei in ʼn posisie om mekaar te komplimenteer, en as voorbeeld na die veselperskeseisoen in Indië verwys wanneer dit winter is in Suid-Afrika.

“Indië is in ʼn baie goeie posisie om Suid-Afrika te help met tegnologie en vaardighede. Ons kan in baie maniere saam werk, van verdediging tot melk, hardeware tot sagteware, medisyne tot mediese toerisme,” het Modi verduidelik.

Hy het gesê sakesukses moet gebaseer wees op die etos van vaardigheidsontwikkeling en gemeenskapsopheffing en om die gehalte van lewe te verbeter.

Modi het gesê Indië het ook begin om 10 jaar-visums uit te reik aan gereelde reisigers van Suid-Afrika. Reisigers sal binnekort ook aanlyn aansoek kan doen vir korttermyn visums in plaas daarvan om na die Hoë Kommissie van Indië in Pretoria te gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Joann ·

Ek stem saam. Ai zumie lag breed want hy sien weer vet geld vir eie gebruik

sj ·

Lekker geveg aan die kom. China aan die een kant en Indie aan die ander. Wie dink julle gaan bra Zuma kies.

John ·

Die huidige skrikbewind in SA gaan in ‘n nagmerrie ontaard. Daar word duidelik verwoed teruggeveg teen die kritiek jeens vreemde volke se vergrype. Dit wil voorkom of die boelhond vasbyt aan die goue skikbord in die hande van gieriges. Die wegdoen met visas gaan eenrigting verkeer hierheen lok: Strome uit ‘n oorbevolkte uitgeleefte land is oppad. Mens kan nie glo dat die naaste van ons leierskap in Natal se oe te toe is om te sien wat aan die gebeur is nie. Terwyl Malema & kie, gal braak oor die wit boere, is ander met listig planne besig. Goudmyne, banke, plase… en … ander reeds verpand… en ‘what a big surprise’ vir die sg ‘freedom fighters’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.