Modimolle-grondbesetting: ‘Dis ʼn politieke spel’

Inwoners het Donderdag (19 Januarie 2017) begin om vir hul erwe op munisipale grond buite Modimolle uit te meet. Foto: Facebook

Inwoners het Donderdag (19 Januarie 2017) begin om vir hul erwe op munisipale grond buite Modimolle uit te meet. Foto: Facebook

Daar is nog geen duidelikheid of en wanneer daar teen die grondbesetters opgetree sal word wat sedert Donderdag begin het om vir hul erwe op munisipale grond langs die R101 by Modimolle (Nylstroom) in Limpopo uit te meet nie.

Maroela Media het vroeër berig honderde mense is glo deur politieke leiers van die EFF en die ANC aangepor om vir hul erwe op die stuk grond uit te meet. Die grondbesetters het ook glo die heining na die plaas van Jaco Vosloo, ʼn plaaslike boer, afgebreek en erwe op sy private grond uitgemeet. Dit het daartoe gelei dat Vosloo Vrydag ʼn klag van onwettige betreding by die polisie aanhangig gemaak het.

Marlene van Staden, burgemeester van Modimolle, het aan Maroela Media gesê die munisipale grond waarop die erwe uitgemeet is, is geoormerk vir toekomstige residensiële ontwikkeling. Daar is egter geen basiese dienste soos water en sanitasie op die grond nie en dit is ver geleë van maatskaplike geriewe soos skole en klinieke. Sy het gesê dit is daarom baie onverantwoordelik vir politieke leiers om mense aan te moedig om hierdie grond te beset.

“Ons wil graag ʼn hofinterdik kry om die polisie in staat te stel om die sowat 600 mense van die grond te verwyder, maar in hierdie stadium wag ons nog vir die munisipale bestuurder om die hofaansoek te teken. Tot dusver het die bestuurder geweier om die aansoek te teken. Ek weet nog nie of hy dit wel gaan teken nie,” het Van Staden gesê.

“Die munisipaliteit het simpatie vir die behoeftes van die gemeenskap en ons verstaan hulle frustrasie met die nalatenskap van die swak dienslewering van die vorige [plaaslike] regering. Ons wil egter die gemeenskap versoek om hul stemme dik te maak tydens die openbare deelname- prosesse en om nie oor te gaan tot onwettige optrede nie. Die realiteit is dat net die persone met politieke agendas gaan voordeel trek uit hierdie grondbesetting. Die gemeenskap moet saam met ons werk om die behuisingskrisis in die munisipaliteit op te los.”

Die woordvoerder van die munisipaliteit kon nie onmiddellik Maandag vir kommentaar bereik word nie.

Intussen het Vosloo Maandag aan Maroela Media gesê dat die besetters van sy grond af beweeg het nadat hy ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak het. “Ek het ʼn pad geskraap tussen die munisipale grond en my plaas sodat daar ʼn duidelike lyn is waaroor hulle nie mag beweeg nie. Hulle het die draad daar afgebreek wat aanvanklik die skeiding tussen my plaas en die munisipale grond was. Die besetters het sedertdien nog nie oor hierdie pad beweeg op my plaas nie, so op die oomblik is daar nie ʼn probleem nie, maar ek sal voortgaan om die situasie te monitor.”

Inwoners het Donderdag (19 Januarie 2017) begin om vir hul erwe op munisipale grond buite Modimolle uit te meet. Foto: Facebook

Inwoners het Donderdag (19 Januarie 2017) begin om vir hul erwe op munisipale grond buite Modimolle uit te meet. Foto: Facebook

Stefan Pieterse, nasionale woordvoerder van AfriSake, het aan Maroela Media gesê dat die organisasie gereed is om Vosloo met regsaksie by te staan sou die inwoners weer sy grond betree, maar dat dit tot op hede nog nie nodig was nie.

Intussen het Desiree van der Walt, DA-LP vir die Waterbergstreek van Limpopo, gesê sy glo dat die grondbesetting beslis deel van ʼn politieke spel is wat deur die EFF en die ANC gespeel word. “Ons sal nie toelaat dat die EFF of die ANC ons intimideer omdat ons saam met vennote hier die plaaslike regering is nie. Ons verstaan hier is ʼn reuse-tekort aan behuising in die gebied en al die mense wat op die lys vir regeringsbehuising moet wees, moet so vinnig as moontlik op daardie lys kom. Ons kan egter nie toelaat dat mense net links en regs onwettig grond beset nie – die behoorlike prosedures moet gevolg word,” het Van der Walt gesê.

Volgens Van der Walt is daar baie min van die inwoners wat begin het om huise op die munisipale grond te bou en is dit grootliks net erwe wat uitgemeet en skoongemaak is.

Sy het bygevoeg dat die munisipaliteit sal voortgaan om gesprekke met die provinsiale regering te voer rondom finansiering om die lewering van behuising in die gebied en die verbetering van basiese dienste in informele nedersettings te bespoedig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johin ·

Hoe op aarde veg mens sulke wetteloosheid (wat deur anc en eff aangehits word) op wettige maniere?!

Bekommerd ·

Kommerwekkend dat niemand deur die poletieke strategie sien. Hulle doen dit om mense van koers van beweging te dwing. Dieselfde met brandende bande ens ens. In my oe gesien is dit n goed uitgewerkte plan wat hulle dop hou hoe beweeg en reageer ons. Ja did dalk nie wettig, maar verseker n doel agter elke oefening…

Anel ·

En waar kom almal ewe skielik vandaan? Ek is seker hulle het bly plek.iewers anders! Mense val nie sommer net skielik uit die lug nie!

Jennifer ·

Blykbaar meeste van hier, as ek dit bekyk lyk dit vir my of ouers hul tienerkinners en die se kinners aanspoor om hul eie plek te kry.Daar is geen ander inkomste as babas maak nie.

Johannes van Rooyenm ·

Die ergste is dieselfde ANC wat die meeste van die geld weg het wat huise moes bou wat nou die opstekers is as die ANC die land sonder korrupsie regeer het sou almal nou huise gehad het

AL ·

Ek stem dat die ANC tekort geskiet het om die mense te akkommodeer. Dit is egter n magspel tussen EFF en ANC.

Cherokee ·

Is dit werklik die plig van ‘n regering om behuising te verskaf aan die land se inwoners? Dit mag uiters debatteerbaar wees.

Johanna Botha ·

Dis alles n plan om mense uitelok en n reaksie te kry en n verskooning vir geweld

Hanna ·

Hulle beter vinnig plan maak: daai 600 mense word oornag 6000 mense! Absoluut belaglik.

Alida ·

Hanna het jy al gesien hoe vinnig word 600 60 000? Val uit die lug uit maar hulle is daar.

Oosie ·

En die arme boer wie se plaas aan dit alles grens gaan bankrot gesteel word!

snoefie ·

wel, hoekom moet die regering behuising verskaf? as laekoste behuising teen laekoste verhuur word met volle munisipalediens koste, volle water en elektrisiteitskoste,want n liter water en kW krag gaan ewe ver in waterkloof as in diepsloot. die munisipaliteite moet pryse op die afgemete erwe aanbring en kyk hoe gou gaan dit leeg wees.

Pierre ·

Die oorsaak van dié probleem, wat ook indirek die oorsaak van talle ander probleme in SA is, is dat die swart bevolking van SA die afgelope dekades onvolhoubaar gegroei het. Daar is geen manier om vir dié miljoene almal water, werk en behuising te voorsien nie. Die oor grote meerderheid van die swart bevolking ken nie die belangrikheid van gesinsbeplanning nie, en die regering doen niks om veldtogte te loods om mense in te lig nie.. Dit werkloosheid en behuising tekort word op alles behalwe oorbevolking geblameer.

dom ·

Los hulle. Dat hul als vernietig,al die boere uitroei,universiteite afbrand,skole vernietig,blankes dood maak. Nasie lewe agteruit en sal nooit vooruitbeweeg nie. Malema is hulle BAAS. Politieke partye spandeer miljoene op partytjies ,karre,hotelle ens en hul eie mense is honger het nie bly plek nie etc…. die wit man word blameer vir dit maar hul vergeet in 22 jaar het als agter uitgegaan agv anc en nou malema en die eff!!!so gaan aan verwoes als want dit is al wat julle kan regdoen…

AA ·

En wie gaan Jaco, sy gesin en sy grond veilig hou tot julle klaar is met julle hofaansoek?!!! Afriforum? Dalk moet julle n Afriforum bord plant. miskien sal dit help….

lappies ·

Miskien kan die tokkelos en voorvader geeste en slange, Jaco se plaas beskerm… net so paar mense wat n “gedaante” sien rond dwaal of stories kan oorvertel van n 6m slang met 2 koppe, en hulle sal weier om naby te kom… LOL.. ons kan mos slim wees op n ander manier???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.