Modimolle-man tydens kaping geskiet

OPVOLG: Een verdagte is intussen in verband met die voorval in hegtenis geneem. Lees die opvolgberig hier.

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Man is Dinsdagmiddag buite sy huis in Modimolle (Nylstroom) in Limpopo vermoedelik tydens ʼn kaping geskiet.

Ben Engelbrecht, direkteur van die Heritage Protection Group (HPG), het aan Maroela Media gesê die kapers het die man na bewering drie keer geskiet voordat hulle met sy voertuig op die vlug geslaan het.

Volgens Engelbrecht is lede van verskeie veiligheidsgroepe tans op die kapers se spoor en is die voertuig ʼn kort rukkie gelede op die pad na Pienaarsrivier opgespoor.

Die gewonde man is na ʼn hospitaal gehaas, maar dit is nog nie bekend hoe ernstig hy beseer is nie.

Maroela Media het die provinsiale polisiewoordvoerder om kommentaar genader en wag vir terugvoer. Die naam van die man word voorlopig weerhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pastoor ·

Altyd 3 of meer gewapen. Mense julle moet elke dag God se volle wapen russting aantrek. Onder Sy Bloed. Satan is op die oorlogspad. Weerstaan sy werke in Jesus naam. Mag die Here gee dat hierdie moordlustiges gou gevang word en swaar gestraf word skelms

Gunmetal ·

Dalk moet julle, Maroela Media en HPG julle feite agtermekaar kry! Niks in die berig is korrek nie!. Behalwe dat die voertuig terug gevind is in Pienaarsrivier omgewing!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.