Modimolle-monster se poging tot vrylating misluk

Johan Kotze op 15 Julie 2013 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Johan Kotze op 15 Julie 2013 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Johan Kotzé, die sogenaamde Modimolle-monster, se laaste poging tot vrylating het misluk.

Kotzé se aansoek om verlof tot appèl in ʼn poging om sy skuldigbevinding en lewenslange vonnisse om te keer, is vandeesweek in die konstitusionele hof afgekeur.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het die hof se besluit aan Maroela Media bevestig. “Ons verwelkom die hof se uitspraak, omdat ons van die begin af gesê het dat Kotzé se appèl geen meriete het nie,” het hy gesê.

“Dit is ook gepas dat die aansoek in Augustus afgekeur is juis wanneer die geveg teen geweld teen vroue so sterk in die kollig is. Dit is die einde van die pad vir Kotzé. Hy kan nie verder appelleer nie.”

Riaan Coetzee, Kotzé se regsverteenwoordiger, het vroeër aan Maroela Media gesê sy kliënt se appèlaansoek was op verskeie redes gegrond, waarvan die belangrikste is dat hy voel hy het nie ’n regverdige verhoor gekry nie. Coetzee het verskeie redes hiervoor aangevoer, onder meer dat die verdediging nie betyds nie nodige dokumente van die staat ontvang het om vir die verhoor voor te berei nie en dat die hof hul versoek om uitstel geweier het.

Kotzé is in Julie 2013 tot twee keer lewenslank gevonnis ná die aanval op sy eksvrou, Ina Bonnette. Hy is ook skuldig bevind aan die verkragting en marteling van Bonnette en die moord op haar seun, Conrad. Kotzé se medebeskuldigde Andries Sithole is ook tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis, terwyl Pieta Mohlake en Sello Mphaka elk tot lewenslange tronkstraf plus ʼn bykomende 18 jaar gevonnis is.

Kotzé word in die Zonderwater-gevangenis in Cullinan aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

revenge is sweet ·

Nee kry vir jou sakie , jy het mos n kind soos n hond dood geskiet

Sarie ·

Komplimente aan die konstitusionele hof!! Daar is nie plek in ons samelewing vir sulke monsters nie

pop ·

Psigopate is so arrogant!!!!Alles is mos ander se skuld. Dank die vader hys in die tronk.

Jannes ·

En Riaan Coetzee doen alles in sy vermoe om die wreedaardige moordenaar uit die tronk te kry.

Dave ·

Ja jy is reg – Riaan Coetzee het sy bes probeer om Kotze uit die tronk te kry. Preiès dit is ook wat Barry Roux gepoog het in die Pistoors saak. Volgens ‘n Engelse koerant was daar sowat R17miljoen gespandeer aan laasgenoemde saak wat ‘n wrang verduideliking kan wees. Dit laat my tog wonder of Roux en Coetzee somtyds in stil tye dink daaroor en gelukkig is met hulself.

Christie Joubert ·

Mooi man! Altyd lekker om n stukkie goeie nuus te lees. Ina Bonnet en haar seun het geen kans gehad op n “appel” nie, so wat gee hierdie monster die reg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.