Modimolle-plaasaanval: Vrou kritiek

Lesley van Niekerk word per helikopter na ‘n hospitaal vervoer. Foto: Met vergunning van Die Pos.

Lesley van Niekerk wat Vrydagoggend tydens ʼn plaasaanval buite Modimolle in Limpopo geskiet is, is in ʼn kritieke toestand.

Lesley en haar man, Hercu, was glo op pad na die beeskamp toe hulle deur vier aanvallers gekonfronteer is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar was in hul voertuig toe die verdagtes uit die bosse te voorskyn gekom het. Die aanvallers het geld geëis en in die proses vir Lesley deur die ruit van die bakkie geskiet. “Die aanvallers het op haar man ook geskiet, maar hy is nie gewond nie,” het Ngoepe gesê.

Die aanvallers het daarna met die egpaar in hul bakkie na die huis op die plaas gery en daar die kluis se sleutels geëis. Hulle het met ʼn onbevestigde bedrag kontant, vuurwapens en die bakkie van die toneel gevlug.

Talle boere uit die gemeenskap, die plaaslike buurtwag, lede van Heritage Protection Group (HPG) en polisiebeamptes het saamgespan om die aanvallers agterna te sit.

Die egpaar was in hul bakkie op die plaas toe hulle deur die aanvallers gekonfronteer is. Foto: Verskaf

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê twee helikopters en minstens 90 voertuie van plaaslike inwoners word gebruik om paaie af te sper en na die aanvallers te soek. Die polisie se honde-eenheid word ook ingespan.

Volgens Ngoepe is niemand egter nog in hegtenis geneem nie.

Sakkie Louwrens, direkteur van HPG, het vroeër aan Maroela Media gesê die egpaar se voertuig is in die Crecy-omgewing langs die pad gelos en die aanvallers het van daar te voet gevlug. Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê die gesteelde vuurwapens is in die bakkie agtergelaat.

Lesley is per helikopter na die Unitas-hospitaal in Centurion geneem. Müller het aan Maroela Media gesê Lesley se toestand is steeds kritiek.

Daar word verneem dat Hercu tydens die aanval aangerand is, maar dit is nie duidelik hoe erg hy beseer is nie.

Mense met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, word versoek om AO Gawie Greeff by 083 661 7239 of Stop Misdaad by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Hennie ·

Mens kan duidelik sien hoe die regering die soort misdaad prioritiseer. Hulle maak seker dit hou nie op nie!

Koos de Meyer. ·

Ja dis hartseer om elke dag die dinge te hoor. As jy die gereg in eie hande neem is jy die skuldige. Die krimineel het mos meer humanitêre regte as ons blankes. Ek hoop die wêreld sien hoe word daar gelieg deur die regering.

Hoop ·

Daar is net een antwoord: 1 Timoteus 2 ; 1Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, 2vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.
Laat God die liefde in jou lewe bepaal!
Spreek genesing na liggaam en siel vir die mense wat deur die trauma is.
Bid die bloed van Jesus oor jouself en jou familie elke dag.
Bid vir die sekuriteits dienste dat hulle krag en hulpbronne sal he, en dat die Here hulle sal beskerm en hulle Sy wysheid sal gee. Seen hulle en hulle families.
BID VIR DIE REGERING DAT HULLE DIE VREES VAN GOD SAL KEN.

Oom Jaco ·

As goddelose mense aan die bewind kom, kruip die mense weg, as die goddeloses ondergaan, kry die regverdiges die mag.
SPREUKE 28:28

Lynette ·

Ek bid vir die regering en vra slegs “Laat U wil geskied.” Ek kan nie enigiets anders vra nie.

Albanus ·

Die kommentare laat lyk of ons mense begin aanvaar dat dit misdaad is en nie menseslagting nie.

Baklei terug ·

Ek stem vir die komando’s. Ons behoort navorsing te doen en te kyk presies hoe dit toegepas was. Ons sal nie soveel steun van die regering kry soos in die verlede nie maar dit beteken nie dat ins niks kan doen nie.

Daar is baie dorps mense wat ook sal help in die verband. Ek is nie n boer nie maar sal baie graag wil help.

Kry komandos aan die gang kom ons doen dit. Ons volk was nog nooit gewillige slagoffers gewees nie en behoort ook nie te wees nie.

Maak jul huise so veilig moontlik kry n safe room en doen nood drils met die gesin. Blaas fluitjie in nood almal in kamer sluit deur en sommer trelly door ook. Hou hul uit sover moontlik en as hulle inkom wees reg vir ordentlike aanval op hulle.

Wens so ons kan bymekaar kom en regtig ons self beveilig. Tyd daarvoor manne.

Wayne ·

Ek stem met jou saam. Ons kort ook n leier wat ons kan saambring en saam laat staan en opleiding begin doen oor naweke dat ons en familie ordentlik ons wapens kan benut.

Ella ·

En al wat ons wil doen is in vrede lewe en boer en werk en dit word al meet van ons weggeneem.
Sterkte vir diearme mense wn sterkte vir die boere van die land.

Gatvol ·

R100,000 word deur die polisie aangebied vir die inhegtenisname van die persone wat ʼn swart polisieman vermoor het. Waarom nie dieselfde vir elke plaasmoord nie?

JP ·

Hulle sal nie genoeg geld he om uit te betaal vir al die plaasmoorde nie, die staat is hoeka bankrot.

Andrea ·

Ek ook. Ons kort leiers wat hierdie tipe dinge kan organiseer. Nie vigilante, rebelle weermag nie…maar n suksesvolle organisasie soos die kommando.

Daan Erasmus ·

Ons het reeds ‘n suksesvolle organisasie wat dit teenwerk. Lees die berig. Wees op die grond waar die dinge gebeur. Die Herritage Protection Group is daar. MAAR hulle moet in stand gehou word. MET ONS GELD. En as hul geld praat raak die mense weg.

André Kruger ·

Ons het ure lank aan haar geopereer daar in Unitas. Gelukkig het ons land se private hospitale van die beste sorg op aarde.. al is die “staat” s’n van die swakste

Driekie ·

N veilige kamer in die huis met binne hekke kan help as mens binne in die huis is…. Maar hulle val selfs al aan waar boere buite in die veld ry of waar n groep mense om n vuur kuier…. Hulle kom ook nie meer een een nie maar in groepe van vier of meer. …

Boerseun ·

So Agri-SA en ander libs, ek neem aan die is ook nie n plaas aanval nie nê?

Cj ·

Mag God Lesley genees en haar man ook hierdeur dra. Sterkte vir hierdie familie. Ek kan nie glo hierdie gebeure gaan dikwels sonder inhegtenisnemings en met bitter min publisiteit verby nie! Wanneer gaan die wetstoepassers besef ons boere beleef n geweldige krisis en leef die heeltyd in afwagting op hierdie onverdiende wrede aanvalle nie! Miskien moet die land se voedselprodusering eers teruggehou word, sodat diegene wat moet intree om ons boere en hulle gesinne se veiligheid te verseker weet waar die hongerpyne se oorsprong le!

AJ ·

Wapens in die kluis!

Vir wat?

Hou die wapens aan jou lyf. Of in jou voertuig.

Jou voertuig is ook ‘n WAPEN … gebruik dit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.