Modimolle-tiener in die hof oor skolier se moord

Argieffoto

ʼn 19-jarige het Donderdag in die Modimolle-landdroshof in Limpopo verskyn nadat hy glo ʼn medeskolier vermoor het.

“Errol Lehutso Mapholo is Woensdag by die Solomon Mhlangu High School in Modimolle in hegtenis geneem,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy bly in aanhouding tot 14 September wanneer hy aansoek kan doen om borgtog.”

Ngoepe het gesê Mapholo en Thabala Mashiane (19), albei graad 12-leerlinge, het by die skool gedobbel toe hulle begin baklei het en na die skoolhoof se kantoor geneem is.

“Op pad terug na hul klas toe, het die verdagte die oorledene met ʼn skerp voorwerp gesteek en hy is dadelik dood. Die polisie is ontbied en Mapholo is in hegtenis geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tammy ·

Hy het gemoor soos n volwassene, hy is ouer as 18 jaar so straf hom soos enige volwassene gestraf sou word. Begin by GEEN borg hy is n moordenaar, en het n ander jongmens se lewe vernietig en n familie in rou gedompel.

Hennie ·

Oral word mense aangeval en vermink en vermoor, tot snags in privaat huise waar hulle inkom. Dis duidelik dat hulle al vroeg begin met messe en alles wat hulle in die hande kry. Ons land het nodig om van ‘n basiese vlak skoongemaak te word, en dit beteken by die mense se waardes, hulle het geen waarde vir iemand se lewe nie. Dis tyd dat hulle in die openbaar opgehang word sodat hulle kan sien wat met hulleself sal gebeur.

ANDRE ·

Die toepassing van die ou spreekwoord dat die wat nie wil hoor nie, moet voel , sal dalk n goeie ding wees….

SARIE VAN HEERDEN ·

Soveel keer word misdadigers se name nie bekend gemaak nie omdat hul “kinders” is en hul “beskerm” moet word. Ek se as ‘n siel oud genoeg, groot genoeg is om bv ‘n klip te gooi is hy oud genoeg om sy naam bekend te maak en hom te straf soos die grootmens wat dieselfde kon doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.