Modise dié week in hof op dieremishandeling-aanklagte

Thandi Modise. (Foto: Phando/Jikelo/ANA)

Thandi Modise, voormalige voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies en tans speaker van die Nasionale Vergadering, sal na verwagting Maandag vir die eerste keer in die Potchefstroomse streekhof verskyn op aanklagte van dieremishandeling.

Modise moes op 21 Junie haar eerste verskyning in die hof gemaak het, maar haar regspan het egter aangevoer dat sy weens haar verantwoordelikhede as parlementêre speaker en voorsittende beampte by pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede in Kaapstad nie in die hof sal kan verskyn nie. ’n Lasbrief vir haar inhegtenisneming is op hierdie dag uitgereik wat oorgehou is tot môre hangende haar verskyning in die hof.

Die saak teen Modise kom nadat AfriForum se private vervolgingseenheid verlede jaar aangekondig het dat hy Modise namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) privaat gaan vervolg. Dit nadat die NDBV in Julie 2014 ʼn klagte ontvang het rakende dieremishandeling op Modise se plaas in Modderfontein, Noordwes.

Die NDBV het dit destyds bestempel as een van die wreedste gevalle van dieremishandeling wat die welsynsorganisasie nóg teëgekom het. Grace de Lange, bestuurder van die NDBV se plaasdierebeskermingseenheid, het gesê Modise se plaas was besaai met karkasse van meer as 50 varke en ander dooie diere soos ganse, eende, skape en bokke.

Die oorlewende diere, waaronder varke, skape, hoenders en bokke, is sonder kos en water gelaat en was in ’n haglike toestand. Die NDBV moes 162 diere weens die nypende omstandighede van kant maak.

Sunday Times het in 2014 berig Modise het destyds beweer haar plaasbestuurder wat na die diere moes omsien moes die plaas verlaat weens ʼn familienoodgeval, maar die koerant het vasgestel die enigste werker op die plaas het die plaas verlaat omdat hy en sy familie deur hongersnood in die gesig gestaar is as hulle daar sou aanbly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Dit was my kinders, nee my plaasbestuurder, nee die buurman, nee die weerlig, nee die voorvader geeste, nee die tokoloshe, nee….O jaaaaa, NOU onthou ek…dit was Jan van Riebeeck!!!! Vat nooit ooit enige verantwoordelikheid vir enige iets nie, nooit, nooit, nooit….dis ALTYD iemand anders se skuld!!

Johann ·

Hierdie dame moet tronk toe sonder ‘n keuse van ‘n boete.

Apteker ·

Hoe Kan jy van die hongesnood doodgaan as daar n plaas vol diere is? Hulle kon selfs net van hoendereiers bly leef het as hul die moeite gedoen het om te gaan kyk of daar eiers is. Of wat van melk die koei? En die plaaswerkers is seker nou onskuldig?

Cherokee ·

Jan, jy wat glo die maanlanding het nooit plaasgevind nie, dink jy hièrdie storie is ook ‘n hoax? En indien jy diè as waar aanvaar, waarom dink jy die media lieg somtyds nie?
Tough ene nè, Jan :-)

Agterdogtig ·

Ek reken jy moet maar n bietjie dieper gaan grawe wat die maanlanding betref!! Ons kan nie kommentaar lewer op die saak betrefende die minister nie, want ons het dit nie bestudeer nie. Ons het wel 50 jaar gehad om die maanlanding te bestudeer. So nee glad nie so tough nie!

Annemarie ·

Boerdery is ñ voltydse verantwoordelikheid! Gebore uit ñ passie en deel van jou menswees!! Jy kan nie uit die parlement boer nie! Jy is elke dag tussen jou veë! Ek weet! Ek boer self! En nie uit die sitkamer of van die stoep af nie! Tussen die bokke sodat jy betyds sien wie is olik of wie moet lam! Dis BOER wees!!! Met ñ passie!

Jozi ·

Ja nê?
Kan nie vir ‘n dag die plaas bestuur nie, maar sy sit haar sit in die Parlement.
Onbevoeg!!

Kobus ·

Sy sal geen vonnis kry!!! anc betaal die regters en landdroste!! Alle regters en landdroste is in hulle sakke!! Die regering is die anc en die anc betaal hulle salarisse!!!! nog nooit in die land het n anc tjom gesit nie. Tony was betaal om tye gaan sit!!!!!!

Kolle ·

De laaste een wat verantwoordelik was vir hierdie gruwelike mishandeling, gaan so seker ek leef rekenskap moet gee voor God. Of hulle glo of nie.

jaco ·

ek kan verstaan as hulle wit mense so mishandel. dis seker maar deel van die ewige straf wat op on rus weens apartheid. maar WAT het die perde verkeerd gedoen? Hulle kan tog nie ook skuldig wees aan apartheid nie.

humor ·

Al het sy in die parlement gesit en moontlik gedelf, is daar tog kommunikasiemiddele om opdragte te gee en ook om vas te stel rakende die toedrag van sake op die plaas. Sy kon ook iemand aangestel het om te monitor.

Jeremia ·

In ‘n normale samelewing sou hierdie dieremishandeling – toe dit op die lappe gekom het – die einde van ‘n politieke loopbaan beteken het.
Maar in bepaalde kringe lyk dit asof vergrype en gebrek aan enige verantwoordelikheid baie ruim en ryklik beloon word.

Johanna Botha ·

Slaap op die plaas so hoe wil jy boer as jy nie eers die diere kan versorg nie !

Skroef ·

Almal pik op haar omdat sy n vrou is. Hoe hie hie. N vrou wat n plaas gevat het en toe n werker op die plaas gelos het sonder kos of betaling want sy het aangeneem die werker gaan homself en sy gesin onderhou uit die geld wat vanself by die hek inloop. Wit boere doen dit dan. Dit het soooo lekker gelyk day sy n plaas by die R5 winkel gaan koop het en n kans gevat het. Straf haar behoorlik. Daardie werker en sy gesin en al daardie diere het nie n kans gehad om te vat nie

Trol ·

Dis waar die werker en diere was nie n kans gegun nie. Maar sy is n anc uitverkorene. Hoe kann werker, sy gesin enn lot DIERE teen haar opweeg? Al kom demokrasie neer op almal vor een en een vir almal.

Sê maar net ·

Laat sy in die tronk gaan sit sonder water en sonder kos!!!! Laat sy voel hoe moes die diere voel…..

maplotter ·

Ons wil almal grond he , ons wil almal boer , water val van bo af, kos kom vanself op, diere plant vanself voort, dis so eenvoudig.

Chris Ws ·

Ek gaan darem dit geniet as hulle haar toesluit al is dit net vir een nag veral nou dat dit so lekker koud is!Maar sy kort tronkstraf sonder die keuse van ‘n boete vir haar growwe nalatigheid met haar diere.Dis nie die plaaswerker of voorman of wie se skuld nie SY is die eienaar van die diere op die plaas en SY is verantwoordelik vir hulle.

Johan ·

Een ding wat my onderkry is dit: die DBV wat diere moet beskerm sal altyd al die ander diere wat steeds leef uitsit. ek dink hulle doen meer kwaad as goed! niemand sal my oortuig dat die 161 ander diere almal so sleg was dat hulle almal uitgesit moes word nie.
sit die persoon in die tronk wat aanvanklik verantwoordelik is vir die mishandeling maar die DBV moet ook party maal van die diere probeer red.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.