‘Modise moet van dieremishandeling aangekla word’

Thandi Modise. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thandi Modise. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thandi Modise, voorsitter van die nasionale raad van provinsies, het Maandag gesê sy sal haar samewerking gee in die Nasionale Dierebeskermingsvereniging se ondersoek na die beweerde haglike omstandighede op haar plaas.

“Ek is hartseer oor die verwaarlosing en trauma wat die vee gely het nadat werkers op die plaas sonder kennisgewing die plaas verlaat het,” het Modise in ‘n verklaring gesê. “Die lyding wat die diere verduur het kan nie vergelyk word met die finansiële verlies wat ek gely het nie.”

Die Sunday Independent het gister berig dat varke glo besig is om te verhonger en mekaar te vreet op Modise se multi-miljoenrandse plaas Modderfontein naby Potchefstroom.

Modise sê sy het geglo dat daar behoorlike toesig by die plaas was nadat sy glo ‘n plaasvervanger bestuurder aangestel het. Sy sê die ander plaasbestuurder het twee weke terug vir verlof gevra om dringende sake te hanteer. Modise sê sy het met skok van die DBV verneem dat daar niemand op die plaas toesig hou nie.

Die DBV sê intussen dat hy twee skape op die plaas van kant gemaak het en dat ‘n verdere 32 skape van die plaas verwyder is. Skape, ganse, bokke en eende het ook op die plaas gevrek. Die diere was glo langer as ‘n week sonder kos en water. Daar was geen werkers of elektrisiteit op die plaas nie en die waterpompe is gebreek.

Modise sê sy het die afgelope drie jaar elke twee weke die plaas besoek. Modise sê sy het intussen veeartse, ‘n omgewingspesialis, ‘n tussentydse plaasbestuurder en regsverteenwoordigers aangestel om die probleme op die plaas aan te spreek.

Die Vryheidsfront Plus het Modise intussen daarvan beskuldig dat sy ‘n swak voorbeeld vir swart opkomende boere is en het geëis dat sy vir dieremishandeling vervolg moet word.

Dr. Pieter Groenewald, parlementêre woordvoerder van landbou vir die Vryheidsfront Plus, sê Modise se verskoning dat haar plaasvoorman gedros het is onaanvaarbaar.

“Dit beteken sy het vir minstens ‘n week na twee weke nie met die voorman gekommunikeer nie en getuig van swak bestuur aan haar kant. Daar kan met reg gevra word hoekom die voorman gedros het, is dit blote laksheid en onverantwoordelikheid, of het sy nie die voorman vergoed nie? Modise moet die redes verskaf.”

Lees ook:
Varke verhonger, vreet glo mekaar op Modise se plaas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jas van As ·

Nico Strydom, dalk wil jy die “hy” in paragraaf ses verander na “sy” toe. :-) Dit is reeds so moeilik om kop oor die geslag te hou, want name sê nie veel nie. Jy kan maar hierdie kommentaar van my verwyder as jy wil.
Groetnis.

Gideon Erasmus ·

Maar dan word daar vir 50% van ons grond gevra, omdat die armes grondhonger is. Dit is die grootste klomp twak wat enige politikus kan kwytraak.

Theresa ·

Dis vir my so amazing. Hulle is altyd onskuldig. Hulle is nooit verkeerd nie – dis altyd “iemand anders” se skuld. Maar dis soos hulle is – dikvellig, gevoelloos, wil alles, onder andere grond, hê (en dan weet hulle nie wat om daarmee te maak nie) en geld is hulle god. Solank hulle kan skep en hulleself verryk is alles 100. Dis hoekom ons land ten gronde gaan. Hulle doen in elk geval net wat hulle wil.

vuilbaard ·

Sy het ook onlangs gesê sy IS NIE ‘n boer nie en sy probeer ook nie om een te wees nie. WTF?
Wat doen sy dan met ‘n plaas? Deels is sy reg want sy is nie ‘n boer se agterent nie!

AmY ·

Die vrou is so mal soos ‘n haas. Hoe kan sê haar diere se lyding kan nie vergelyk word met die finansiële skade wat sy gely het nie?

En hoe die duiwel kan jy nie weet wat op jou eie plaas aan die gebeur is nie?

Nee wat, gee haar gemeenskapsdiens. Dis mos gewoonlik wat gebeur met mense wat diere mishandel en verwaarloos? Of is sy ‘verhewe bo die wet?’

Laat haar varkhokke skoonmaak!!!

Elizabeth ·

Nou sal ek maar WEER kommentaar lewer en nie die woord br*nd gebruik siende Maroela ‘n probleem het met dit. Dis snaaks dat ander rassistiese kommentaar kan lewer op ander berigte en baiekeer kru woorde en dis blykbaar reg…. Wat ek reeds gisteraand geskryf het is dat sy swaar gestraf moet word, vuil vark- en hoenderhokke behoort skoon te maak as deel van gemeenskapsdiens en deel van haar straf. Vir haar om te beweer die lyding van die diere is NIKS in vergelyking met die finansiële skade wat sy moes ly is verregaande en wys net hoe min sy omgee. Haar sak is belangriker as die diere se welsyn. Dis nie eers nodig om allerhande spesialiste aan te gestel het nie, enige mens (die woord “mens”sê eintlik alles) weet lewende wesens het kos en water nodig!

Theresa ·

Dis hoekom ek sê. Hulle wil alles hê maar weet nie wat om met dit te doen nie. Dikvellig en gevoelloos. Dis net selfverryking. Dis al waaroor hulle lewe draai……………Geld, geld, geld, geld, besittings, besittings, besittings, besittings, myne, myne, myne, myne

leon ·

Hoe kan jy n plaas he en nie weet wat aangaan nie
Dit is lagwekkend om die minste te se
As jy n eienaar is van n besigheid in die privaat sektor is jy verantwoordelik vir alles
Maar dit lyk my ons leiers het geen benul wat verantwoordelikheid beteken nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.