Modise-plaas: Advokaat voer aan saak is polities gemotiveerd

Deur Marthinus Koekemoer

Adv,. Dali Mpofu.

Terwyl adv. Dali Mpofu, regsverteenwoordiger van Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, vandag op die tweede dag van haar verhoor aangevoer het dat die saak teen haar polities gemotiveerd is, het ’n veearts getuig dat hy hom aanvanklik van enige betrokkenheid by die saak wou onttrek nadat hy bewus geraak het dat die plaas aan Modise (’n persoon met politieke bande) behoort.

Modise verskyn in die Potchefstroomse streekhof op ses aanklagte van dieremishandeling en -verwaarlosing. Sy pleit onskuldig en voer aan sy was nie bewus van die toestande op haar plaas, Modderfontein, buite Potchefstroom nie en dat sy ’n plaasbestuurder aangestel het om na die varke, skape en bokke om te sien.

Adv. Gerrie Nel.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid, vervolg Modise namens die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NRDBV). Die NRDBV het ingevolge die Wet op Verenigings vir die Voorkoming van Dieremishandeling van 1993 die statutêre magte om oortreders privaat te vervolg.

Die aanklagte teen Modise spruit voort uit ’n ondersoek wat in 2014 op haar plaas gedoen is.

Dr. Sameer Abbas, ’n veearts van Potchefstroom, is op 6 Julie daardie jaar deur ’n plaaslike DBV-tak versoek om na Modise se plaas te gaan om te kyk in watter toestand die diere is.

Dr. Sameer Abbas.

Abbas het getuig hy het in 1998 as vlugteling uit Irak na Suid-Afrika gekom en eers vir die staat gewerk voordat hy in 2010 sy eie praktyk begin het. Hy is in sy tuisland gemartel en toe hy uitvind dat die plaas aan ’n persoon met politieke bande behoort, was hy ongemaklik weens sy ervarings in Irak.

Abbas se getuienis is onderbreek toe Mpofu aangevoer het dat hy nie bewus was dat die private vervolgingseenheid hom as ’n deskundige getuie gaan roep nie en dus het sy span nie hul eie deskundige in die hof gehad om Modise se regspan by te staan nie.

Thandi Modise.

Dít, ondanks die feit dat Nel gister in die hof aangedui het dat hy ’n veearts gaan roep en ook Abbas se deskundige weergawes aan die beskuldigde se regspan geopenbaar het.

Mpofu kon ook nie sy aanvanklike stelling staaf nie dat die private vervolgingseenheid, in terme van die Strafproseswet, die teenparty in die saak 14 dae kennis moes gegee het dat hulle ’n deskundige getuie wil roep. Hy het AfriForum daarvan beskuldig dat hulle met politieke speletjies besig is.

Abbas kon gevolglik nie voortgaan met sy getuienis nie en sal in April teruggeroep word na die getuiebank.

Dustin Wetdewich.

Dustin Wetdewich, redakteur van Potchefstroom Herald, het getuig oor die stank van die diere wat in die lug gehang het. “Die karkasse het ’n aaklige reuk afgegee. Daar was ook ’n put buite die afgekampte gebied waarin dooie diere verbrand is.” Wetdewich het ook foto’s geneem van die haglike omstandighede op Modise se plaas.

Pieter van Aswegen, nog ’n getuie en ’n werknemer van Meadow Feeds, het in November 2013 Modise se plaas besoek toe voer bestel is. “Die situasie op die plaas was hartbrekend en hartseer. Ek was geskok oor die toestand van die varke. Van hulle was reeds dood en ander heeltemal uitgehonger.”

Pieter van Aswegen.

Volgens sy beraming sou die voer wat afgelewer is net vir twee weke genoeg wees. Hy het die plaaswerker aangeraai om die voerbakke vol te hou sodat die varke vinnig kon aansterk. Daar is egter nie ’n verdere bestelling vir voer by Meadow Feeds geplaas nie.

Gister het ao. Andrew Serame van die SAPD getuig en foto’s is gewys van die grusame tonele wat hy op die plaas afgeneem het waar verskeie diere reeds dood was of so naby aan dood was dat hulle van kant gemaak moes word. Grace de Lange, senior inspekteur by die NDBV se plaasdiereenheid, het ook gister getuig oor die “afgryslike tonele” op die plaas. Volgens haar was dit van die ergste tonele nog wat sy in haar loopbaan tot dusver as inspekteur gesien het.

Andrew Leask, hoofondersoeker by AfriForum se private vervolgingseenheid, het ná afloop van vandag se verrigtinge gesê die eenheid is gelukkig met die stand van sake. “Die haglike omstandighede op die plaas is goed uiteengesit. Ons is egter ongelukkig omdat die verdediging nie voorbereid was vir die getuienis van ons deskundige nie en dat die saak weer uitgestel moet word.”

Die saak is uitgestel tot 13, 14 en 15 April 2021.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Spyker ·

Die advokaat maak lekker geld, hy sal sal enigiets kwytraak om sy hand in n beursie te kan hou.

Strandloper ·

“Die saak teen haar polities gemotiveerd is” SIEStog…bitter snaaks die rassekaart is nie gespeel nie?

My siening ·

Mpofu Gerrie haan jou gat skop, eers politieke kaart gespeel April sal dit die ras kaart wees. Jy kan sien hy redeneer soos die EFF, dom en arrogant!

Johann ·

Was nie ek nie? Was iemamd anders? En so gaan almal plase kry MET n voorman SONDER om ooit self op die plaas te wees. En nie n WOORD van jammer dit het gebeur nie? Gee bloot nie om nie.

Snowball ·

So die polities gemotiveerde ‘vyande’ het haar diere laat vrek van honger en dors. Seker net in SA wat sulke snert in ‘n hof kwytgeraak sal word.

christo ·

Ja, né. As dit nie die rassekaart wat gespeel word nie, is dit ‘n politieke vendetta. Ag nee Modise pleit skuldig en vat jou pak soos jy moet. Ek wonder wat het van die saak teen die SANW geword oor die ergere verwaarloosde perde?
Die ANC politici en sy regering se staatsinstellings dink mos hulle is verhewe bo die reg.

Pieter ·

Mahatma Gandhi acutely observed that “the greatness of a nation and its moral progress can be judged by the way its animals are treated.”

En dan is die mevrou speaker van die parlement. Al die morele verval in Suid Afrika se oorsake en oplossings lê eintlik voor die hand.

Yvonne ·

As ek reg vernstaan is Thnadi Modise self n advokaat….nou hoe is dit dan dat sy nie die kennis het van verantwoordbaarheid het nie………n plaasboer koester sy besittings en versorg dit hy besef ver van jou goed is naby jou skade …dit is verby wreed

Jakes ·

Dit slaan my dronk dat Modise alle blaam op haar plaasvoorman plaas en voorgee dat sy niks daarvan weet nie. En dan beklee sy n belangrike pos in die piesang parlement. Geen wonder die land is lankal oor die afgrond nie.

Madz ·

….en die dame lyk vir my asof sy nie ‘n DAG in haar lewe al honger gely het nie…. terwyl haar diere vrek van ellende!!! Druk HAAR in een van daai hokke met net een keer ‘n week ‘n paar mieliepitte!!!

Althes ·

Klim tog van jul holruggeryde rympie af Dali Mpofu. As dit nie rassisties is nie, of wit monopolie kapitaal is nie dan is ñ saak polities gemotiveerd.
Wie glo deesdae nog die snert wat jul gorrel?

lodewyk ·

En die volgende verskoning gaan seker wees dat dit apartheid se skuld is?? -Vat die pak as jy skuldig is,wat het politiek uitewaai met jou nalaatagheid Modise,teensy jy geld vavvanf die ANC ontvang het asgv van bedrog en dit nou opgedroog het??

Derek ·

Dit is die voorbeeld wat deur ministers en politici gestel word en slaafs deur hul volgelinge nagestreef word wat SA maar net weer deel laat word van Afrika. Dit is hoekom daar so baie kapsie gemaak word teen geskiedenis want hulle wil maar so wees, soos Afrika was voor die blanke as skeppers gekom het. Daar word altyd vinger gewys na iemand anders. Ons sal sien hoeveel van die voornemende grond eienaars is suksesvol en hoeveel korrupsie weer na vore sal kom. Net die tyd sal leer!

Jr ·

Dali Mpofu. – mees sukksesvolste advokaat . Maar net as u aangaan op MEESTE SAKE VERLOOR SYFERS. Hy het die tweede hoogste score na die ” Public Pretender “. Al evidence wat hy ooit het is ” RASSIME OF POLITIES “.
UITERS SWAK

Mariana ·

Jou diere, jou verantwoordelikheid. Daardie diere het gely terwyl haar maag vol was en haar glasie ook. Maar dit moet die bestuurder se skuld wees. Sy het geen skaamte nie, praat nie eers van menslikheid nie.

Alta ·

Polities gemotiveerd! Asseblief! Daar is net een rede waarom hierdie arme diere so moes ly en dit is omdat die eienaar te sleg was om seker te maak dat die diere versorg word en genoeg kos het! Hoe kan n eienaar nie weet wat op sy plaas aangaan nie? Wat was haar rede om daardie plaas te besit? Sluit haar toe en honger haar uit. Gevoellose mens om so iets toe te laat, maar wees verseker die madam het elke dag by n oorlaaide tafel aangesit! Gee haar plaas vir iemand wat weet wat om daarmee te maak.

Karina ·

Sy kan bly wees sy bly nie in Amerika, Australia en ander lande nie, daar het die regters absoluut geen genade vir mense wat diere mishandel nie. Sommer tronk toe en mag nooit weer in sy lewe enige dier besit nie. Bring bietjie een van daardie regters na Modise se hofsaak toe. Een twee drie en die tronkdeure slaan agter haar toe.

Hennie ·

Adv Dali Mpfu, die regsverteenwoordiger wat sy bestaan maak deur kriminele kaders te verdedig. Hy moet ‘n goeie lewe maak daaruit….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.