Modise-plaasbestuurder speel glo rassekaart

Varke op Thandi Modise se plaas Foto: eNuus

Varke op Thandi Modise se plaas Foto: eNuus

Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, se nuwe plaasbestuurder en woordvoerder het gerugte ontken dat hy twee inspekteurs van die DBV gedreig het en voer aan dat hy hulle van ʼn aanval deur plaaswerkers gered het.

Neo Moepi het gesê die beamptes, Grace de Lange en Burt Coetzee, het glo tydens ʼn besoek Vrydag op Modise se plaas gesê: “ʼn K****r kan nie ʼn plaas beheer nie.” Die DBV het egter dié bewering ten sterkste ontken.

Daar is vroeër Dinsdag berig die DBV gaan na verwagting klagtes lê teen Modise se plaasbestuurder nadat hulle glo met geweld op haar plaas gedreig is.

Dit volg nadat varke op Modise se plaas mekaar begin vreet het weens honger. Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) moes 117 varke van kant maak en het 120 varke gekonfiskeer nadat 80 op die plaas gevrek het. De Lange en Coetzee het Vrydag Modise se plaas Modderfontein in Noordwes besoek om die res van die diere te evalueer. ʼn Plaasarbeider het hulle ingelaat en hulle het nog net ʼn paar van die diere gesien toe ʼn man, na bewering Moepi, in ʼn blou Golf aangejaag gekom en geskree het hulle moet van die vee af wegkom en die plaas verlaat. Lees meer hier.

Moepi het Dinsdag aan Sapa gesê hy was sowat 10 km ver van die plaas af toe ʼn plaaswerker hom gebel en gesê het die inspekteurs is op die plaas. “Die werker het gesê die inspekteurs het oor die heining geklim om toegang tot die plaas te kry, en hulle het die werkers geteister,” voer Moepi aan.

Hy het daar aangekom en vir die inspekteurs gesê om die perseel te verlaat, dat hulle geen reg het om daar te wees nie, en dat hy in beheer was. “Die inspekteurs het die heeltyd in Engels gepraat en toe gesê, ‘ʼn k****r kan nie ʼn plaas beheer nie’.”

Moepi beweer ook die inspekteurs het glo gereeld die K-woord gebruik terwyl hulle met die ander plaaswerkers gepraat het, en dit het die werkers ontstel. Moepi het erken dat hy die NDBV se bakkie uit die plaas uit bestuur het, maar het dit gedoen om ʼn konflik tussen die werkers en inspekteurs te vermy. Hy ontken bewerings dat hy daarop aangedring het dat foto’s en gesprekke wat die inspekteurs opgeneem het, uitgewis word.

Moepi erken hy was in daardie stadium kwaad, maar ná alles wat op die plaas gebeur het, is hy baie versigtig oor hoe hy mense te hanteer. Hy het bygevoeg dit is ʼn jammerte dat daar steeds witmense is wat rassisties is.

Marcelle Meredith, die NDBV se uitvoerende direkteur, het Moepi se bewerings ten sterkste ontken. “Ons het swart, Indiërs en wit beamptes as inspekteurs. Niemand van hulle sal sulke opmerkings maak nie. Hulle speel die rassekaart,” het Meredith gesê. “Ons het reeds die voorval by die polisie aangemeld.” Kriminele klagtes oor die behandeling van die diere op die plaas word ook steeds vervolg.

Modise se kantoor by die parlement het geweier om oor die voorval kommentaar te lewer. ʼn Beampte het gesê dit is nie ʼn parlementêre kwessie nie en wou gevolglik geen kommentaar lewer nie.

Lees ook:
DBV-beamptes glo geboelie op Modise se plaas
Modise se broer se plaas word dalk óók ondersoek
Modise-raadgewer ontken boere bied hulp aan
Werker vertel van laaste dae op Modise se plaas
ANC sê oor Modise se plaas
Video: ‘Ergste geval van dieremishandeling in 20 jaar’
‘Modise moet van dieremishandeling aangekla word’
Varke verhonger, vreet glo mekaar op Modise se plaas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sylvia ·

Wonder maar net hoekom hy nodig gehad het om hulle bakkie uit te ry as hulle dan oor die heining geklim het om toegang tot die plaas te kry. Die rassekaart sal altyd gespeel word sal nooit daarvan ontslae raak nie.

Trippie ·

MOEPI, jy vertel ‘n leuen, en jy weet dit, en dan glo jy jouself ook nog.

Baie blankes word daarvan beskuldig dat hulle die K-woord gebruik het, dis waarmee ons as blankes nou afgedreig word.

Julle het steeds daardie minderwaardigheidskompleks.

MM Wiese ·

Jaaa , nogal wit varke , Swart vark (n kaartspel) , hy sou dit seker nie doen met swart varke nie

Babs ·

Hulle sal altyd die rassekaart gooi wanneer hulle in tamatiestraat is. Iemand wat diere aanhou en hulle nie versorg nie is in elk geval onbetroubaar.

Danie ·

Gaan google bietjie Neo Moepie.Hy is gn n plaasbestuurder.Hy het sedert die dieremishandeling skandaal gebreek het,as Modise se woordvoerder opgetree,en het in die kantoor van die premier gewerk toe Modise die premier van Noordwes was.

Danie ·

Gaan google bietjie Neo Moepi.Hy is gn n plaasbestuurder.Hy het deurgaans opgetree as n woordvoerder vir Modise and het in die kantoor van die premier gewerk toe sy die premier van Noordwes was.

Theresa ·

Hulle maak my siek. Hulle het altyd ‘n antwoord vir alles. As hulle doen en late hulle aan die gat hap word dit altyd ‘n rassistiese ding. Dis altyd die ander. Arme onskuldige bloeitjies…………

Jakes ·

Ag man, dis ‘n ou truuk daai. Jy systap eenvoudig die kwessie deur bloot te sê “Maar hy/sy het my ‘n k*****r genoem!” As dit werklik so is, kla hulle dan aan, en bewys dit in ‘n aparte klag. Moenie die ernstige misdryf van dieremishandeling nou probeer pypkan met hierdie twak nie. Dit gebeur daagliks! Alle verantwoordbaarheid loop soos water van ‘n eend se rug af met die vals bewering dat iemand jou op jou ras getakteer het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.